KRUMMEL-MAALVLEISPASTEI 

Rika Theron
4 – 6 porsies

Bestanddele: 
1 ui, fyngekap,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie,
500 g maalvleis,
1 blik gebakte boontjies in tamatiesous,
15 ml Worcestersous,
paar druppels tabascosous,
sout en swartpeper.  

Bolaag:
60 ml botter,
200 ml koekmeel,
2 ml basielkruid,
200 ml Cheddarkaas, gerasper.

Metode: 
Verhit oond tot 180°C.  Smeer ‘n oondvaste bak.  Soteer die ui en knoffel in ‘n klein bietjie olie in ‘n pan tot sag.  Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en braai tot effens bruin.  Voeg die gebakte boontjies by en geur met die Worcestersous en tabascosous, asook sout en swartpeper na smaak.  Skep in voorbereide bak.  Vryf botter met vingerpunte in koekmeel.  Voeg basielkruid en kaas by en meng goed.  Sprinkel oor die mengsel.  Bak sowat 20 tot 30 minute lank tot goudbruin van bo.  Dien op saam met slaai.

 

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Gestoofde Beesstert in Rooiwyn

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Beastanddele
13 kg Beesstert in die litte gesny
100 ml Sonneblomolie
1 ½ kg Uie, fyn gekap
10 ml Varsgemaalde knoffel
60 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper
100 ml Varsgekapte pietersielie
20 ml Droë tiemie
20 ml Droë roosmaryn
12 Lourierblare
2 ½ Droë rooiwyn, verhit
2 ½ Liter warm aftreksel
125 ml Koekmeelblom
50 Aartappels geskil

Metode:
Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en braai die vleis bruin. Voeg die uie en knoffel by en braai tot deurskynend. Voeg die sout en peper, pietersielie, tiemie, roosmaryn en lourierblare by. Voeg die warm rooiwyn en warm aftreksel by en plaas die deksel op die kastrol. Verlaag die hitte en prut vir 2 ure. Voeg die aartappels by en prut nog 1 uur. Maak ‘n pasta van die meel en ‘n bietjie water en voeg dit by. Prut 15 minute tot die sous lekker verdik het. Bedien met glansgroente en ‘n groen slaai. Lewer 50 porsies.

Glans Groente
Lewer 50 Porsies
2 kg Vars piekeluitjies
200 ml Botter
200 ml Sonneblomolie
400 g Preie in skywe gesny
700 g Baba worteltjies, geblansjeer
1 ½ kg Bruin sampioene in dik skywe gesny
200 g Selderystingels, in skywe gesny
1 ½ kg Murgpampoentjies, in 3 cm srukke gesny
40 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper
2 Lieter warm aftreksel
400 ml Varsgekapte pietersielie

Metode:
Smelt die botter in ‘n groot swaarboomkastrol en voeg die olie by. Soteer die uie in die mengsel tot glasig. Voeg die preie, worteltjies, sampioene, seldery, murgpampoentjies, sout en peper by en braai vir 10 minute, roer twee of driemaal deur. Voeg die aftreksel by en prut 10 minute. Dreineer die groente en roer die pietersielie by. Bedien saam met beestert. Lewer 50 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
 

Spaanse Rys

Woumarie

Bestanddele tamatiesous
500 g ryprooi tamaties, gekap
2 groot uie, geskil en in kwarte gesny
4 heel knoffelhuisies, geskil
1 heel rooi brandrissie
1 opgehoopte teelepel paprika
Olyfolie om bo-oor te sprinkel

Bestanddele Rysgereg
3 eetlepels olyfolie (of kookolie)
1 groot ui, fyngekap
6 repies swoerdlose strepiespek, gesnipper
½ elk van ’n rooi, geel en groen soetrissie, pitte en wit gedeeltes verwyder en in stukke gesny
750 g maalvleis
1 koppie rou rys
3 koppies kookwater
1 koppie tuisgemaakte tamatiesous

Metode tamatiesous
Voorverhithit die oond tot 200°C. Plaas die tamaties, ui, knoffel en brandrissie in ’n oondbak. Sprinkel die paprika en olyfolie bo-oor en bak onbedek vir ongeveer 40 minute. Haal dit uit die oond, plaas dit in ’n mengbak en verpulp alles met ’n handmenger of in ’n voedselverwerker. Hou eenkant tot benodig.

Metode Rysgereg:
Voorverhit die oond tot 150°C. Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol (wat ook in die oond kan gaan). Braai die ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg die spek en soetrissie by en braai vir nog 5 – 7 minute. Voeg die maalvleis by en roer liggies met ’n vurk deur sodat die maalvleis nie klonte vorm nie. Braai alles liggies saam vir nog 7 minute. Voeg die rys by en roer goed deur. Voeg die kookwater en die tamatiesous by en roer baie goed deurmekaar. Bedek die kastrol en bak in oond vir ongeveer 1 – 1½ uur.

Print Friendly, PDF & Email
 

BRANDEWYN & COKE T-BONE STEAKS

http://flippenlekkaspices.co.za/retailer-store-locator/

Besstandele
Twee koppies Coke
Halwe koppie brandewyn
Eetlepel Mrs Ball’s-blatjang
Twee eetlepels sojasous
Twee eetlepels goeie asyn
Flippen Lekka Spice na smaak
Goeie gehalte T-Bone Steaks.

Metode
Voeg die Coke en die brandewyn in ‘n pan. Voeg die blatjang by. Kook totdat die hele storie ‘n dunnerige stroop maak. Roer dan die sojasous en asyn by, en kook vir nog vyf minute. Koel af. Bedek die vleis met die sous en los vir 30 minute. Braai nou die steaks op warm kole soos jy of jou gaste hulle wil h . Bedruipê gereeld met die marinade. Geur na smaak met Flippen Lekka Spice. Dieselfde marinade kan ook op skaap- en varktjops gebruik word

Print Friendly, PDF & Email
 

KERRIE MARINADE

Lynette Muller
Maak 3 koppies

Bestanddele
2 uie, in repies gesny
2 k water
4 t kerriepoeier
2 e blatjang*
3 t borrie
3 e suiker

METODE:
Soteer die uie in ʼn pan tot sag (moet nie dit bruin braai nie) en voeg die water by. Bring tot kookpunt. Giet die kerrie en borrie by en roer die blatjang by. Laat dit goed deurkook en voeg die suiker by. Kook 5 minute. Haal van hitte af en laat afkoel. Bedek rooivleis met marinade en los 2 – 3 dae in die yskas voor dit gebraai word.

*Vervang die blatjang met appelkooskonfyt vir hoender en met appelasyn vir varkvleis.

Print Friendly, PDF & Email
 

Vleisbroodjie

Lynette Muller

bestanddele
750g Gemaalde maer beesvleis
250g Gemaalde maer varkvleis
2 snye Witbrood
100ml Melk, volroom
1 medium Ui, gerasper
10ml Roosmaryn, vars, fyngekap
1/2 t Knoffel vars
15ml Olyf olie
10ml Mosterd poeier
250g-500g Streepspek
250g mozzarella kaas (opsioneel as jy ‘n kaas in die middel wil maak) of 4 hard gekookte eiers in die middel

Metode
Week brood in melk en druk orige melk uit en voeg brood by die maalvleis. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die spek en eier of kaas, en meng liggies met ‘n vurk. Smeer ‘n brood pannetjie en voer dit met ‘n dubbel laag bakpapier uit ( die bakpapier moet oor die kante gaan om te help met die uitlig van die klaar gebakte broodjie)…smeer weer die bakpapier…maak seker dit plat lê anders mag die vleis daarin vas bak.

Begin om die repies spek oor die kort gedeelte van die broodpan uit te lê totdat die hele pan bedek is. Skep die helfte van die vleismengsel in die voorbereide pannetjie, druk die kookeiers of die kaas in die middel van die vleis in…bedek met die res van die vleis. Vou die repies spek wat uitsteek oor om die broodjie te bedek. As daar maalvleis uitsteek…bedek dit met nog spek.

Bak by 160℃ vir 60min, laat vir 10 minute afkoel, keer uit op ‘n druprakkie en pan. Verbruin onder oond se rooster element totdat goudbruin. Laat weer so 10 minute rus vir die vog om te stabiliseer en die vleis om te set, dan kan dit eers gesny word …

Print Friendly, PDF & Email
 

Rys en maalvleis Frikkadelle

Woumarie

Bestanddele
1 L (4 k) hoenderaftreksel
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
500 ml (2 k) Arborio-rys
200 g beesmaalvleis
80 ml (⅓ k) tamatiepuree
500 ml (2 k) broodkrummels
3 eiers, liggies geklits
60 ml (¼ k) olie

Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas die aftreksel in ’n groot kastrol en bedek. Bring oor hoë hitte tot kookpunt. Verminder die hitte na laag en hou warm. Verhit die helfte van die olyfolie in ’n middelslag-kastrol oor matige hitte. Voeg die ui en knoffel by. Kook vyf minute of tot die ui sag is terwyl jy roer. Voeg die rys by. Kook 1 minuut terwyl jy roer. Voeg 80 ml (⅓ k) aftreksel by die rysmengsel. Kook 3 minute of tot die rys die aftreksel geabsorbeer het terwyl jy roer. Herhaal met die oorblywende aftreksel – voeg 80 ml (⅓ k) op ’n slag by tot al die vloeistof geabsorbeer en die rys papperig en romerig is.

Verhit die oorblywende olyfolie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die maalvleis by en kook 5 minute of tot verbruin en deurgaar terwyl jy met ’n houtlepel roer om enige klonte op te breek. Voeg die tamatiepuree by en kook 2-3 minute of tot verdik terwyl jou af en toe roer. Verwyder van die hitte en sit eenkant om af te koel. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Plaas die broodkrummels in ’n vlak bak en die eiers in ’n ander een. Rol ’n bietjie van die rysmengsel met ’n skoon, nat hand in ’n bal so groot soos ’n gholfbal. Druk jou duim in die bal om ’n gat te maak. Vul dit met 15 ml (1 e) van die maalvleismengsel. Druk die rysmengsel om die maalvleis en vorm weer in ’n bal. Herhaal met die oorblywende rys en maalvleis om 14 balle te maak.

Doop die balle in die geklitste eier en dan in die broodkrummels en plaas hulle dan op die voorbereide bakplaat. Bedruip met die olie en bak 30 minute of tot goudbruin en deurwarm. Sit warm of koud voor.

Print Friendly, PDF & Email
 

Flippen Lekka Frikadelle

http://www.flippenlekkaspices.co.za

Bestanddele
1 ui opgekap
1 rooi soetrissie opgekap
1 groen soetrissie opgekap
1 Geel soetrissie opgekap
500g maalvleis
10 ml Flippen Lekka Spice
Hanval grofgekapte pietersielie
1 eier
12 repies spek

Metode
Meng al die bestanddele, behalwe die spek. Vorm dit in bolletjies. Neem ‘n kolwyntjie pan, en voer elke holte uit met ‘n spekrepie. Pak die maalvleisbolletjies in elke holte. Bak teen 180 C vir 40 minute.°

Print Friendly, PDF & Email
 

Herderspastei ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 48 porsies

betsanddele
5,5 kg Beesmaalvleis
50 ml Sonneblomolie
1,5 kg Uie, gekap
10 ml Varsgemaalde knoffel
30 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
15 ml Fyn naeltjies
2,6 l Warm vleisaftreksel
500 ml Tamatiepuree
50 g Koekmeel

Aartappele bolaag
2,4 kg Aartappels, geskil en sag gekook
8 ml Fyn neutmuskaat
400 ml Melk
150 g Botter
15 ml Sout

Metode:
Vleis:
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die vleis bruin. Voeg die ui en knoffel by en soteer tot sag. Voeg die geurmiddels, warm aftreksel en tamatiepuree by. Verlaag die hitte,plaas die deksel op en prut vir 30 minute. Verdik die sous met meelblom en water pasta.

Bolaag:
Druk die aartappels fyn, voeg die res van die bestanddele by en meng deeglik. Skep die vleismengsel in oondpanne en skep aartappel bo-oor. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute. Lewer 48 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
 

Lekkerste Herders Pastei

Woumarie

Bestanddele
1 ui, fyngekap olie
500g maalvleis
1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
10ml Worcestersous
30ml tamatiepasta
1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel.
60ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny
50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper paprika

METODE:
Voorverhit die oond tot 180*C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed. Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel.
Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

Print Friendly, PDF & Email