Macaroni en Vleis Gereg

Joey

Bestanddele Kors
225 g Rou Maalvleis
½ k Melk
1 k Vars Broodkrummels
1 e Water
1 Fyn Gekapte Ui
‘n Knippie Sout
1 t Worcester sous
1 t Blatjang
1 t Gemengde Kruie

Bestanddele Vulsel
¼ Pak Macaroni
2 k Gerasperde Kaas
1 e Margarien
1 e Meel
3 e Melk
2 Tamaties
1 t Mosterd

Metode Kors
Meng al die bestanddele. Voer gesmeerde tertbak uit met mengsel. Bak 25 minute teen 180ºC.

Metode Vulsel
Kook Macaroni en dreineer. Smelt botter en meel oor lae hitte. Voeg mosterd en twee derdes van kaas en 1 tamatie by. Roer melk by en roer tot dik. Gooi sous oor die macaroni en meng. Skep nou die macaroni mengsel in kors. Sit die orige kaas en tamaties bo oor die gereg. Sit en oond en bak tot lig bruin.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Genuine Monkey Gland Steak

Teresa

Bestanddele
4 Lekker Steaks
2 Gekapte Uie
3 gekapte Tamaties
1 Gerasperde Appel
2 e Botter
½ k Tamatiesous
¼ k Worcestersous
4 e Suiker
Sout
Pepper
½ e Rooi Peper
1 e Suurlemoensap
½ k Rooiwyn

Metode
Smelt die botter en braai die uie daarin. Gooi tamaties en appel by die uie en laat prut. Voeg die res van die bestanddele by (behalwe die steak) en laat kook vir 10 minute. Meng die sous se bestanddele goed. In die sous te chunky is maak dit ‘n bietjie fyn in voedselverwerker. Maak die steaks gaar soos verkies. Gooi die sous oor die gaar teaks. Bedien met ‘n slaai en gebakte aartappels. Geniet saam met ‘n heerlike bottel wyn.

Print Friendly, PDF & Email
 

Chili Con carne

Amelia Lombard

Bestanddele
1 Pakkie Maalvleis
1 Ui
1 Rooi Soet Rissie
Chilies na smaak
Tabasco Sous na smaak
Sout, Peper en Origanum na smaak
1 Blikkie Tamatie Puree
1 Blikkie Tamatie en uie smoor
1 Blik Rooi “Kidney” boontjies
½ Blikkie Sweet corn

Metode
Sny ui, chilies en soet rissie fyn en braai in olie tot ligbruin. Voeg maalvleis by en braai. Voeg ander bestanddele by en braai. Stel hitte af en prut stadig vir 15 minute.

Wenk
Hierdie gereg is heerlik op Taco of rys.

Print Friendly, PDF & Email
 

Broodjie vol vleis

Annetjie Cilliers

Bestanddele
1 ronde witbrood
60ml margarien(gesmelt)
250g uie(fyn gekap)
25 ml kookolie
500g gemaalde beesvleis
10 ml paprika
200 ml tamatiepuree
15 ml Worcestersous
5ml sout 5 ml suiker
knypie peper

Metode
Sny die boonste kors van die brood af vir ‘n deksel. Hol brood versigtig uit tot 1cm van die onderste kors af. Krummel 200ml van die uitgehaalde binneste. Verf brood binne met die helfte van die margarien. Soteer uie in kookolie tot sag. Voeg maalvleis en paprika by en braai vir 5 minute. Voeg broodkrummels, tamatiepuree, Worcestersous sout, suiker en peper by en meng goed. Skep in uitgeholde brood en sit brood deksel op. Plaas brood op ‘n groot stuk aluminiumfoelie en verf dit buite om met die res van die margarien. Draai brood in foelie toe en bak dit 1 ½ tot 2 ure by 200C.
Bak die brood die laaste 15 minute met die aluminium oopgevou. Lewer 4-6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
 

Boerewors Pastei

Lynette

Bestanddele
Boerewors, genoeg om ronde tertbak vol te le.
Pakkie Bruin uiesop poeier
1 Gesnipperde Ui
Sout
Peper
Gemengde Spesery na smaak
Pasteideeg
2 Aartappels in blokkies gesny
250 ml Room
2 Gerasperde Wortels

Metode
Voer ronde tertbak uit met pasteideeg. Hou genoeg deeg om bo oor pastei te sit. Braai wors aan weerskante vir 30 sekondes, Hou dit in rol gedraai. Plaas die rol wors op die deeg in tertbak. Braai aartappels, ui, wortels, sout, peper en speserye in bietjie margarien. Los mengsel in pan. Kook room en soppoeier tot dik. Voeg room mengsel en voeg by aartappelmengsel. Kook ‘n rukkie saam terwyl aanhoudend geroer word. Gooi mengsel bo oor wors. Rol oortollige deeg uit en bedek die wors. Bestryk deeg met geklitste eier en melk. Bak teen 180º C vir een uur lank.

Print Friendly, PDF & Email
 

Biltong en Pampoen pot

Bestanddele
3 kg Nat Bees biltong, in dik skywe gesny
1 kg Versnipperde Ontbytspek
1kg Pruimedante, ontpit
½ kg Rys
1 k Sojasous
2 kg Boerpampoen, in skywe gesny
1 Blokkie Aftreksel (OXO)
2 Hande vol Gerasperde Cheddarkaas

Metode
Braai spek bros. Voeg Biltong en pruimedante by. Pak eers die rys en dan pampoen bo-op. Voeg Sojasous en aangemaakte oxo by. Prut stadig tot rys en pampoen gaar is. Sprinkel kaas oor en laat smelt.

Print Friendly, PDF & Email
 

Lekkerste Lekker Boerewors

Bestanddele
Boerewors
1 Koppie Rys
1 Green Pepper
1 Ui
15 ml Blatjang
1 koppie rys
Kerrie na smaak
Borrie
1 k water
1 Blikkie appelkose

Metode
Braai ui en groenpeper in pot tot sag.
Gooi nou kerrie en borrie by en braai vir sowat 1 minuut.
Gooi Blatjang en water by.
Kook die mengsel vir 5 minute.
Sit rys in ‘n bak.
Sny boerewors in byt grote stukkies.
Gooi nou die sous oor die wors en rys.
Gooi appelkose en sous oor die mengsel in die bak.
Bak nou in oond vir sowat 45 minute of totdat die mengsel min of meer droog is.

Eet. Moet net nie mors nie….

Print Friendly, PDF & Email
 

Bobotie (1)

NHSV Springs Suid

Bestanddele Smaakmiddels
30 ml Gemaalde Gemmer
30 ml Sagte Bruin Suiker
15 ml Kerriepoeier
15 ml Borrie
10 ml Sout
2 ml Peper
60 ml Margarien
5 Gekapte Middelslag uie

Bestanddele Vleis
2 snye Witbrood in water geweek
1 kg Maalvleis
150 ml Pitlose Rosyne
60 ml Blatjang
30 ml Fyn Appelkooskonfyt
30 ml Asyn
30 ml Worcestersous
30 ml Tamatiepasta

Bestanddele Bindmiddels
375 ml Melk
2 Eiers
Vars Suurlemoenblare

Metode Smaakmiddels
Plaas al die geurmiddels (behalwe uie en margarien) in swaarboomkastrol. Verhit die geurmiddels. Voeg Margarien by. Voeg uie by en soteer tot sag.

Metode Vleis
Druk ergste water uit die brood. Meng al die ander bestanddele saam met brood. Voeg mengsel by die Uie en kook vir sowat 20 minute. Roer gereeld.

Metode Die laaste Stap
Skep mengsel in gesmeerde bak. Klits melk en eiers saam. Giet oor vleismengsel. Druk suurlemoenblare in. Bak 45 minute in voorverhitte oond by 180 grade C. Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
 

Maalvleis en noedelgereg

Bestanddele
1 Pakkie skulpnoedels
Uie
Groenrissie
Maalvleis
1 Blikkie Tamatieroomsop
Gerasperde kaas
3 Eiers
3 Koppies melk

Metode
Kook 1 pakkie klein skulpnoedels tot sag volgens die aanwysings op die pakkie. Braai uie en groenrissie tot sag. Voeg pakkie maalvleis by. Roer tot maalvleis net net gaar is. Voeg 1 blikkie cream style sweetcorn en 1 blikkie tamatieroomsop by. Kook goed deur. Plaas laag skulpies in bak en dan maalvleis bo op. Strooi baie gerasperde kaas bo oor. Klop 3 eiers met 3 koppies melk en gooi bo oor. Bak by 180ºC tot lekker bruin. Genoeg vir ongeveer 6 mense.

Print Friendly, PDF & Email
 

Paul se fênsie-steak

RSG

Bestanddele
Klein opgesnyde steak
Mosterdpoeier
Suurlemoensap
Gemengde speserye
Gooi alles op die steak en laat dit marineer

Maak groen kruie-rys:
Gebruik beskikbare kruie en meng met gaar rys en sampioene

Metode
Braai steak in olyfolie en gooi port en room by. Kook tot byna gaar. Vat sous wat in pan oorbly en meng met peper sous. Versier dit mooi op ‘n bord.

Print Friendly, PDF & Email