SPAGHETTI MET HOENDERLEWERS EN PYNAPPEL

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele:
1 ui, in ringe gesny,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie,
2 houers (250 g) hoenderlewers, kleiner gesny,
1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny,
15 ml koekmeel,
250 ml melk,
1 blik (260 g) pynappelstukke, gedreineer, maar behou sap,
10 ml tamatiepasta (opsioneel),
sout & peper na smaak,
basielkruid na smaak,
250 g spaghetti.

Metode:
Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die hoenderlewers by en braai tot bruin van buite maar nog effens pienk van binne. Voeg die tamatie by en braai tot sag. Meng die koekmeel met ‘n bietjie van die melk, voeg die orige melk by die hoenderlewermengsel. Voeg ook ‘n bietjie van die pynappelsap by indien verkies. Voeg die pynappelstukke by en verhit oor stadige hitte tot goed warm. Voeg die koekmeelblompasta by en roer gedurig tot die mengsel kook en verdik. Voeg die tamatiepasta by indien verkies. Geur goed met sout en peper asook basielkruid na smaak. Kook die spaghetti tot net sag. Dreineer en skep in ‘n opdienbak. Sit dadelik voor saam met die hoenderlewermengsel asook gerasperde Cheddarkaas indien verkies.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Chicken a la King ~ Banting

Woumarie

Ingredients:
½ Onion
2 Chicken Breasts
½ Red/Green Pepper
125g Mushrooms
250ml Cream
Salt & Pepper to taste
2 Tbsp. Butter
Served with a side of cauliflower-rice.

Method
Cut the chicken breasts into strips, chop up the onions finely and slice the peppers and mushrooms thinly. Heat the butter in a pan and fry the onion until translucent. Add the red pepper and mushrooms and fry until soft. Add the chicken and salt and pepper and continue to fry on medium heat, until the chicken is cooked. Add the cream, and allow the food to simmer for about 5 minutes Season to taste.

Print Friendly, PDF & Email
 

ROOI POTJIE VIR PA

Anna Eksteen
Gebruik ‘n nommer 3 potjie

1 kg hoender
fyn sout
growwe swart peper
koekmeel om stukkies in te rol.
2 medium uie fyn gekap
kook rys apart tot gaar.
10ml fyngemaakte gemmer en knoffel
20ml botter
10 klein aartappeltjies
10 jong worteltjies
10 klein vlapampoentjies
250g knopie sampioene

BESTANDDELE VIR DIE SOUS
300ml tamatiesous
50ml blatjang
20ml Worcestersous
2ml tabascosous
50ml asyn
50ml suiker
5ml mostertpoeier
15ml paprika
125 water

Metode Sous
Voeg alles bymekaar is ‘n bottel en meng goed deur die bottel te skud.

Metode Potjie
Maak jou pot warm en gooi botter by.Braai die fyngekapte uie en gemmer/knoffel tot die geur uitkom. Neem die hoender porsies en strooi individueel een vir een met fyn sout en peper. Nadat die gedoen is doop die hoender porsies in die koekmeel en voeg in die pot. Roer totdat die hoender porsies goed met die uie en olie bedek is vir so 10 minute. Gebruik ‘n houtlepel. Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie. Gooi nou jou sous soos bo saamgestel in en laat jou pot stadig loop. (Borrel liggies regdeur). Los so vir ongeveer 15 minute. Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde. Aartappels, jong wortels, pampoentjies, en sampioene. Los so vir ongeveer 45 minute Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die sous deurkook. Die pot loop so 2½ uur.

Print Friendly, PDF & Email
 

Flippen Lekka Chcken burgers

Flippenlekkaspices

Ingredients
500g Chicken Mince
20ml FlippenLekkaSpice
2 Eggs
2 Garlic cloves crushed
1 red Onion fineley chopped
3 tbsp chopped chives
1 cup breadcrumbs
Oil for frying
3 tbspn sweet chilli sauce
1 tsp balsamic vinegar

Method
Preheat oven to 180 C. Put the mince in a mixing bowl, add spices and mix° with the eggs, garlic, chopped onion, chives and breadcrumbs. Mix together and shape into small burger patties. Heat oil in a frying pan and fry the burgers for 3-4 minutes on each side, until the top and bottom are golden and sealed. The middle may still be a little pink at this stage. Arrange on a baking tray and bake in the oven for 10 minutes. Combine the sweet chilli and balsamic vinegar in a small bowl, and brush the mixture over the burgers as soon as they come out of the oven

Print Friendly, PDF & Email
 

KERRIE MARINADE

Lynette Muller
Maak 3 koppies

Bestanddele
2 uie, in repies gesny
2 k water
4 t kerriepoeier
2 e blatjang*
3 t borrie
3 e suiker

METODE:
Soteer die uie in ʼn pan tot sag (moet nie dit bruin braai nie) en voeg die water by. Bring tot kookpunt. Giet die kerrie en borrie by en roer die blatjang by. Laat dit goed deurkook en voeg die suiker by. Kook 5 minute. Haal van hitte af en laat afkoel. Bedek rooivleis met marinade en los 2 – 3 dae in die yskas voor dit gebraai word.

*Vervang die blatjang met appelkooskonfyt vir hoender en met appelasyn vir varkvleis.

Print Friendly, PDF & Email
 

Deeg Skelmpies

Lynette Muller

Bestanddele
1½ kop. meelblom.
¼ tl. sout.
1½ tl. bakpoeier.
peper.
1 eier.
1 kop. melk.

Meode
Klits eiers en melk goed. Roer stadig by meel, sout en bakpoeier. Doop stukkies hoender of enige koue vleis daarin en bak in warm olie.

Wenk
Jy kan basies enigiets in die degie sit en braai ook vrugte stukkies.

Print Friendly, PDF & Email
 

Flippen Lekker Hoenderbors filette

www.flippenlekkaspices.co.za

Bestanddele
4 Hoenderbors Fillette
Pakkie Bacon Kips
2 eiers geklits
koppie koekmeel
15ml Flippen Lekka Spice.

Metode
Maak Bacon Kips baie fyn en meng met die speserye. Doop fillette in meel, dan in eier en dan in krummel mengsel. Plaas in yskas vir halfuur. Bak dan in vlak olie tot gaar of braai in oond teen 180 C vir 30 min.° Lekkerrrrrrrr !

Wenk
Die hoender kan ook in kleiner repies gesny en op dieselfde wyse voorberei word.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoender ala Koning

www.rsg.co.za

Bestanddele
1 hoender
1 liter witsous
1 pakkie vars sampioene, opgekap
1 groen soetrissie, opgekap
1 teelepel paprika
175ml room

METODE
Kook hoender tot gaar. Ontbeen en trek die vel af. Sny in repies of blokkies. Braai die soetrissie en sampioene tot amper gaar. Meng alles.
Plaas in kastrol en prut vir 10 minute. Bedien op witrys met ertjies.

Print Friendly, PDF & Email
 

Geurige Geroosterde Hoender ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Bestanddele:
50 Hoenderdye
120 ml Gesmelte botter
500 g Spekvleisgegeurde soutbeskuitjies, fyn gerol
150 g Parmesaankaas
20 ml Sout
10 ml Cayennepeper
10 Varsgemaalde swartpeper
25 ml Hoenderspeserye

Metode:
Smeer die gesmelte botter met ‘n kwas oor die hoendervleis. Bedek regrondom. Meng die beskuitjiekrummels, parmesaankaas, sout, peper, en hoederspeserye in ‘n groot mengbak en rol die hoenderstukke daain. Plaas die hoender in twee groot gesmeerde oondpanne in ‘n enkellaag en rooster die vleis teen 180°C vir 1 uur. Lewer 50 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoender In Melk

https://uitkykvleismark.co.za

Bedien 4
Dis die eenvoud van die resep wat die smelt-in-die-mond-hoender spesiaal maak.

Bestanddele
1 heel hoender
seesoutvlokkies
1 suurlemoen, in kwarte gesny
3 takkies tiemie
30 ml olyfolie
500ml melk
4 lourierblare
5ml heel peperkorrels
2 blikke wit bone, gedreinee

Metode
Oondtemperatuur- 160 °C Geur die hoender met die sout en sit die suurlemoen en tiemie in die buikholte. Braai nou die hoender versigtig in ‘n bietjie olie tot bruin oraloor en sit dit dan borskant na bo in ‘n diep oondbak met ‘n deksel. Giet die melk oor en voeg die lourierblare en peperkorrels by, bedek en bak vir sowat 45 minute. Roer die bone by en bedruip die hoender met die sous. Sit onbedek terug in die oond en bak vir nog 25-35 miute.

Print Friendly, PDF & Email