Hoenderslaai met gemmer

Bestanddele
Slaaiblare
4 Hoender filette sonder vel en been
12 Klein Tamaties
2 Klein Rooi Soetrissies
300 g Broccoli in klein stukkies gebreek
Een ui fyngekap
30 ml Olyfolie
10 ml Suiker
30 ml Suurlemoensap
30 ml Vars gemmer fyngekap
15 ml Asyn
15 ml Sojasous
Sout en vars gemaalde Swartpeper

Metode
Braai die hoender filette gaar in bietjie olie. Sny filette in lang strokies. Kook Broccoli slegs vir 4 minute, dreineer en laat afkoel. Meng olie, suiker, suurlemoensap, gemmer, asyn en sojasous om slaaisous te vorm. Rangskik slaaiblare op 4 borde. Verdeel die hoenderrepies in 4 en rangskik op die slaaiblare. Verdeel die tamaties, soetrissie, broccoli en ui ook in vier en rangskik ook oor die slaaiblare. Gooi slaaisous oor en geniet.

Advertisements
 

Hoender frikkadelle

Elize van Zyl

Bestanddele
600 g Gaar hoender in blokkies gesny
1 Eier geklits
Sout en peper na smaak
2 t Gerasperde ui
125 ml Fyn aartappels
Droë broodkrummels
Kookolie

Metode
Meng vleis, eier, sout, peper, uie en aartappels. Vorm Frikkadelle. Rol frikkadelle in broodkrummels. Braai frikkadelle in kookolie tot goudbruin.

 

Hoender Kasserol

Annetjie Cilliers

Bestanddele
8 hoenderdye
5ml sout
varsgemaalde swartpeper
2,5ml hoenderspesery
1 knoffelhuisie, gekneus
1 middelslag ui, gekap
4 middelslag aartappels, geskil en gehalveer
1 pakkie hoender of sampioen roomsop
500ml hoenderaftreksel
1½ koppie botterskorsies, in blokkies

Metode
Voorverhit oond tot 160C. Geur die hoenderdye met sout, peper en hoenderspeserye.
Plaas in groot oondvaste bak (4 liter) met ‘n deksel. Sprinkel knoffel, ui en aartappels bo- oor. Meng die soppoeier en hoenderaftreksel goed saam. Gooi soppoeier mengsel bo-oor die hoender. Sit die deksel van die skottel op en bak 60 minute. Skep af en toe van die sous in die skottel oor die aartappel stukke. Plaas die botterskorsie stukke bo-op. Bedek en bak nog 40 minute of totdat die aartappels en botterskorsies sag is.

 

Hoenderboudjies

Elize van Zyl

Bestanddele
1 Hoender
1 Aartappel
Sout, peper en Geursel na smaak
Eier
Krummels

Metode
Kook hoender gaar en van die bene af. Geur soos verkies. Ontbeen die vleis en maal grof. Kook aartappel fyn en meng met die hoender. ½ van die hoender se sous moet bygevoeg word. Gebruik net genoeg sous totdat vleis kan bolletjies vorm. Vorm bolletjies in ‘n hoenderboudjie vorm. Druk rou macaroni in smal kant van die boudjie. Rol in eier en krummels. Bak in diep olie vir net ‘n kort rukkie.

Wenk
Die boudjies vries goed. 5 Hoenders maak genoeg boudjies vir 100 mense. Gebruik 1 aartappel vir elke hoender.

 

Geurige Hoender

Liza Bosch

Bestanddele
25 ml Margarien & bietjie olie
20 Hoender boudjies of dye
2 Uie, gesny
300 g vars sampioene, gesny
250 ml pitlose rosyne of sultanas
12 ingelegde kersies (Maraschino)
250 ml Pekanneute, halwes
20 ml Mielieblom
500 ml Druiwe of Litchis
500 ml Lemoenskyfies of Mandaryn Lemoentjie

Laaste Ses Bestanddele
20 ml Sout
2,5 ml Fyn Gemmer
62,5 ml Suurlemoensap
2,5 ml Fyn Naeltjies
180 ml Bruin Suiker
10 ml Zeal (om geur uit te bring)

Metode
Braai hoenderstukkies goudbruin in margarien en olie. Voeg uie, sampioene, rosyne, 312,5 ml warm water, sout en laaste 6 bestanddele by. Prut met deksel op tot sag. Draai vleis af en toe versigtig om. Voeg neute by. Stoot vleis eenkant toe. Voeg mielieblom wat met 125 ml water aangemaak is, by sous. Kook tot gaar. Voeg vrugte by. Verhit 2 minute voor bediening en bedien dadelik.

 

Eend met lemoen sous

Bestanddele
1 Eend
15 ml Margarien
200 ml Wit Asyn of droë witwyn
3 lemoene
1 suurlemoen
25 ml Suiker
10 ml Suurlemoensap
37,5 ml brandewyn
15 ml Mielieblom
1 lemoen, in skywe gesny
Sout & Peper

Metode
Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer eend met margarien en sprinkel met sout en peper.
Plaas eend en asyn of wyn in oondskottel en bak 30 minute vir elke 450 gram rou gewig. Bedruip kort-kort. Rasper skil van 1 lemoen en druk sap van al die lemoene en die suurlemoen uit. Los suiker in 10 ml suurlemoensap op in ‘n kastrol. Verhit tot donkerbruin karamelkleur. Voeg brandewyn, lemoen- en suurlemoensap by die karamel en prut vir 5 minute. As eend gaar is, verwyder uit oondskottel en skep ekstra vet af. Voeg lemoenskil en lemoen sous by. Meng mielieblom met bietjie water en voeg by sous. Roer tot verdik en sit voor saam met eend. Garneer eend met lemoenskywe en lemoenskil.

 

Brokkoli Hoender

Retha

Bestanddele
1 gaar hoender
500g bevrore/vars gaar broccoli
250ml mayonnaise
1t Kerrie poeier(opsioneel)
1 blik room van sampioensop
halwe suurlemoen se sap
60g botter
75g broodkrummels
250g cheddarkaas, grof gerasper

Metode
Ontbeen hoender en sny in blokkies. Pak in skottel. Pak broccoli bo op hoender.
Maak ‘n sous van mayonnaise(,kerrie),suurlemoensap en gooi oor die hoender. Smelt botter en roer krummels en kaas in. Gooi bo-oor gereg. Bak by 180 °C tot goudbruin.

Wenk
Hierdie gereg vries baie goed.

 

Aloha Hoender

Annetjie Cilliers

Bestanddele
4 beenlose, vel lose hoender borsies
1 eetlepel meel
1 eetlepel olie
450g blik pynappel stukke
1 teelepel mieliemeel
1 eetlepel heuning
1 eetlepel soja/teriyaki sous
knippie peper
warm gaar rys

Metode
Druk die hoender borsies plat dat elkeen omtrent 6,5 mm dik is. Sit die meel in ‘n groot Ziploc sakkie byv. (iets wat kan toe maak). Sit die hoender binne in en skud totdat die hoender vol meel is. Braai die hoender in olie in ‘n pan vir omtrent 3-5 minute aan albei kante medium hitte. Haal die hoender uit die pan uit en hou dit warm. Haal die pynappel stukke uit die sap uit, en hou ‘n ¼ sap. Meng die sap en mieliemeel in ‘n klein bakkie totdat dit glad en sonder klonte is. Sit dit in die pan, en roer die heuning, soja sous en peper by. Kook dit vir 30 sekondes, of totdat dit dik is. Voeg die pynappel en hoender by. Bedien dit op rys.

 

Korslose Hoender Pastei

Lorna Whyte

Bestanddele
1 Hoender
2 Eiers
¼ k Mayonnaise
1 k Gekookte rys
2 Pakkies Simba chips
1 Steel Selery
1 blikke room sampioene sop
1 Pakkie sampioen sop
1 Ui
1 k Ertjies
Hoender aftreksel
Melk en water
Gerasperde Kaas

Metode
Kook hoender en sny in fyn blokkies. Kook eiers hard en sny fyn. Druk Simba chips fyn. Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water. Kap ui fyn en braai in botter. Meng alles behalwe aftreksel saam. Plaas in oondbak. Indien te droog voeg hoenderaftreksel by. Strooi gerasperde kaas oor. Baak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.

Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word. Ontdooi en bak dan soos bo beskryf. Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.

 

Blatjang Hoender (1)

‘n Resep van Ouma Lettie Gordon

Bestanddele
1 Hoender in stukke
250 ml Olie

Bestanddele – Sous
1 Gekapte Ui
1 k Tamatiesous
2 e Worcestersous
1 ¾ k Meelblom
250 ml Blatjang
40 ml Asyn
140 ml Water.

Metode
Plaas hoender, meelblom, sout en peper in sakkie en skud goed. Verhit olie in diep pan. Braai hoender tot bruin en sag. Verwyder hoender uit pan. Gooi olie uit pan totdat daar slegs 25 ml oor is. Voeg uie by olie en braai uie tot bruin. Voeg al die ander bestanddele by. Voeg hoender by. Sit deksel op pan en prut tot sous dik is.