STAMPMIELIE VERRASSING

Woumarie
Foto en Resep RSG

Bestanddele
1½ kg stowe skaap of beesvleis
2 uie, opgekap
1 kg tamaties, opgekap
1 pakkie stampielies
500g suikerbone
1 liter water
1 pakkie beesstertpoeiersop
2 ml tiemie
2 ml roosmaryn
sout

METODE
Week die bone en stampmielies oornag in water. Kook ongeveer 2 ure tot sag. Dreineer. Voeg een liter water by en kook saam met pakkie sop vir 15 minute. Braai uie en voeg vleis by en braai tot bruin. Voeg kruie en tamaties by. Sodra bone klaar gekook is met soppoeier, voeg dit by die vleis en prut saam vir 20 minute. Bedien met Worcestersous en swartpeper.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

LAMRIB BREDIE

Woumarie

Bestanddele
20 ml olie
1,2 kg lamsrib, in stukke gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper
Sap en skil van een suurlemoen
100 g preie, grof gekap
1 knoffelhuisie, grof gekap
15 ml matige kerriepoeier
Handvol pietersielie, grof gekap
400 ml groente- of vleisaftreksel
30 ml droë sjerrie
4 groot aartappels, geskil

METODE:
Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die lamsrib oor hoë hitte tot goudbruin. Geur met sout, peper, sap en skil van suurlemoen. Skep die vleis uit en hou eenkant. Braai die preie en knoffel in dieselfde kastrol vir ’n paar minute. Roer die kerriepoeier by en braai tot geurig. Skep die vleis terug, gevolg deur die pietersielie, aftreksel en sjerrie. Bring die bredie tot kookpunt en geur na smaak. Sny die aartappels in stukke en sit dit by die bredie. Prut vir sowat 40 minute of tot gaar en sag. Genoeg vir vier tot ses mense.

Print Friendly, PDF & Email
 

Mushroom and Liver Casserole

Rika Theron

4 – 5 portions

Ingredients:
450 g lambs’ liver
2 rashers streaky bacon
1 large onion, sliced
120 g mushrooms, sliced
a little lard
30 g butter
30 g flour
salt & pepper
375 ml beef stock made with a cube
5 ml dried sage
250 ml dry or medium dry cider.

Method:
Wash and thinly slice liver.  Cut up bacon and fry very gently in its own fat.  Remove from pan, gently fry liver in bacon fat for 2 minutes.  Put liver and bacon into a casserole.  Fry onion and mushrooms together in lard for about 2 minutes.  Don’ remove from pan.  Add butter to pan, then stir in flour.  Cook gently for 3 minutes until it’s just beginning to color.  Stir in stock and seasoning.  Bring to boil, stirring until slightly thickened.  Add brown stock from pan with cider and sage to casserole.  Cover dish and cool (160°C) for about 50 minutes until tender.

Print Friendly, PDF & Email
 

Skaap Kerrie ~ Durban Styl

Fred
bedien 6

Bestanddele
500g skaapvleis in stukkies gesny
100ml olie
1 lourierblaar
3 klein kaneelstokkies
1 eetlepel vinkelsaad
1 groot ui gekap
1 takkie kerrie blare
2 teelepels gemmer & knoffel pasta
2tsp sout
¼ teelepel borrie
4 T masala
6 aartappels – geskil en in halwes gesny
3 takkie vars koljander (gekap dhania)
1 tamatie – fyngekap
500 ml water

Metode
Verhit olie en voeg dan uie, borrie en speserye by om te braai vir ‘n paar minute tot uie sag is.
Voeg masala, gemmer & knoffel by en kook vir ‘n paar sekondes – pasop dat masala nie brand nie.
Voeg tamatie by.
Verlaag die hitte en sit die deksel op.
Kook tot vleis totdat dit begin bruin braai.
Voeg die kerrie blare en sout by
Voeg die water en aartappels by.
Bring tot kookpunt, draai dan af na matige hitte.
Kook tot vleis sag is en aartappels sag is
Prut tot gereed om te dien
Garneer met dhania

Print Friendly, PDF & Email
 

GEDULDIGE LAMSBOUD VIR KERSFEES

Lynette Muller

Die mosterd is die geheim van hierdie boud se lekkerte.
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: minstens 4 uur

Bestanddele
2,5 kg lamsboud met been
sout en vars gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) aangemaakte mosterd
5 knoffelhuisies, gekraak
2 takkies roosmaryn
olyfolie
8-10 aartappels, geskil en in kwarte gesny

Voorverhit die oond tot 160 °C .
Maak ’n paar diep kepe in die vleis. Geur die vleis met die sout en peper en smeer die hele boud met die mosterd. Druk die knoffelhuisies binne-in die kepe. Kap die roosmaryn fyn en sprinkel dit oor.
Bedruip met die olyfolie en sit die boud in die oond. Bedruip die vleis met die pansappe wat vorm terwyl dit bak. Sit die aartappels by die boud in die bak ’n uur voor die gaarmaaktyd verstreke is. Bedruip met die pansappe. Bak die aartappels tot bros. Sny die vleis in skywe en sit saam met die gebakte aartappels voor.

Wenk
Hy kan die aartappels vervang met gemengde groente

Print Friendly, PDF & Email
 

Gemarineerde Skaapboud In Karringmelk & Portsous.

Lynette Muller

Mense sal sê ‘n kerfees-ete is nie volmaak sonder ‘n lekker sagte skaapboud nie. Jy gaan een skaapboud benodig vir hierdie resep.

Karringmelkmarinade:
250ml karringmelk,
125ml olyfolie,
1 medium ui fyngekap,
4 knoffelhuisies fyngedruk,
1 e gekapte vars kruie,
2-3 teelepels mosterdpoeier,
2 eetlepel suurlemoensap
sout en peper na smaak.

Sous:
5 teelepels gekapte vars pietersielie,
1 eetlepel aangemaakte mosterdpoeier,
50ml kweperjellie of fyn appelkooskonfyt,
50ml port,
125ml room,
2-3 teelepels koekmeelblom

Metode:
Plaas die skaapboud in ‘n vlekvrye staal of glashouer.

Marinade:
Meng al die bestandele van die marinade en giet bo oor, laat vir een tot twee dae in marinade staan en draai gereeld om. Voorverhit die oond tot 160°C. Plaas boud in oondbraaipan. Gooi klein bietjie warm water in pan. Bedek met foelie en bak 40 minute vir elke 500 gram plus ‘n ekstra 40 minute. Maak die boud die laaste 30 minute oop om bruin te braai.

Sous:
Voeg ‘n bietjie water by die panvette in die oondpan en kook tot los. Voeg die res van die sousbestanddele behalwe die meel by en laat effens afkoel. Verdik sous met meel wat aangemaak is. Laat net weer goed kook en voeg by sous. Sit sous saam met boudvleis voor.

Print Friendly, PDF & Email
 

GEDULDIGE LAMSBOUD VIR KERSFEES

Lynette Muller

Die mosterd is die geheim van hierdie boud se lekkerte.
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: minstens 4 uur

Bestanddele
2,5 kg lamsboud met been
sout en vars gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) aangemaakte mosterd
5 knoffelhuisies, gekraak
2 takkies roosmaryn
olyfolie
8-10 aartappels, geskil en in kwarte gesny Voorverhit die oond tot 160 °C .

Metode
Maak ’n paar diep kepe in die vleis. Geur die vleis met die sout en peper en smeer die hele boud met die mosterd. Druk die knoffelhuisies binne-in die kepe. Kap die roosmaryn fyn en sprinkel dit oor.
Bedruip met die olyfolie en sit die boud in die oond. Bedruip die vleis met die pansappe wat vorm terwyl dit bak. Sit die aartappels by die boud in die bak ’n uur voor die gaarmaaktyd verstreke is. Bedruip met die pansappe. Bak die aartappels tot bros. Sny die vleis in skywe en sit saam met die gebakte aartappels voor.

Print Friendly, PDF & Email
 

LEWERKOEKIES:

Anna Eksteen

Nestanddele
500g skaaplewer
4 middelslag aartappels
250ml gesnyde groenboontjies
2 spinasieblare
1 middelslag tamatie
1 ui
1 sny brood
3 eiers
180ml ongesif afgemeet meelblom
15ml bakpoeier
10ml sout
1ml peper
kookolie vir vlak braai.

Metode
Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.

Print Friendly, PDF & Email
 

LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE:

Anna Eksteen

Bestanddele
1 lamsboud, ontbeen en soos ‘n vlinder oopgesny
125ml karringmelk
10ml gegeurde seesout
2,5 ml gemaalde swartpeper

Bedruipsous:
100g gesmelte botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5ml suiker
sap van ½ suurlemoen

Metode
Giet die karringmelk in ‘n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit ‘n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is ‘n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C. Bedek met foelie en bak vir 1½ – 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die foelie en braai ‘n verdere 15 minute lank tot mooi bruin. Die vleis kan oor stadige kole ook gebraai word.

Print Friendly, PDF & Email