Snoek pastei

Liza Bosch

Bestanddele
200 g Gerookte snoek
200 g gerasperde Cheddarkaas
2 k Melk
4 Eiers
1 t droë Mosterd
1 fyngekapte ui
2 e Meelblom
Pietersielie
Sout & Peper na smaak

Metode
Meng al die bestanddele en gooi in ‘n gesmeerde vuurvaste bak en bak tot ligbruin. Sny in blokkies en bedien warm op gekerfde slaai.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Snoekbraai

Johan Blommetjie

Snoek
Braai snoek met die volgende : see sout, peper, botter en suurlemoensap.

Patat Bykos
Kook patats tot sag en voeg botter en suiker by om soet te maak na smaak. Sny intussen 4 Kessler tjops in klein blokkies en braai in ‘n pan tot goud bruin. Sodra klaar gesny voeg dit by die patats, wat gesny is in blokkies of skywe, en meng. Sit deksel op laat toe dat die gerookte smaak deur die patats trek.
Bedien warm.

Stampmielies
Stoom stampmielies tot amper sag en droog. Sit nou ‘n bietjie botter in en strooi genoeg swart peper in. Sny ‘n blokkie spek in klein blokkies. Roer dit nou in die samp. Gooi nou genoeg water by en kook verder tot sag.

Print Friendly, PDF & Email
 

Skelvis voorgereg

Liza Bosch

Bestanddele
1 kg Skelvis (Haddock)
250 ml Room, styf geklop
4 Agurkies, fyngesny
4 Olywe met pit, fyngesny
250 ml Mayonnaise
± 20 ml Tamatiesous
2 t fyn gerasperde ui

Metode
Trek velle van vis af en sit in kookwater en kook vir 9 minute. Dreineer en laat afkoel, vlok en plaas in yskas totdat verkoel. Meng al die ander bestanddele en gooi ‘n klein bietjie witpeper by. Meng saam met vis en dien koud op.

Print Friendly, PDF & Email
 

Macaroni Vispastei

Liza Bosch

Bestanddele
125 g macaroni
500 g gekookte wit vis
30 g Margarien
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik (410 g) Aspersie slaai stukke
Melk
Sout & Peper
Knippie Mosterdpoeier

Metode
Kook macaroni tot sag. Dreineer. Smelt margarien en gooi meelblom by. Dreineer aspersies en hou sap in ‘n maatbeker. Voeg genoeg melk by om 300 ml vloeistof te maak. Voeg melkmengsel stadig by meelmengsel en roer tot dik en glad (soos witsous). Geur met sout, peper en mosterdpoeier. Roer aspersiestukke en vis by. Voeg gekookte macaroni by en helfte van die kaas. Meng goed. Plaas in ‘n gesmeerde pastei bak en sprinkel oorblywende kaas oor. Bak teen 180 °C vir ongeveer 25 minute lank.

Print Friendly, PDF & Email
 

Nagemaakte Kreef voorgereg

Bestanddele
500 g Stokvis
2 e Gekapte uie
2 e Tamatiesous
1 e Tabascosous
6 e Room
6 e Mayonnaise
1 e Worcestersous

Metode
Kook vis tot net gaar. Vlok die vis. Braai uie in botter tot goudkleurig. Voeg al die ander bestanddele by. Kook mengsel vir paar minute. Gooi mengsel oor die vis. Laat staan oornag in yskas.

Wenk
Bedien op bo-op slaaiblare.

Print Friendly, PDF & Email
 

Ingelegde Vis (1)

Liza Bosch

Bestanddele
1,7 kg Geelstert, skoongemaak, grate verwyder en in skywe gesny
Olie
6 Suurlemoenblare
6 Groot uie, in ringe gesny
750 ml Bruin asyn
250 ml Water
175 ml Suiker
12,5 ml Borrie
37,5 ml Kerriepoeier
25 ml Meelblom
8 ml Sout
12,5 ml Grofgemaalde peper
250 ml Sultanas (opsioneel)

Metode
Braai vis ongeveer 1½ minuut per kant in warm olie, tot net deurgaar is. Geur goed en hou eenkant. Prut uie 10 – 12 minute in asyn en water tesame met suurlemoenblare, suiker, borrie, kerrie, sout en peperkorrels tot gaar maar nog ferm. Meng meel met ‘n bietjie van die warm sous en roer terug by sous. Prut totdat die sous gaar en dik is. Vul ‘n lugdigte houer met lae vis, uie en sultanas om die beurt. Skep sous oor en plaas in koelkas. Die vis sal na drie dae gereed wees om geëet te word. Kan tot ses maande goed hou in yskas.

Print Friendly, PDF & Email
 

Gebakte Vis

Liza Bosch

Bestanddele
4 Stukke (700 – 750 g) Visfilette, vel verwyder
50 ml Meelblom
2 ml Sout & Paprika
50 ml Kookolie
Gemaalde Swartpeper
± 125 ml Karringmelk
1 ui, gekap
15 ml sojasous
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
300 g Wit of bruin sampioene, afgevee en in skywe gesny

Metode
Bedek vis met ‘n mengsel van meelblom, sout en paprika en rangskik in ‘n lig gesmeerde bakplaat sodat almal inpas. Verhit olie en soteer ui, soetrissie en sampioene. Wanneer sag, geur met sojasous en peper. Roer genoeg karringmelk in om klam te maak en giet egalig oor vis. Bak 20 – 25 minute onbedek by 180 °C tot gaar.

Print Friendly, PDF & Email