Gestoofde Beesstert in Rooiwyn

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Beastanddele
13 kg Beesstert in die litte gesny
100 ml Sonneblomolie
1 ½ kg Uie, fyn gekap
10 ml Varsgemaalde knoffel
60 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper
100 ml Varsgekapte pietersielie
20 ml Droë tiemie
20 ml Droë roosmaryn
12 Lourierblare
2 ½ Droë rooiwyn, verhit
2 ½ Liter warm aftreksel
125 ml Koekmeelblom
50 Aartappels geskil

Metode:
Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en braai die vleis bruin. Voeg die uie en knoffel by en braai tot deurskynend. Voeg die sout en peper, pietersielie, tiemie, roosmaryn en lourierblare by. Voeg die warm rooiwyn en warm aftreksel by en plaas die deksel op die kastrol. Verlaag die hitte en prut vir 2 ure. Voeg die aartappels by en prut nog 1 uur. Maak ‘n pasta van die meel en ‘n bietjie water en voeg dit by. Prut 15 minute tot die sous lekker verdik het. Bedien met glansgroente en ‘n groen slaai. Lewer 50 porsies.

Glans Groente
Lewer 50 Porsies
2 kg Vars piekeluitjies
200 ml Botter
200 ml Sonneblomolie
400 g Preie in skywe gesny
700 g Baba worteltjies, geblansjeer
1 ½ kg Bruin sampioene in dik skywe gesny
200 g Selderystingels, in skywe gesny
1 ½ kg Murgpampoentjies, in 3 cm srukke gesny
40 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper
2 Lieter warm aftreksel
400 ml Varsgekapte pietersielie

Metode:
Smelt die botter in ‘n groot swaarboomkastrol en voeg die olie by. Soteer die uie in die mengsel tot glasig. Voeg die preie, worteltjies, sampioene, seldery, murgpampoentjies, sout en peper by en braai vir 10 minute, roer twee of driemaal deur. Voeg die aftreksel by en prut 10 minute. Dreineer die groente en roer die pietersielie by. Bedien saam met beestert. Lewer 50 porsies.

Advertisements

Hoendersosaties ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Bestanddele:
50 Hoenderborsies, ontvel en ontbeen en in 25 mm blokkies gesny
20 ml Sout
100 Piekelui, gehalveer
100 Sosatiestokkies

Kerriemarinade:
10 Groot uie , in ringe gesny
80 ml Sonneblomolie
100 ml Matige Kerrie
20 ml Borrie
1 ½ Liter kookwater
450 ml Appelkooskonfyt
1,2 Liter bruin wynasyn
80 ml Bruinsuiker

Metode:
Sout die hoendervleis en ryg dit om die beurt met die piekeluie op die stokkies en pak hulle in ‘n groot plastiek bak. Giet die marinade oor die sosaties en mariner oornag op ‘n koel plek. Dreineer die sosaties en braai oor matige kole vir 10 minute.

Bedien saammet bruin sampioene met knoffel en aartappel in dieskil gaargemaak met ‘n suurroomsous. Lewer 50 sosaties.

Bruin sampioene met knoffel
50 Bruin sampioene
25 ml Varsgemaalde knoffel
50 ml Suurlemoensap
15 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
250 ml Botter

Metode:
Vee die sampioene af met handoekpapier. Pak hulle in twee groot oondpanne met die stingelkant na bo. Sprinkel knoffel, suurlemoensap, sout en peper oor en stip met die botter. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute. Lewer 50 porsies.