Aarbei skommel

250g vars aarbeie, stingels verwyder en afgewas

125ml yskoue water

½ van ‘n blik (379g) kondensmelk

 

Plaas al die bestandele saam in ‘n voedselverwerker. Verwerk tot dik en skuimerig. Giet in glase en dien dadelik op. Lewer 500ml.

Advertisements
 

Avokado-en- aarbeislaai

Bestanddele
3 avokado’s
45ml (3e) suurlemoensap
250g (1 bakkie) aarbeie, ontstingel en gehalveer 125ml (1½k) natuurlike jogurt
15ml (1e) heuning
mentblaartjies

Metode
Skil en ontpit avokado’s. Sny avokado’s in dun repies en sprinkel suurlemoensap bo-oor. Pak avokado en aarbeie op individuele bordjies. Meng jogurt en heuning en skep bo-op avokado en aarbeie. Rond met mentblaartjies af.

 

Aarbei Slaai met Basiliekruid

 

www.heleenmeyer.co.za en www.rsg.co.za

Bestanddele Slaai
250g aarbeie, in dik skywe gesny
’n handvol vars basiliekruidblare
’n handvol vars roketblare
1/2 komkommer, met ’n aartappelskilller in linte gesny
1 skyf fetakaas, gekrummel
30 ml (2 eetlepels) papawersaad
30 ml (2 eetlepels) basiliekruidpesto
45 ml (3 eetlepels) olyf- of avokado-olie
15 ml (1 eetlepel) appel- of vrugteasyn
sout en peper

Bestanddele Croutons
2 rolletjies, in growwe stukke gebreek
30 ml (2 eetlepels) olyf- of avokado-olie
2 knoffelhuisies, gekneus

Metode Croutons
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Plaas brood, olie en knoffel in ’n groot mengbak en meng goed deur.
Plaas in ’n enkellaag op die bakplaat en rooster vir 10-15 minute of tot goudbruin en bros. Laat dit afkoel.

Metode Slaai
Plaas die aarbeie, basiliekruid, roket en komkommer op ’n groot slaaibord en krummel feta bo-oor.
Strooi die papawersaad oor.
Meng die res van die bestanddele vir ’n slaaisous en geur na smaak.
Sit die slaai saam met die croutons en slaaisous voor.

Wenke
Gebruik aarbeie en enige ander bessies, soos frambose en bloubessies.
Waatlemoen is ook lekker. Gebruik gerus ook ander vrugte of groente, wat in seisoen is, in die slaai.
Avokado, dun groenboontjies, of pere werk goed.
Meng avokado, hoenderrepies, gepeperde makriel, salm of kekertjies by die slaai.
Vervang croutons met avokado vir ’n glutenvrye slaai.

 

Aarbei Kaaskoek

Resep vanaf www.eposvriende.com
(Verspot Maklik Om Te Maak.) 

Kors: 
200g Tennisbeskuitjies, Gekrummel 
125g Botter 

Vulsel: 
2x397g Kondensmelk 
2x250g Gladde Maaskaas 
125ml Suurlemoensap 
Vars Aarbeie Vir Bo-Op 

Smelt Botter En Roer Beskuitjiekrummels By.   Druk Vas Op Die Bodem Van N Losboom Koekpan, 20 Cm In Deursnee. Klits Al Die Bestanddele Van Die Vulsel Saam.   Giet In Kors En Bak 15 Minute Lank By 180c. Laat Behoorlik Afkoel Voordat Dit Uit Die Pangehaal Word. Verkoel In Yskas. Sny Aarbeie In Skyfies En Pak Bo-Op Tert. 

 

FLAN‑VULSEL 3 (AARBEI)

1 flan
50 ml warm water

250 g roomkaas
500 g aarbeie, gewas
37,5 ml strooisuiker
100 ml room, geklits
165 ml room
25 ml gelatien
Klits kaas en suiker saam en voeg 165 ml room by.  Los gelatien in warm water op en voeg by.  Was en sny aarbeie.  Hou paar vir versiering.  Meng res in mengsel in.  Skep in tertdop en plaas in yskas vir 2 ure.  Versier met geklopte room en heel aarbeie.