Aartappelgebak met Ham

Magda
Genoeg vir 6 mense

Bestanddele
60 ml (4 e) botter
2 groot uie dik gesny
1 knoffelhuisie fyngedruk
125 ml (1/4 k) ham gekap
30 ml (2e) vars pietersielie
sout en vars gemaalde swart pepper na smaak
neutmuskaat na smaak
7 ml (1 ¼ t) paprika
500 g gaar aartappels in skywe gesny
250 ml (1 k) suurroom
1 ekstra groot eier
150 ml gerasperde kaas

Metode
Voorverhit oond tot 180°C.  Smeer oondpan. Verhit botter en soteer uie daarin tot sag.  Voeg knoffel by en soteer verder.
Voeg nou ham, pietersielie, sout, peper, neutmuskaat en parika by. Voeg aartappels by Braai liggies en skep alles in die voorbereide oondbak. Klits suurroom en eier liggies saam en giet oor. Sprinkel die kaas oor en bak vir 30 minute tot goudbruin.

Advertisements

AARTAPPEL GEVUL MET GEURIGE MAALVLEIS

Idees

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

Bestanddele
olyfolie
500 g maer beesmaalvleis
1 groot ui, fyn opgekap
1 groen soetrissie,(ontpit en in blokkies gesny)
1 blik tamatiepuree
15 ml Dijon-mosterd
15 ml worcestersous
4 groot gebakte aartappels
slaai om voor te sit

METODE:
Verhit ’n laag olie. Voeg die maalvleis by en braai oor ’n hoë hitte bruin. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die aartappels. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 15 tot 20 minute. Geur na smaak. Maak ’n snit bo in elke aartappel. Druk dit effens oop. Skep van die maalvleis in elke aartappel. Sit voor met slaai.

Wenk
Dié maalvleis is baie veelsydig en kan ook voorgesit word saam met fynaartappels of pasta, of geniet dit in ’n vars rolletjie.
Verdubbel die resep en vries die helfte vir later

Hongaarse aartappelgebak

Bestanddele
60ml (4 eetl) botter
2 groot uie dik gesny
1 knoffelhuisie fyngedruk
125ml ham gekap
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
30ml vars pietersielie
Neutmuskaat na smaak
7ml paprika
500g gaar aartappels in skywe gesny
250ml suurroom
1 ekstra groot eier
150ml gerasperde kaas

Metode
Voorverhit oond tot 180ºC. Smeer oondpan. Verhit botter en soteer uie daarin tot sag. Voeg knoffel by en soteer verder. Voeg nou ham, pietersielie, sout, peper, neutmuskaat en paprika by. Voeg aartappels by. Braai liggies en skep alles in die voorbereide oondbak. Klits suurroom en eier liggies saam en giet oor. Sprinkel die kaas oor en bak 30 minute tot goudbruin. Genoeg vir 6 persone.

Aartappel Ala Ina

Annetjie Cilliers

Bestanddele
8-10 mediumgrootte aartappels
2 mediumgroot uie
150g spekvleis
300g sampioene
250ml gerasperde kaas
250ml room
25ml mayonnaise
sout en peper na smaak

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Kook aartappels in skil tot gaar. Sny uie en braai. Verwyder uit pan en hou eenkant. Sny spekvleis in kleiner stukkies en braai in dieselfde pan tot lekker bros. Verwyder en hou eenkant. Sny die sampioene en braai. Skil en sny aartappels in ringe. Rangskik laag aartappel ringe in gesmeerde oondskottel. Gevolg deur laag uie, laag sampioene, laag spekvleis en laag kaas. Geur na smaak met sout en peper. Herhaal met nog ‘n laag aartappel ringe, sprinkel weer ‘n bietjie sout. Sprinkel peper bo-oor meng room en mayonnaise, giet oor gereg. Sprinkel kaas bo-oor en bak 30 minute in voorverhitte oond tot mooi bruin.

Heerlike Aartappel gebak

Maureen van Lill

Bestanddele
6 medium aartappels (gekook en skille afgetrek)
1 pakkie wit uiesop
500 ml melk
1 houer room
1 lepel margarine
1 pakkie bacon gesnipper
1 houer mushrooms gesnipper
1 koppie kaas
1 pakkie Potato Bake (i.p.v. Room en uiesop)
1 groenpeper (opsioneel)
Kaas

Metode
Braai bacon en mushrooms tot gaar. Maak sop met melk en room aan en verhit tot dit begin dik word. Pak lae van : sop, aartappels , bacon . Begin met sop, dan aartappels, (gooi sout peper aromat en pietersielie oor elke aartappel laag). Dan Bacon en mushrooms. Herhaal en eindig met sop. Strooi kaas bo-oor.