Aartappelkoekies

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
500g aartappels, geskil en in kwarte gesny sonneblom olie vir braai.
15ml botter 3ml sout
knypie witpeper knypie neutmuskaat
1 heel eier, liggies geklits 1 eiergeel, liggies geklits
100g Cheddarkaas, in 1cm blokkies gesny 10ml gekapte pietersielie
1 sirkel fetakaas, grof gekrummel 50ml sondroƫ tamaties, grof gekap
100ml koekmeel 125ml droƫ broodkrummels
1 eier, geklits

Metode
Kook die aartappels sag in water wat met sout gegeur is. Dreineer, plaas terug in die kastrol en skud oor lae hitte tot die aartappels droog is. Druk die aartappels fyn en klop met ‘n houtlepel tot baie glad. Voeg die botter, sout, peper, neutmuskaat, eiers en pietersielie by en meng goed. Roer die kaasblokkies, fetakaas en tamatie liggies deur en laat afkoel. Verdeel die mengsel in gelyke dele en vorm dit in netjiese koekies. Besprinkel met meel, doop in geklitste eier en dan in krummels. Bedek en plaas in yskas vir ten minste 2 uur. Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepbraai tot matig warm. Braai die koekies slegs ‘n paar op ‘n keer tot goudbruin. Dreineer op ‘n papierhanddoek en sit voor met ‘n vars slaai. Bedien 4-5 porsies.

Advertisements

Aartappel Koekies

Elize van Zyl

Bestanddele
4 Middelgroot Aartappels
1 Middelgroot Ui
1 Eier Sout en peper na smaak
250 ml Meelblom
5 ml Bakpoeier

Metode
Rasper die aartappels grof. Rasper die ui. Meng al die bestanddele goed.
Bak nou lepels vol in die warm kookolie, aan beide kante tot bruin.