Aartappelslaai met Spek ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50

Bestanddele
8 kg Aartappels
20 ml Sout om te kook
1 kg Swoertlose Spekvleis
500 ml Mayonaise
500 ml Ongegeurde jogurt
20 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper
100 ml Grasui, fyn gekap

Metode:
Kook die aartappels in soutwater tot net sag maar ferm. Dompel in koue water en trek die skille af. Sny in blokkies in ‘n slaaibak. Snipper die spekvleis grof. Braai tot goudbruin. Gooi die uitgebraaide vet af en dreineer die spek op handdoekpapier. Meng die mayonnaise, jogurt en grasui en voeg by die aartappels. Voeg spekblokkies asook sout en peper by. Meng liggies deur en verkoel in yskas. Lewer 50 porsies.

Die jogurt kan met blatjang vervang word en as warm aartappelslaai voorgesit word.

Advertisements

BLAAUWKRANZ-AARTAPPELSLAAI:

Riana

Bestanddele Slaai
6 medium aartappels, gaar, in skywe of blokkies gesny
3 gekookte eiers, 2 in skywe en 1 gekap
4 grasuie, gekap
sout en suurlemoenpeper

Bestanddele Sous
170ml bloukaas, fyn gekrummel
50 ml mayonnaise
175 ml natuurlike jogurt
15 ml vars, gekapte pietersielie
1 grasui, grof gekap vir garnering

Metode Sous
Maak die sous aan so 3 ~ 4 ure aan voor die tyd en hou in die yskas. Meng die kaas, jogurt, mayonnaise en pietersielie saam en giet oor die slaai. Garneer met gekapte, hard gekookte eier en grasuie.

Metode Slaai
Rangskik die aartappels, eierskywe en gekapte grasuie in lae in ‘n slaaibak. Geur elke aartappel en eierlaag met ‘n bietjie sout en peper. Gooi sous oor die slaai. Garneer met gekapte, hard gekookte eier en grasuie.

Wenk
Indien verkies kan die aartappels in blokkies gesny word.

Aartappelslaai met n verskil ~ Malinda

Baie dankie vir die resep Malinda van Deventer 
Aartappels, gekook en skil verwyder. Sny in stukke.
Meng mayonnaise, kondensmelk en Dijon mosterd, ( het nie mates vir dit nie, meng soos jy natuurlik verkies.)
Gooi dit oor aartappels en meng deur.
Voeg dan dun gesnyde biltong wat in stukkies gesny is by, nie nat nie en ook nie te droog nie by.
Voeg dan fyngesnyde pepperdew ook by.  
Voeg gekookte eier ook by, wat in ringe gesny is.
Meng alles deur, nie te veel meng nie anders breek die aartappels te fyn.
Strooi bietjie vars of droë pietersielie oor.
Laat staan so uur in yskas.

Kerrie Appelslaai

Baie dankie vir die resep Jan

125 ml Mayonnaise
15 ml Suiker
10 ml Kerriepoeier
3 Middelslag appels

Metode:
Meng die mayonnaise, suiker en kerriepoeier goed. Rasper die appels grof met skil en al.
Meng dit liggies met die mayonnaisemengsel. Verkil die slaai voor opdiening.
Kerrie-appelslaai lyk mooi as dit op slaaiblare opgedien word.

Aartappelslaai met suurroom

375 ml suurroom
38 ml wit asyn
10 ml strooisuiker
3 ml Mosterd poeier
10 ml Karwysaad
25 ml Stingeluie gekap
Sout en vars gemaalde swart peper na smaak
6 Groot aartappels in die skil gekook

Metode:
Meng al die bestanddele behalwe die aartappels goed saam. Trek die aartappels se skille af en sny in blokkies of skywe soos verkies. Gooi die sous oor, meng goed en bedien koud. Lewer 8 tot 10 porsies.

Aartappelslaai ~ Jan 2

Baie dankie vir jou resep Jan.
8 Groot aartappels
1 Blik Kondensmelk
1 Groot ui fyn gekerf
3 Groot lepels Cross & Blackwell Mayo
¼ Koppie wit asyn
Metode:
Kook aartappels in soutwater to net sag en dreineer. Trek skille af en sny in blokkies.  Plaas in slaaibak. Meng Kondensmelk, Mayo, ui en asyn goed saam. Gooi oor aartappels. Lewer 8 tot 10 porsies.

Aartappelslaai met feta en olywe

Baie dankie vir jou resep Jan

500 g Baba-aartappeltjies in soutwater gekook tot net sag.
3 ml Sout
5 ml Peper
½ Koppie gekapte pietersielie
75 g Feta kaas in blokkies gesny
10 Swart olywe ontpit en halveer
SLAAISOUS:
50 ML Griekse jogurt
50 ml Cross & Blackwell Mayo
20 ml Strooisuiker
3 ml Engelse Mosterdpoeier
25 ml Wit asyn
Metode:
Kook aartappeltjies tot net sag in soutwater. Spoel af onder lopende koue water. Plaas in slaaibak. Meng al die slaaisous bestanddele saam. Gooi sout, peper, pietersielie  en slaaisous oor die aartappels en meng goed. Sny olywe in halwes en voeg saam met die feta kaas by die aartappels. Verkoel in yskas. Lewer 6 porsies.

Aartappelsaai 4 (Jan)

 

Dankie vir jou resep Jan
4 Groot aartappels
1 Groot ui
1 Groen soetrissie
3 Hard gekookte eiers
250 ml Cross & Blackwell Mayonaize
30 ml Kondensmelk
15 ml Varsgekapte grasui
30 ml Fyngekapte pietersielie of 5 ml droë pietersielie
5 ml Oreganum
3 ml Tiemie
5 ml Varsgemaalde swartpeper
3 ml Cayennepeper
3 ml Paprika
Metode:
Kook aartappels vir 18 minute in soutwater, spoel af met koue water en trek skille af.  Sny in blokkies of skywe soos verkies en plaas in slaaibak.  Kerf ui en soetrissie fyn en hou eenkant. Kook eiers vir 10 minute en plaas in koue water. Dop af en sny in blokkies.
SOUS
Meng mayonnaize, kondensmelk, pietersielie, grasui, tiemie. oreganum, peper en cayenne peper saam.  Gooi oor slaai en meng goed deur met ‘n vurk.  Voeg die eierblokkies by en meng liggies. Sprinkel Paprika oor..  Laat afkoel in yskas.  Verkieslik oornag. Lewer 4 tot 6 porsies.

Aartappelslaai met sampioene

 

12 Klein aartappeltjies in skil gekook tot net sag
½ Kropslaai in repe gesny
100g Knopie Sampioene gekerf
1 Bossie Bronkhors gekerf
SLAAISOUS:
100 ml Slaaiolie
½ t Sout
Vars gemaalde swart peper na smaak
50 ml Wit Asyn
2 ml Knoffel vlokkies
20 ml vars gekapte pieterdielie
Metode:
Meng die betanddele vir die slaai saam. Plaas sous bestanddele in fles en skud goed saam. Giet oor die slaai net voor opdiening. Lewer 4 porsies.

Aartappelslaai met Biltong

 

Baie dankie vir die resep Jan
6 Groot aartappels
250 g biltong(gekerf)
2 middelmatige uie of 1 groot ui fyn gekerf.
15 ml vars gekapte pietersielie
SOUS:
1 koppie Cros & Blackwell mayo
½ Koppie gewone yogurt
½ Koppie kondensmelk
½ t sout
Vars gemaalde swart pepr
Metode:
Kook aartappels in soutwater tot net sag.  Spoel af met koue water en trek skille af.  Sny in blokkies of skywe soos verkies en plaas in slaaibak. Voeg gekerfde biltong en ui by.  Meng die sous en gooi bo-oor.  Meng goed deur en verkoel in yskas. Lewer 8 porsies.