APPELTERT POEDING

Lynette Muller

Bestanddele
4 koppies appels, gesny dun
3/4 koppie bruin suiker
1/2 koppie bruismeel (of half koppie meel en 4ml bakpoeier)
1/2 koppie hawermout (oats)
40 gr botter, versag
3/4 teelepel kaneel

METODE:
Spuit kasserol/pan met spray en cook. Pak appels in ‘n laag onder op die bodum van die pan. Meng al die ander bestanddele saam en verkrummel die mengsel oor die appels. Bak by 180 C vir 30 minute of tot appels sag is. Bedien met roomys of geklopte room.

Advertisements
 

Appel skons

180 g ( 375 ml ) koekmeelblom
5 ml bakpoeier
2 ml sout
60 ml strooisuiker
50 ml sagte margarien
1 mediumgrootte appel, geskil en grof gerasper
50 ml melk
bietjie melk
suiker

Voorverhit die oond tot 200ºC. Smeer ‘n groot bakplaat. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en strooisuiker saam. Vryf die margarien met jou vingerpunte in tot goed gemeng. Voeg die appel by en net genoeg melk om ‘n sagte, hanteerbare deeg te maak. Meng liggies tot net gemeng.  Plaas op die gesmeerde bakplaat en vorm in ‘n sirkel, sowat 20 cm groot. Merk in 8 stukke met ‘n mes, maar moenie deursny nie. Verf ‘n bietjie melk oor en sprinkel suiker oor. Bak sowat 20-25 minute lank of tot gaar en goudbruin van bo.

 

 

Appeltert nagereg

Bestanddele
1/2 k sagte botter
1/4 k strooisuiker
2 geklitste eiers
200 ml melk
1t Vanilja
1 k Bruismeel
1/2 t bakpoeier
knippie sout
Blikkie tertappels

SOUS
125 ml room
1t Vanilja
1e Botter
80ml suiker
Jy kan ook n Knippie Kaneel byvoeg*

Metode
Meng botter en strooisuiker goed.
Meng eiers, vanilja en melk saam met bottermengsel
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Meng meel met bottermengsel.
Smeer bakskottel met botter en skep die helfte van kou deeg in
Plaas die helfte van jou appels bo-op
Skep nou die aner helfte van jou deeg oor
Druk die ander helfte van jou appels in die boonste deeg
Strooi klein bietjie suiker oor en bak
Oond op 180*C vir 45min-50min    [Halogene of gewone oond]
Kook jou sousie vir 5min en as die poeding gaar is druk gaatjies in met n sosatie stokkie en gooi stadig jou sous oor
Laat afkoel tot sousie goed ingetrek het
Bedien met vla, Roomys of styfgeklopte room

Verwerk deur  Helena Kruger
Met vergunning van:  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/halogen-appelpoeding.html

 

 

Appel en Muesli beskuit

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1 kg (1 pak) bruismeel

7.5 ml (1 ½  t) koeksoda

7.5 ml (1 ½ t) sout

500 ml (2 k) muesli

187 ml (3/4  k) sultanas

125g (1 pakkie) gedroogde appel ringe, fyn gesnipper

375 ml (1 ½  k) suiker

500 ml (2 k) karringmelk

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

3 eiers

500g botter, gesmelt

 

Stel oond op 180 °C

 

Sif meel, koeksoda en sout

Roer muesli, sultanas, appel en suiker by

Klits karringmelk, jogurt en eiers goed.

Roer gesmelte botter sodat dat dit glad en roer by karringmelk mengsel.

Voeg by meelmengsel en roer met hout lepel tot goed gemeng.

Skep deeg in gesmeerde broodpanne en bak vir 50 tot 60 min. of tot toetspen skoon uitkom.

Laat afkoel en breek in stukke.

Droog teen 70C vir 5 uur of langer uit tot droog.

 

 

Resep uit Keur

 

 

Appel muffins (Rentia se resep)

2 x 250ml koekmeel

15 ml bakpoeier

knippie sout

100 ml suiker

5 ml fyn kaneel

2 x 250ml gerasperde appels

2 eiers

125 ml melk

125 ml canola olie

5 ml vanilla

Voorverhit oond tot 180 grade C & smeer n groot, 12-holte muffinpan

Meng die droee bestandele in n mengbak

Roer die appel in sodat dit met meel bedek is en amper los van mekaar is

Klits al die ‘nat’ bestandele saam

Maak n effense holte, gooi nat mengel in en meng tot net gemeng

Verdeel deeg tussen holtes, strooi bietjie kaneelsuiker oor en bak vir +- 20 minute.

 

APPELVLEGSEL

Met vergunning Anna Eksteen

Bestanddele
1 rol skilferdeeg, ontdooi
30ml aangemaakte mosterd
1ui, in skyfies gesny, gebraai
4-6 varkworsies, in skyfies gesny
250g Granny Smith appels, geskil,grof gekap
3ml sout
vars gemaalde swartpeper
5ml droë salie
1 eier geklits

Metode
Voorverhit die oond tot 200C en smeer ‘n bakplaat liggies.
Rol die deeg dun in ‘n reghoek uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Plaas dit op die voorbereide bakplaat.
Smeer die mosterd oo die middelste derde van die deeg en skep die gebraaide ui, worsies en appels bo-op die mosterd. Geur met sout, peper en salie.
Sny diagonale snitte 80mm lank en 30mm dik aan albei kante van die deeg.
Vou die deeg van albei kante oor die vulsel om ‘n vlegsel te vorm. Smeer geklitste eier oor en bak 30-35 minute of tot goudbruin, uitgepof en gaar.

Lewer 4 porsies.

 

Appeltert (Joey se resep)

My suster Joey se resep. Hy is altyd n wenner.

 

1k meel

1 eier

1t bakpeoeir

1k strooisuiker

2E botter

1/2k melk

1 blik appels

 

Room suiker en botter.

Voeg eier by.

Dan die res van die bestandele.

Smeer in gesmeerde pan (vierkantige oondbestande glasbak)

Bak 180C tot gaar.

 

Sous

1/2k melk

1/2k suiker

1/2t botter

Kook saam.

Die sous verkleur effens.

Gooi oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.

Bedien warm of koud met room of roomys.

 

Aartappelslaai ~ Jan 3 (haselneute, spekvleis, feta)

Dankie vir jou resep Jan
(Bros aartappelskil slaai)

8 Gewasde aartappels se skille
15 ml Olie
250 g Gekapte spekvleis
100 ml Gekapte Haselneute
5 Kropslaai blare repe gesny
60 g Feta kaas in blokkies gesny
2 Ongeskilde appels in blokkies gesny

Metode:
Skrop die aartappels mooi skoon in koue, lopende water. Druk droog. Skil aartappels in eweredige repe en braai in verhitte olie tot goudbruin en bros. Braai spekvleis tot bruin en bros en dreineer. Voer ‘n slaaibak uit met slaaiblare. Meng neute, kaas, appel, spekvleis, en aartappelskille liggies en plaas in slaaibak. Verkoel in yskas vir twee ure voor opdiening. Lewer 6 porsies.

 

KERRIE-APPELSLAAI

Dankie vir jou resep Margaret
 
125 ml mayonnaise
15 ml suiker
10 ml kerriepoeier
2-3 middelslag appels
Meng die mayonnaise, suiker en kerriepoeier goed. 
Rasper die appels grof met skil en al.
Meng dit liggies met die mayonnaisemengsel.
Verkil die slaai voor opdiening.
Kerrie-appelslaai lyk mooi as dit op slaaiblare opgedien word.