Appeltert Op Die Vuur:

Lynettte Muller

Bestanddele
½ kop gewone hawermout
6 eetlepels meel
3 eetlepels bruinsuiker
¼ koppe gegranuleerde (castor) suiker
¼ teelpel kaneel
knippie neutmuskaat
2 teelepel botter, nog n bietjie vir foelie
3 appels (Fiji)
‘n paar druppels suurlemoensap

Metode
Meng die hawermout, meel, suikers, kaneel & neutmuskaat saam. Sny die botter in todat die mengsel krummels maak. Sit dit in die yskas & begin die appels voorberei. Was die appels & maak hulle droog. Sny die appels in skywe, meng dit in ‘n bak met suurlemoensap. Sny 2 stukke foelie (omtrent ‘n 30cm elk) & botter elkeen in die middel. Plaas die appels in die middel & gooi die hawermoutmengsel oor. Plaas ander een foelie bo op(botter in die middel) & vou die randjies om (omtrent 1 cm). Maak seker dis mooi geseël. Vou die hele pakkie in nog ‘n stuk foelie om seker te maak dat dit kan brand nie. Plaas dit op die rooster (Op medium hitte – 180 grade) vir 20 min. Laat dit afkoel vir ‘n paar minute. Wees versigtig- die inhoud is baie warm. Sit voor met roomys of room.

Advertisements

Appeltert

Bestanddele – Tert
1 Blik Tert Appels (Klein)
4 e Botter
1 ½ k Suiker
4 Eiers
1 ½ k Melk
1 ½ k Bruismeel
Knippie Sout
1 ½ t Bakpoeier

Bestanddele – Sous
250 ml Room
1 ½ t Karamel essens
½ k Suiker

Metode Tert
Klits Eiers. Smelt Botter en Suiker saam. Meng eiers en botter/suiker mengsel. Voeg ander bestanddele by (behalwe appels) en klits goed. Sit Appels in pan. Gooi mengsel oor die appels. Bak teen 180°C vir 45 minute.

Metode Sous
Gooi alle bestanddele in ‘n potjie en verhit. Wees versigtig want die room kook maklik oor. Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom.

Wenk
Vir ‘n lekker klam tert voeg nog so ‘n koppie room of melk by. Indien die bestanddele verdubbel word dan is die mengsel net genoeg vir ‘n oondpan.