Gebraaide aartappel balletjies

Moeg om mash te eet, ek maak graag die volgende met mash.

Vir hierdie gereg maak ek die gravy aan en vries dit oornag.

BESTANDELE:

  • 1 koppie gravy
  • 4 koppies koue mashed potatoes
  • 3 gram cream cheese, sag, kan meer ook gebruik afhangende van smaak
  • ¾ kop gerasperde Parmesaan kaas
  • ½ teelepel sout
  • ¼ teelepel ground black pepper
  • 1 kop meel
  • 2 eiers, geklits
  • 1 kop broodkrummels
  • 2 kwart vegetable oil, vir braai

METODE:

  1. Gooi gravy in ‘n ysblokkie houer  en vries oornag.  Verwyder nou die gravy blokkies en sny dit in 4 kleiner blokkies.
  2. In’n groot meng bak, meng saam, mashed potatoes, cream cheese, Parmesaan kaas, sout, en pepper.
  3. Plaas meel, eiers, en broodkrummels in drie verskillende bakke. Druk 2 eetlepels mashed potatoes om 1 gravy blokkie. Druk  in meel, skud af, dip in eiers, doop dan in broodkrummels. Herhaal met die oorblywende mashed potatoes and gravy.
  4. In ‘n deep fryer, verhit oil tot warm. Braai aartappel balletjies, vir 3 tot 4 minute of tot mooi “golden” bruin.  Haal uit olie met gaatjies lepel plaas dit op kombuis handdoek rol en dreineer olie. Bedien warm.

 

Advertisements

RYSVLOKKIES KOEKIES

Malinda van Deventer

250gr. Margarine
500ml. Witsuiker
1 Eier
5ml. Vanillageursel
625ml. Koekmeel
10ml. Bakpoeier
7ml. Koeksoda
2ml. Sout
500ml. Hawermout
500ml. Klapper
500ml. Rysvlokkies (rice krispies)
Glanskersies, groen, geel en rooi

Room die margarine en suiker.
Voeg die eiers en vanillageursel by en klits baie goed.
Sif die meel, bakpoer, koeksoda en sout saam.
Voeg dit by die eiermengsel en meng goed.
Voeg die hawermout by en meng.
Voeg die klapper by en meng weer.
Voeg die rysvlokkies laaste by en roer dit liggies in die deeg sodat die vlokkies nie pap word nie.
Rol balletjies en plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat en druk dit effens plat met ‘n vurk.
Sny kersies in stukkies, na denke en plaas ‘n stukkie op elke koekie.
Bak die koekies 15-20 min. in ‘n matige oond by 180°C.
Die koekies moet stadig bak.
Laat dit effens op die bakplaat afkoel en plaas dit dan op ‘n draadrak om heeltemal kout te word.