Basaar Fudge – Ma Ria Vorster se resep

Koekoes Vorster

Bestanddele
2 x 250ml Suiker
1 x 250ml koekmeelblom
1 blik Kondens melk + 1 (kondensmelk) blik water
3E Goue stroop
250g Botter
1EAsyn
1.2t Kremetart + 1E water
Vanielje geursel  na smaak (gemiddeld 1.5 t)

Metode
Meng die suiker en gesifte meel goed saam en gooi in n groot kastrol. Voeg die Kondensmelk, water, stroop,asyn en botter by. Roer oor n lae hitte totdat alles gesmelt is. Sodra die mengsel begin kook, voeg die krematart, opgelos in die 1E water by. Kook tot n sagtebal stdium. Dit neem ongeveer 20 min.
Voeg geursel bny en klits goed, totdat mengsel begin dik word. Giet in n gesmeerde pan. Sny in blokkies wanneer styf maar nog nie heeltemal hard nie.

Wenk
Ek kook gewoonlik my fudge in die mikrogolf. Want ek kry dit selde of ooit mooi op die stoof. Maar hierdie resep werk. En is heerlik. Ek het hom gemaak met skoonmoeder Ria wat byderhand was. Dit was haar fudge resep wat sy altyd gebruik het.

Ek het al jare terug vir my n fudge pan aangeskaf. Dit maak dit net makliker om al die blokkies presies dieselfde grootte gesny te kry. Ek het myne by die plaaslike bak winkel gekoop. Baie van die markte hou dit ook aan. Dit is natuurlik begin deur die Pannemerwe mense.

Advertisements

Nog Basaar Poeding

Ingetsuur deur Tertia

Maak Butterscotch Kitspoeding aan volgens die aanwysings op die pakkie
Klits room styf
Sny piesangs in skyfies
Pak tennisbeskuitjies onder in ‘n bak
Smeer ‘n laag van die kitspoeding oor die beskuitjies
Plaas ‘n laag piesangs bo-op kitspoeding
Eindig met ‘n lagie room. (herhaal lae x 2)
Strooi beskuitjiekrummels bo op laaste lagie room.

Koue(regte basaar) poeding

Ingestuur deur Debbie Donaldson

Hier is ‘n heerlike koue(regte basaar) poeding :

1 blik kondensmelk
2 houers vars room (250 ml elk)
2 boksies grenadilla jellie of pynappel
2 houers grenadilla pulp en 1 vir bo-oor

Maak 2 jellies aan met 450ml warm water, los op en laat afkoel. Plaas in yskas tot effens styf, nie geset nie.

Klits 2 houers grenadilla by.

Klits kondensmelk in aparte bak

Klits room tot styf

Meng alles, plaas in yskas vir 3 tot 4 ure.

Garneer met laaste houer pulp.

Basaar Fudge

Bestanddele 
2 x 250ml Suiker
250ml meelblom
1 Blik Kondens Melk
Kondens melk blik vol water
3E Goue stoom
250gram Botter of goeie bak margerien
1E Asyn
Vanielje na smaak (of 1t Caramel geursel)
1/2t kremetart (Opegelos in 1E koue water)

Metode
Meng Suiker en Meelblom.
Voeg by: Kondens melk, blik water, stroop, botter en Anyn.
Roer oor lae hitte totdat alles gesmelt is.
Sodra mengesel begin kook, voeg die opgeloste krematart by.
Kook tot ‘n sagtebal stadium.
Dit neem ongeveer 20min.
Voeg geurselby en klits goed (hout lepel werk lekker), totadat die mengsel begin dik word.
Giet in n gesmeerde pan.
Sny in blokkies wanneer geset.

BASAARBOBOTIE

(Ongeveer 50 porsies)

Bestanddele
10 uie, geskil en gekap
sonneblomolie
5 kg maer maelvleis
125 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie
190 ml wit suiker
125 ml wynasyn
625 ml water
625 ml matige vrugteblatjang
190 ml appelkooskonfyt
62,5 ml sout
10 ml peper
3 k sultanas
5 k gerasperde groen appels
3 k gerasperde geelwortels
10 snye volkoringbrood, in melk geweek
10 k melk
suurlemoen/lourierblare
12 eiers

Metode
Braai gekapte ui in olie tot deurskynend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Strooi kerriepoeier en borrie oor die vleismengsel, meng goed en roerbraai ongeveer drie minute lank. Meng die suiker, asyn, water, blatjang, appelkooskonfyt, sout, peper en water en voeg dit by die vleismengsel. Roer goed deur.

Voeg die sultanas, appel en geelwortel en die brood by die vleismengsel, meng goed en laat dit ongeveer 10 minute lank oor matige hitte prut.

Haal die vleismengsel van die stoof af en skep in ‘n groot oondbraaipan of afsonderlike foeliebakkies. Maak die vleismengsel liggies glad met die agterkant van ‘n lepel – moenie die vleis vasdruk nie.

Klits die eiers en melk liggies saam en giet die helfte van die eiermelk oor die vleis. Bak tot die eier gestol het. Giet die orige eiermelk oor die bobotie, druk blare daarin en bak tot goudbruin.