EENBAKETE MET SOUTBEESVLEIS: [maak hom in jou potjie]

Bestanddele
Bietjie olie
2 Uie Gekap
½ Pakkie Spek, gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
½ Teel Gedroogde pietersielie
1 Rooi Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 Blik Sout beesvleis, fyn gemaak
1 Blik Geroomde sampioene
1 Blik Sampioene in skyfies gesny
2 Teel Bruinsuiker
1 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
1 Teel Worcestersous
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
1 Koppie Water
3 Koppie Amper gaar rys
1 Koppie Cheddarkaas, gerasper

Metode
Stel oond op 180C. Soteer uie, spek en knoffel oor lae hitte tot sag.
Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog ‘n bietjie.
Voeg die sout vleis en al die sampioene by.
Meng suiker, kerrie, blatjang, worcestersous, sout en peper met water en roer goed deur.
Voeg by vleismengsel in kastrol en prut oor lae hitte vir 5 minute.
Skep rys in ‘n groot genoeg gesmeerde oondbak.
Skep vleismengsel bo-op en sprinkel kaas oor.
Bak vir 30 minute of tot alle vloeistof geabsorbeer is.

Advertisements
 

Hoisin en Gemmer Marinade

Ingestuur deur Jan van Niekerk
Wegsleep
(Vir ribbetjies of hoendervlerkies)
Vir 4 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 2 ½ uur
Hierdie taai Oosters-gegeurde marinade hou tot twee weke lank in die yskas en maak ribbetjies taai en bros – jou mense sal hulle poeding opoffer vir nog ’n porsie.

Bestanddele:
2 Eetlepels olyfolie
6 Salotte of 2 uie, baie fyngekap
6 Knoffelhuisies, gerasper
6 Eetlepels vars gemmer, gerasper
1 Brandrissie, pitjies verw. en fyngekap
½ Koppie hoisinsous
¼ Koppie heuning
2 Eetlepels rys- of witwynasyn
2 Eetlepels sesamolie
1 Eetlepel mielieblom
¼ Koppie water
700 g Varkrib

Metode:
1. Verhit die olie in ’n pot en soteer die uie, knoffel, gemmer en rissie daarin vir twee minute.
2. Sit die hoisinsous, heuning, asyn en sesamolie daarby en bring die sous tot kookpunt. Laat dit vir twee minute prut.
3. Los die mielieblom in ’n bietjie water op en roer dit deur die sous. Bring dit weer tot kookpunt en verwyder die pot van die hitte sodra die sous begin verdik. Die marinade is nou gereed en kan verseël in die ys- of vrieskas gehou word tot jy dit benodig.
4. Plaas die rib in ’n groot pot of foeliebak waarin dit plat kan lê. Skink die marinade oor en bedek dig met twee lae foelie.
5. Los die pot vir ongeveer twee uur oor matige kole. (Jy kan dit ook teen 160ºC in die oond bak.)
6. Vul dan weer die kole aan, en sorg dat die rooster skoon en gesmeer is. Haal die rib uit die pot oor op die rooster en braai dit vir sowat 30 minute stadig oor matige kole. Smeer deurentyd nog van die marinade oor en draai gereeld om totdat die ribbetjies taai, bros en gekaramelliseer is.

 

BEES/SKAAP STOWE MET BOONTJIES

1,5 kg stowe vleis lam of bees bv brisket, skaap skenkels, chuck ens
2 uie in ringe gesny
1 geblikte tamaties
10 ml jeera (opsioneel)
5 naeltjies
250 ml witwyn
300 ml warm water
100 ml worcestersous
60 ml asyn
sout en peper na smaak
3 aartappels in blokkies gesny
1 kg groenbone
bietjie neut (nutmeg)

Jy kan hier kortpad vat en jou vleis gou bietjie stoom in die stoompot vir so 25 na 30 minute

Braai uie in olie tot glaserig
Braai die jeera saam met die uie
Sny die vleis in kleiner blokkies en braai saam met die uie
Gooi nou die wyn, water, tamatie mengsel, asyn, worcestersous en naeltjies by
Laat dit kook vir om en by 60 minute – as jou sous min raak, voeg nog water by.

Gooi nou die aartappels wat in kwarte gesny is by en kook vir nog 20 minute

Laaste kom die gesnipperde boontjies, sout en peper by.
kook nou totdat alles sag is, maar nie pap is nie

 

 

‘n LEKKER MAALVLEISBREDIE

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
500 g maalvleis,
2 uie, gekap,
2 e botter,
1 k room,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
1 soetrissie,
knippie rooipeper,
1 k bevrore mielies en ertjies.

Metode
Soteer ui, knoffel en soetrissie in botter. Voeg res van bestanddele by. Plaas deksel op en laat stadig prut vir 25 minute tot gaar.

 

Beef and Red Pepper Kebabs

 

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Robertson’s.
10 min Prep 30 min Cook
Ingredients
Robertson’s Atlantic Sea Salt
Robertson’s Black Pepper
8 Bamboo Skewers
600 g Beef Cubes
2 Red Peppers Cut into cubes
30 ml Olive Oil
30 ml Worcester Sauce
15 ml Balsamic Vinegar
5 ml Robertson’s Sage
5 ml Robertson’s Rosemary
Method
1. Soak the bamboo skewers in water for an hour so that they don
2. Place lamb cubes and red pepper in a bowl with the olive oil, Worcester sauce, balsamic vinegar, Robertson’s Sage, Robertson’s Rosemary and toss to coat
3. Thread the beef cubes and red pepper onto the soaked bamboo skewers and pour over any leftover marinade
4. Allow to marinade in the fridge for 1 -2 hours
5. Season with Robertson’s Atlantic Sea Salt and Robertson’s Black Pepper
6. Place on the braai over hot coals and cook until done.

 

BIEF STROGANOFF (6 – 8 porsies)

Igestuur deur Rika Theron

Bestanddele
42 ml botter,
2 klein uitjies,
250 g sampioene, in skyfies gesny,
1 knoffelhuisie, fyngekap,
750 g beesfilet, in repies gesny,
30 ml meelblom,
250 ml biefekstrak,
15 ml Worcestersous,
5 ml sout,
250 ml suurroom.

Metode
Braai uie, knoffel en sampioene 5 min. lank in botter. Voeg vleis by en braai bruin, Voeg meel by vleisaftreksel sowel as Worcestersous en sout en kook saam met vleis tot dik. Voeg suurroom by en verhit. Sit voor op rys.

 

Frikkadel Met ‘n “nice surprise”

Ingestuur deur Lynette Muller

“So ietsie anders en smaaklik as die doodgewone frikkadelle, met ‘n lekker twist!”

Bestanddele
1 kg topside maalvleis
4 varkworsies, ontdooi en uitgedruk
1 kop broodkrummels
1 kop gekerfde wortels
3 el tamatiepasta
halwe kop yswater
2 eiers, liggies geklits
1 fyngekapte ui
3 fyngekapte vars knoffeltoontjies
1 tl gedroogde kruie
sout na smaak
peper na smaak
*cheddarkaas – 12 x blokkies gesny

Aartappel Bolaag:
So 4 groot aartappels sag gekook en fyngedruk met botter , melk, sout en peper na smaak., dit
moet lekker stywe beslag wees.
*paprika

Metode
Verhit die oond tot 180 C.
Sprei 12 muffinpanetjies met “non stick”
Meng al die bestanddele vir frikkadelle , behalwe kaasblokkies in groot bak, meng goed.
Vorm ‘n bol soos frikkadel in jou hand, en druk liggies vas in muffinpan, ongeveer 1/3 vol.
Herhaal tot al 12 muffin holtes gevul is.
Druk 1 blokkie kaas in middel van elke vleis bal, wat dan nou eweredig weer vleismengsel balletjie weer bo oor, en kaas mooi toegedruk is in die middel.
Bak 25 min in voorverhitte oond

Verwyder van die oond en rond af met kapokaartappels soos volg:
As jy spuittuit het vir kapokaartappels, bo elke kolwyntjie spuit jou kapokaartappels soos jy
‘n kolwynntjie sou versier.
Andersins skep mooi hopie kapokaartappels bo op, strooi ** paprika, as jy wil en bak tot goudbruin punte vorm, laat afkoel 10 minute in pan voor jy vleis muffin uitlig.

Sit voor met lekker groen

 

VLEISKOEKIES OP UIE

Ingestuur deur Sarie du Randt

Bestanddele
2 Groot uie in skywe gesny
2e Storkbake, gesmelt
½ t sout
Peper
1-2 e gekapte pietersielie
1 eier, geklits
5oog beesmaalvleis
1t sout en ½ t peper
1k vars broodkrummels
6 repies spekvleis

Metode
Voorverhit oond tot 180gr
Smeer ‘n vlak oondbak met ‘n deksel, rangskik die uie daarin en skep die gesmelte margarine daaroor.
Geur met sout en peper, bedek en bak 3o minute of tot sag, haal uit oond en verhoog hitte tot 200gr.
Voeg die pietersielie asook al die ander bestanddele behalwe die spekvleis, by die maalvleis.
Meng goed saam.
Vorm 6 plat koekies en vou ‘n repie spek om elkeen.
Plaas vleiskoekies op die laag gesmoorde uie en bak (sonder die deksel) 10 minute aan elke kant.
Bedruip 2x met pansappe.

 

Gebakte Mosterd Tong

Hierdie is altyd ‘n wenner. Vir sommige mense klink die idee van ‘n tong dalk grillerig, maar as jy dit op die regte manier gaarmaak sal jou gaste hulle vingers aflek.
Hierdie resep is genoeg vir ses mense.

Hier is wat jy nodig het:
30 ml olie
60 ml mosterdpoeier
125 ml suiker
2 ml sout
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
sap van 1 suurlemoen
125 ml wit druiwe-asyn
30 ml koekmeel
Twee gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny.
125 ml sagte broodkrummels.

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sous: Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.

Tong: Pak die tongskywe in ‘n oondvaste bak en giet die sous oor. Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.

 

Groot Frikadelle

FRIKKADELLE
800 g maalvleis
1 groot ui, gerasper
60 ml (¼ k) pietersielie, fyn
gekap
10 ml (2 t) mosterdpoeier
3 ekstra groot eiers
250 ml (1 k) vars broodkrummels
½ geel soetrissie, fyn gekap
½ groen soetrissie, fyn gekap
4 groot agurkies, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
olyfolie
botter

SOUS
olyfolie
2 uie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyn gekap
10 ml (2 t) mosterdpoeier
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
sout en peper

FRIKKADELLE
Meng die maalvleis, ui, pietersielie, mosterdpoeier, eiers, broodkrummels, soetrissies en agurkies en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat rus die mengsel ’n paar minute en vorm die mengsel dan in groot frikkadelle, sowat 100 g elk. Verhit van die olyfolie en die botter en braai oor matige hitte tot gaar.

SOUS
Verhit olie in ’n pan en braai die uie en knoffel ’n paar minute. Roer die mosterd en aftreksel by, laat prut sowat 5 minute. Geur na smaak en plaas die frikkadelle in die sous. Laat prut nog ’n paar minute en sit voor saam met fyn aartappels.