Beetatjar/Beetblatjang

Magda

Bestanddele
2 groot bossies beet
8 – 10 uie
6 eeteel Sterk kerriepoeier
1.5 kgm Suiker
1.5 liter bruin asyn
sout en peper na smaak
3 eeteel Olie
4 eeteel Maizena

Metode
Kook beet tot sag en rasper. Braai uie in olie tot ligbruin.  Voeg by beet. Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot kookpunt. Meng maizena in water en voeg by. Prut tot verdik. Bottel warm en bêre.

Advertisements

Baba Beet Slaai

4 Snye bruin of growwe brood, in blokkies gesny
2 Eetlepels olyf olie
2 Eetlepels fyn gekapte pietersielie
100g vars Bronkors (Watercress)
250g heel baba beet, gekook of gebak
Vars gemaalde peper (opsioneel)

Plaas blokkies brood op n bakplaat.
Sprinkel met olyf olie en plaat in warm oond 180 -200C om warm te word.
Haal uit en besprinkel met pietersielie en laat afkoel.
Plaat die bronkors as basis op elke bord.
Sny die beet in half en rangskik op borde bo op die bronkors.
Strooi brood blokkies en oor sprinkel met suurlemoen slaai sous (of  Franse slaai sous)
Sit peper oor indien verkies

Watercress of Bronkors

 

Watercress of Bronkors bossie

Beet Atjar

Bestanddele
beet (pas die bestanddele aan volgens die hoeveelheid beet wat gebruik word)
(Hierdie resep is genoeg vir so 750g tot 1 Kilogram beet)
1 koppie asyn
1½ koppie suiker
sout en peper na smaak
1 teelepel gemmer (opsioneel)
1 Granny Smith-appel (gerasper)
1 eetlepel kerriepoeier (of na smaak)
1 knoffelttontjie
mielieblom-mengsel

Metode
Skrop die beet goed, en spoel skoon.
Kook die beet tot gaar, maar nog ferm, met 1 eetlepel olie in die water, of ‘n klontjie botter sodat dit nie oorkook nie.
Trek die skille af en kook dit verder in dieselfe water.
Sny die beet in stukke soos verkies.
Voeg alles bymekaar, en voeg in bottels of bêre in die yskas.

Beet in sous * gebottel

Kook beet sag en sny in blokkies, skywe of rasper.
Kook die volgende:

3 koppies asyn
2 koppies suiker
2 koppies water
1 teelepel sout
1 knippie fyn gemmer (¼ teelepel)
Gooi fyngekerfde ui by kookmengsel.
Voeg gerasperde beet by kookmengsel. Kook weer tot die mengsel begin kook en skep in flesse.
Kurk warm toe.