‘n Maklike Tuisgemaakte Brood Resep – Net Vyf Bestanddele

Bestanddele
2 koppies warm water
2/3 koppie heuning
1 3/4 Eetlepels Aktiewe Droë Gis
1 1/2 Teelepels Sout
6 koppies Brood Meel

Metode
Klits warm water en heuning bymekaar in ‘n groot mengbak en roer tot heuning opgelos word.
Voeg gis by en bedek met ‘n doek.
Na ongeveer 10-20 minute moet jou mengsel goed geskuim wees.
Meng jou sout in en voeg die broodmeel een koppie op slag by.
(Gebruik die whisk vir die eerste drie koppies en skakel dan na ‘n houtlepel of silikoon spatel vir die laaste drie koppies.)
Voeg ‘n bietjie ekstra meel by jou hande en knie die deeg, sowat 5 minute.
(Knie die deeg direk in die groot mengbak. Dit hou jou toonbank skoon.)
Plaas gekniede deeg in ‘n groot gesmeerde bak en bedek met doek.
Na ‘n uur behoort jou deeg aansienlik uitgerys wees..
Keer die deeg uit vir ‘n en knie af.
Verdeel die deeg in twee liggies gesmeerde broodpanne en bedek weer met jou doek.
Bak die deeg vir 30 minute in ‘n voorverhitte oond op 160C vir 30-35 minute.
Baie brood resepte bak teen 175C
160C werk beter as jy heuning gebruik.

Bron en foto: allrecipes.com

 

Advertisements

Kits Bros koekies – 3 Bestandele eet-sum-more koekies. Gluten vrye opsie ook.


Bestanddele
225g botter of margerien – baie sag
1 en 1/2K (of 350ml) koekmeel
1/2K (of 125ml) versiersuiker
1/2 Vanilla (Opsioneel)

Metode
Stel oond op 160 Grade C. Voer n bakplaat met bak papier uit. Klits die 3 bestandele goed saam. Drup teelepels vol op die bak bakplaat en bak tot dit net begin verbruin om die kante of puntjies. Laat koekies afkoel op die bakplaat.

Wenk
My margerien was in die vrieskas en ek het dit op 30% krag sag gemaak in die mikrogolf. Dit moet papsag wees maar verkieslik nie gesmelt nie. Ek gebruik Marvello of Stork bake. Maar die behoort besonder lekker te wees met botter.

Gluten vrye resep:
Ek het die koekmeel met Gluten Vrye bruismeel (Self raising flour) vervang. Volgende keer sal en ek net 1 1/4K (of dan 325ml) gluten vrye meel gebruik. Die mengsel was effens droëer en dit proe of dit nie 100% deurgebak het in die middel nie.

Gewoon of gluten vry

Wenk
Ek verkies die gluten vrye bruismeel bo die gewone gluten vrye koekmeel. Die koekmeel is geneig om n nasmaak te gee. En die feit dat dit bruismeel is (uit rys) maak in min resepte n werklike groot verskil.