BILTONG:

Anna Eksteen

Bestanddele
25kg vleis van goeie gehalte. Bv. dy, diklies of binneboud
200-400ml heel koljander
500g-1kg sout
12.5ml salpeter
25ml koeksoda
12.5ml peper
asyn
warm water
225ml suiker

Metode
Sny die vleis met die draad langs in lang stroke, so dik of dun soos jy dit verkies. Onthou hoe minder vet aan die vleis is, hoe langer kan dit gebêre word, omdat vet mettertyd galsterig word. Verhit ‘n pannetjie oor matige hitte en rooster die koljander daarin, totdat dit ‘n welriekende geur begin afgee. Maal en sif die geskroeide koljander. Meng die koljander, sout, suiker, salpeter, peper en koeksoda en vryf die mengsel met die hand oor elke stuk vleis.

Pak die vleis in lae in ‘n houtbalie, erdehouer of plastiekhouer en strooi die orige soutmengsel tussen elke laag. Pak die dik gesnyde stukke onder en die dunner stukke bo-op. Sprinkel ‘n bietjie asynbo-oor die vleis en laat dit oornag staan. Biltong met baie vet aan moet langer lê, want dit neem langer om sout te absorbeer.

Meng 200ml asyn met elke 2.5 liter water en spoel elke stuk vleis vinnig daarin af voordat dit op ‘n koel, droë plek gehang word. Hang die biltonge die eerste dag in die son op en daarna in die koelte, weg van mekaar af. Biltong kan ook binneshuis hang, maar dan moet daar ‘n goeie trek wees. ‘n Elektriese waaier kan help om die lugvloei te verbeter. Laat die biltonge hang totdat dit so droog is soos verkies.

Advertisements
 

PAMPOEN & BILTONGBESKUIT

Lynette Muller
(KUIER, KOOK & KLETS)

Bestanddele
1 kg bruismeel
5 ml sout
500 g botter
400 g suiker
250 ml karringmelk
250 ml pampoen-puree
250 g gesnyde biltong
2 eiers

Metode
Verhit die oond tot 180°C.
Gooi die bruismeel en sout in’n groot mengbak.
Sny die botter in blokkies en vryf dit in die meel in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die suiker by en meng goed.
Klits die karringmelk, pampoenpuree en eiers saam.
Voeg by die meelmengsel, meng goed. Meng nou die biltong by.
Gooi in gesmeerde broodpanne en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar.
Laat afkoel en breek dan die beskujit in vingers.
Sit die stukke op ‘n bakplaat en laat uitdroog teen 120°C

 

Biltongslaai

Met vergunning www.egafrikaans.com

 
Slaaisous:
60 ml balsem-asyn
125 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml suiker of na smaak
5 ml Dijon-mosterd
1 stingel sprietui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Slaai:
250 g klam, baie dun gekerfde biltong
375ml gerasperde cheddarkaas
‘n verskeidenheid blaarslaai om die slaai op te rangskik
3 agurkies, gekap
2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap

Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig.Plaas die biltong en kaas in ‘n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak.Bedek en marineer ten minste ‘n uur (of selfs tot ‘n dag lank) in die yskas.  Rangskik die blaarslaai op ‘n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op.Besprinkel liggies met van die slaaisous.Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in ‘n klein bekertjie voor.   Sit dadelik voor.
 

Biltong slaai met aarbeie en bloukaas.

Baie dankie vir jou resep Malinda en Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele slaai
300g biltong in dun skyfies gesny,
80g gemengde slaaiblare,
1 ryp avokadopeer in skyfies gesny,
125g aarbeie gehalveer, jy lan sagte pere ook gebruik
100g bloukaas in blokkies gesny,
80g croutons,
50ml grasuie gekap,
Metode
Pak alles in mooi bak, en meng liggies

Sous bestanddele
60ml balsamiese asyn, 125ml olyfolie,
Metode
Klit baie goed en gooi oor slaai

 

 

Advokadopeer en Biltongslaai

 

Dankie vir die resep Jan
250 g Klam, baie dun gesnyde biltong
375 ml Gerasperde cheddarkaas
1 Pak gemengde blaarslaai
3 Agurkies gekap
2 Hardgekookte eiers in skyfies gesny
2 Ryp advokadoopere in blokkies gesny en met suurlemoensap besprinkle
Sous:
60 ml Balsamiese asyn
125 ml Olyfolie
1 Knoffelhuisie gekneus
5 ml Suiker
5 ml Dijon mosterd
1 Stingel sprietui fyn gekap
5 ml Sout
3 ml Vars gemaalde swartpeper
Metode:
Plaas die bestanddele vir die slaaisous in ‘n bottel met skroefdeksel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in ‘n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste een uur of selfs oornag in die yskas. Rangskik die blaarslai op mooi groot plat slaaibord en pak die bestandele bo-op. Besprinkel liggies met bietjie van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in ‘n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor. Lewer 6 porsies.
 

Gemarineerde Biltong

 

Baie dankie vir die resep Jan….
Lewer 12 porsies
500 g Gekerfde beesbiltong
200 g Bronkors
Marinade:
30 ml Suurlemoensap
30 ml Wynasyn
30 ml Mayonnaise
5 ml Aangemaakte mosterd
3 ml Rooipeper
5 ml Droë basiliekruid
10 ml Suiker
Metode:
Marinade:
Meng al die bestanddele vir die marinade in ‘n glasbak en plaas in die yskas. Laat oornag in die yskas staan.
Plaas die biltong in ‘n keramiekbak en giet die marinade oor. Marineer vir 1 uur in die yskas. Dreineer en bedien die biltong met vars bronkors. Lewer 12 porsies
 

Aartappelslaai met Biltong

 

Baie dankie vir die resep Jan
6 Groot aartappels
250 g biltong(gekerf)
2 middelmatige uie of 1 groot ui fyn gekerf.
15 ml vars gekapte pietersielie
SOUS:
1 koppie Cros & Blackwell mayo
½ Koppie gewone yogurt
½ Koppie kondensmelk
½ t sout
Vars gemaalde swart pepr
Metode:
Kook aartappels in soutwater tot net sag.  Spoel af met koue water en trek skille af.  Sny in blokkies of skywe soos verkies en plaas in slaaibak. Voeg gekerfde biltong en ui by.  Meng die sous en gooi bo-oor.  Meng goed deur en verkoel in yskas. Lewer 8 porsies.
 

Biltongpot

500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
2 Green Peppers in repe gesny
250g Bacon bits
1 blik pit mielies
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas

Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel, green pepper, sampioene en bacon tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in ‘n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is.

Dis ‘n kuierpot, nie ‘n wegneemete nie! Gooi jou pasta en pit mielies nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so ‘n uur begin jou mond behoorlik water.

Gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Los dan nog op hitte vir 15 min tot kaas lekker gesmelt is en Haal dan van die hitte af,  Selfs pasta-haters eet hul lippe af!

 

Biltong

Biltong ala Jan van Niekerk

3,5 kg Garing- besvleis
300 g Growwe sout
250 g Bruinsuiker
250 ml Bruinasyn
25 g Salpeter
25 g Fyngestampte koljander
5 ml Wonderpeper
5 l Kookwater
½ Bottel asyn
Metode:
Laat die slagter vir jou die biltonge sny, of as jy self slag, sny die vleis in stroke van 2,5 x 5 cm stroke. Meng die growwe sout en bruinsuiker en vryf die vleis goed daarmee in. Pak die stukke in ‘n plastiekbak en sprinkle asyn oor elke laag. Die biltong sal sy eie pekel trek. Laat staan oornag in die mengsel.
Kook die volgende dag 5 l water en voeg die asyn by. Doop die vleis afsonderlik in die kookwater en vryf die speserye in die vleis. Steek draadhakkies deur di eenkant van die vleis, of ryg stukkies lyn deur die vleis. Hang die biltonge buite of in eventileerde vertrek en sorg dat hulle nie aanmekaar raak nie. Laat hang ‘n paar dae en toets wanneer dit droog genoeg is na jou smaak. Sny in skywe en geniet. Dis heerlik op vars brood en botter.
 

Biltong potjie ~ Malinda van Deventer

Braai 2 groot uie fyn gekap en 1 pak sampioene plus bietjie knoffel oor lae hitte. Gooi sout peper pietersielie Italian aromat ordganum neut baie min koljander na smaak by. Braai alles saam tot gaar.Gooi gaar skulpie noedels by soveel soos verlang. Roer alles lekker deurmekaar.Gooi 1 blik heel pit mielies by.Roer alles lekker deur mekaar.Gooi plus minus 1 kg gekerfde biltong met n lekker vetjie aan anders is dit n bietjie droog.Roer alles lekker deurmekaar. Gooi 1 houertjie vars room by. Rasper kaas bo op en maak deksel toe.laat prut vir ongeveer 1 minute sodat kaas deur gesmelt het. Lekker eet.