MATROOSPASTEI 

Rika Theron 

(4 – 6 porsies)

Bestanddele
1 blik sardyne in tamatiesous,
500 ml witsous,
4 hardgekookte eiers, gekap,
50 g gesmelte botter,
225 g blik ingemaakte tamaties,
1 eier, geklop,
750 g aartappels, gekook en fyngedruk,
sout & peper.

Metode
Dreineer sardyne en hou sous eenkant.  Vlok sardyne en meng met eiers en witsous.  Voeg gekapte tamaties en tamatiesous by en skep in oondskottel.  Klop aartappels, botter en eier tesame en geur goed met sout en peper.  Skep bo-op vismengsel.  Bak ongeveer 20 – 30 minute (190°C) tot goudbruin,

Advertisements

Heerlike sop (1)

Wanda-Mari Lundly
2 x blikkies tamatiesop
1 x blikkie hoendersop
1 x blikkie sampioensop
1 x pakkie spek, gesnipper
1 x ui, fyngekap
Melk om te verdun, indien nodig

Metode
Braai bacon en ui in ‘n kastrol. Gooi al die blikkies sop by, meng goed, bring tot kookpunt. Stel hitte laer en laat simmer so 30 min. Dit klink nie great nie, maar glo my, dis watertand lekker!

Groente Tert

Estelle Lotter

Bestanddele
1 Blik Pitmielies
4 tot 6 Murgpampoentjies
1 Ui
1 k Gerasperde Kaas
Sampioene (Opsioneel)
Spek (Opsioneel)
¾ Bruismeel
2 Eiers

Metode
Sny sampioene, spek en murgpampoentjies in hap grootte. Meng alles en bak teen 180°C tot gaar.