Okkie Janse van Vuuren
Bestanndele
500g jong aartappeltjies
2 hardgekookte eiers, in skywe gesny
100g bloukaas, gekrummel
100g biltong, gekerf
125ml mayonnaise
75ml room of natuurlike jogurt
sout en varsgemaalde swartpeper
gekapte ui
15ml gerasperde biltong om bo-oor te sprinkel
Metode
Kook die aartappels in kookwater tot sag, ongeveer 10-15 minute. Dreineer en trek die skille af terwyl nog warm. Plaas die aartappeltjies, eierskywe, bloukaas en biltong in ‘n mengbak. Klits die mayonnaise en room of jogurt saam en geur mildelik met sout en peper. Giet die slaaisous oor die aartappeltjies. Meng liggies en versigtig deur. Garneer met gerasperde biltong en gekapte grasui. Sit louwarm of koud voor. Bedien 4 porsies.