PIESANG BOBOTIE MET SOUTVLEIS

www.flippenlekkerspice.co.za
1 Gekapte ui
Halwe gekapte soetrissie
2 teelepels kerriepoeier
2 teelepels Flippen Lekka Spice
opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt
eetlepel asyn
1 Blik soutvleis (boelie bief)
2 piesangs in skyfies gesny
1 eier
kwart koppie melk.

Metode
Braai ui en soetrissie in olie tot dit begin verkleur. Voeg kerriepoeier en Flippen Lekka Spice by en braai vir 1 minuut. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe melk en eier en roer liggies deur. Plaas in oondvaste bak. Klits eier en melk saam en giet bo-oor. Prik met vurk dat vloeistof effens kan intrek. Bak vir 30 min teen 180 .°C

 

Advertisements
 

Basaar Bobotie (Grootmaat)

Jan van Niekerk

Ongeveer 50 porsies
Bestanddele:
10 Uie, geskil en gekap sonneblomolie
5 kg Maer maelvleis
125 ml Matige kerriepoeier
100 ml Borrie
190 ml Wit suiker
125 ml w

Wynasyn
625 ml Water
625 ml Matige vrugteblatjang
190 ml Appelkooskonfyt
62,5 ml Sout 10 ml peper
3 k Sultanas
5 k Gerasperde groen appels
3 k Gerasperde geelwortels
10 Snye volkoringbrood, in melk geweek
10 k Melk suurlemoen/lourierblare
12 Eiers

Metode:
Braai gekapte ui in olie tot deurskynend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
Strooi kerriepoeier en borrie oor die vleismengsel, meng goed en roerbraai ongeveer drie minute lank.
Meng die suiker, asyn, water, blatjang, appelkooskonfyt, sout, peper en water en voeg dit by die vleismengsel. Roer goed deur.

Voeg die sultanas, appel en geelwortel en die brood by die vleismengsel, meng goed en laat dit ongeveer 10minute lank oor matige hitte prut.

Haal die vleismengsel van die stoof af en skep in ‘n groot oondbraaipan of afsonderlike foeliebakkies.

Maak die vleismengsel liggies glad met die agterkant van ‘n lepel – moenie die vleis vasdruk nie.
Klits die eiers en melk liggies saam en giet die helfte van die eiermelk oor die vleis.
Bak tot die eier gestol het.

Giet die orige eiermelk oor die bobotie, druk blare daarin en bak tot goudbruin.

Bron: Onbekend
Plasing*Lulu*
RESEPTE EN WENKE

 

Bobotie Grootmaat

Jan van Niekerk

Lewer 48 porsies

Bestanddele
12 Sny witbrood
300 ml Melk
1,5 kg Uie, fyn gekap
50 ml Sonneblomolie
100 g Matige Kerrie
160 ml Borrie
200 ml Druiweasyn
350 g Appelkooskonfyt
6 kg Beesmaalvleis
30 ml Sout
5 ml Varsgemaaalde swartpeper
16 Eiers
1,5 l Melk
15 Lourierblare

Metode:
Week die brood in melk. Soteer die uie in die olie tot deurskynend. Voeg die kerrie en borrie by en braai vir 3 minute. Voeg die asyn en konfyt by en prut vir 2 minute. Laat afkoel. Druk die melk liggies uit die brood en maak die brood fyn. Meng die maalvleis, kerriemengsel, brood en geurmiddels liggies met 2 vurke. Skep die vleismengsels in oondbakke, klits die eiers, melk asook melk wat uit brood gedruk is, saam. Rol die lourierblare op en druk in die panne. Giet die eiermengsel oor die vleis en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 40 minute. Bedien met geelrys en rosyntjies. Lewer 48 porsies.

Vir 50 porsies geelrys benodig jy:
2 kg Rou rys
180 g Pitlose rosyntjies
20 ml Sout

 

Bobotie ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

6 ½ kg Maer beesmaalvleis
2 kg Middelslag uie,gekap
60 ml Sonneblomolie
20 ml Suiker
200 ml Appelkooskonfyt
8 Stukkies steranys
15 ml Fyn Komyn
180 ml Matige kerrie
100 ml Borrie
200 ml Asyn
10 ml Fyn Naeltjies
15 ml Fyn Wonderpeper
250 ml Warm Vleissous
30 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper
16 Suurlemoenblare

Sous vir bo-oor
20 Eiers
20 ml Borrie
10 ml Sout
2 Liter Lou melk

Meode:
Braai die ui in die olie en strooi die suiker oor dat dit mooi bruin kan word. Voeg die res van die bestanddele behalwe die suurlemoenblare, vleis en die sous by en meng goed deur. Roerbraai vir 5 minute. Voeg die vleis en die sous by en roerbraai nog 10 minute. Skep in twee groot oonpanne. Rol die blare op en druk hier en daar in die vleis.

Sous:
Klits die eiers en voeg die sout, borrie en melk by. Meng goed en deel in twee. Giet oor die gereg in die bakke. Bak vir 15 minute in voorverhitte oond by 200°C en dan 30 minute teen 180°C. Sit voor met geelrys en rosyne, droë vrugte in rooibostee en groente van jou keuse. Lewer 50 porsies.

 

BOBOTIE

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 kg maalvleis,
2 groot uie, gekap,
30 g Rama,
200 ml melk,
2 snye brood, geweek in 50 ml melk,
10 ml appelkooskonfyt,
10 ml blatjang,
50 ml suurlemoensap,
150 ml sultanas,
12,5 ml kerriepoeier,
5 ml borrie,
30 g amandels, gekap,
3 eiers,
5 suurlemoenblare,
100 ml wit wyn,
1 knoffelhuisie, fyngedruk,
1 gerasperde appel,
100 ml vleisaftreksel,
sout en swartpeper na smaak.

Metode
Verhit oond (160*C).  Soteer uie in Rama.  Meng al die bestanddele saam behalwe twee van die eiers, melk en suurlemoenblare.  Giet mengsel in gesmeerde bak en versier met suurlemoenblare.  Klits eier en melk en gooi oor bobotie.  Bak 45 minute lank stadig tot dit goudbruin en gaar is.  Dien op met gegeurde rys en gebraaide piesangs wat in klapper gedoop is.

 

 

Mikrogolf Bobotie

Jan van Niekerk se Resep

Bestanddele:
25 ml botter/olie
60 g pitlose rosyne
1 mediumgroot ui, gekap
30 g amandelsplinters
1 dik sny brood
40 ml medium kerriepoeier
200 ml melk
sout en peper
750 g maalvleis
50 ml suurlemoensap
15 ml appelkooskonfyt
2 eiers
6 lourierblare

Metode:
Plaas ‘n oondskottel van 1,5 l kapasiteit in mikrogolf.
Skep botter/olie in en stel op High. Braai 1 minuut.
Skep ui in en braai 3 minute.
Week intussen die brood in 100 ml melk.
Meng al die bestanddele behalwe eiers, 100 ml melk en lourierblare.
Voeg die mengsel by die uie en meng deeglik.
Bedek die oondskottel en bak 8 minute by High.
Smeer die bokant van die mengsel gelyk.
Klits die eiers en melk en skep dit oor.
Plaas lourierblare bo op en bak weer 6 min by High.

 

Bolandse Bobotie

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele
1 Sny witbrood
250 ml Melk
1 kg Gemaalde beesvleis
1 Middelslag ui gekap
125 ml Sultannas
125 ml Gekapte amandels
15 ml Fyn appelkooskonfyt
20 ml Perskeblatjang
25 ml Suurlemoensap
5 ml Varsgekapte gemengde kruie
10 ml Kerrie
5 ml Borrie
10 ml Sout
5 ml Swartpeper
3 Groot eiers
4 Lourierblare of suurlemoenblare

Metode:
Week die brood in die melk. Druk uit en hou ,elk eenkant. Meng die klam brood met die vleis. Meng helfte van die melk, sultanas, amandels, blatjang, kruie, konfyt,, suurlemoensap, Kerrie, borrie, sout en peper saam. Voeg dit by die vleis en meng goed deur. Verhit olie in ‘n pan en verbruin die vleis effens. Keer uit in oondpan en smeer gelyk. Klits die eiers en voeg oorblywende melk by en meng. Gooi oor die vleis. Rol die blare op en druk hier en daar in die vleis en bak in voorafverhitte oond by 180° C vir 50 minute. Sit voor met geelrys en rosyne. Lewer 6 tot 8 porsies.

 

BOBOTIE:

Bestanddele
1 dik sny witbrood
50ml koue melk
500g gemaalde lamsvleis
1 ui (fyn gekap)
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
2ml knoffelvlokkies
10ml matige kerriepoeier
1ml borrie
12,5ml blatjang
12,5ml asyn
3 eiers
1lourierblaar
12,5ml mielieblom
12,5ml koue water
350ml kookmelk

Metode
Voorverhit die oond tot 160C. Week die brood in die melk en druk dan die oortollige melk uit. Hou die sagte brood eenkant. Meng die maalvleis, ui, sout, peper, knoffelvlokkies, die helfte van die kerriepoeier, die borrie, blatjang, asyn, 1 eier en die sagte brood. Skep die vleismengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel , steek die lourierblaar daarin en bak dit 15 minute lank op die middelste oondrak sodat die bobotie ‘n kors bo-op kan vorm. Hou dit eenkant warm. Klits die oorblywende 2 eiers saam en hou dit eenkant. Meng die mielieblom, die res van die kerriepoeier en die koue water tot ‘n gladde pasta en roer dit by die geklitse eiers. Voeg die kookmelk geleidelik by en laat dit prut totdat dit effens verdik. Roer dit voortdurend. Haal die mengsel van die plaat af en gooi dit oor die bobotie. Bak die bobotie nog 25-30 minute lank op die middelste rak van die oond totdat dit ferm en ligbruin is. Bedien warm met blatjang.

 

Jan Braai se Bobotie Potjie

Resep ingestuur deur Jan van Niekerk

Lewer 6 porsies
Gebruik ‘n platboompotjie no. 4

Bestanddele:
25 ml Olie
3 Uie, fyn gekap
3 Knoffelhuisies, fyn gekap
30 ml Medium kerriepoeier
12,5 ml Borrie
1 kg Beesmaalvleis
12,5 ml Sout
5 ml Swartpeper
½ Koppie appelkooskonfyt
½ Koppie rosyne
½ Koppie amandelvlokkies
25 ml Asyn of suurlemoensap
6 Lourierblare
3 Eiers
1 Koppie melk

Vir bedizening: Rys, blatjang en gekapte tamaties.

Metode:
Verhit die die olie in ‘n potjie op medium hitte. En braai die ui en knoffel tot die uie sag is. Moenie die uie bruin braai nie. Voeg die Kerrie en borrie by en braai 1 minuut. Die bodem raak gou droog, so pasop vir brand. Voeg die maalvleis by en braai vir 10 minute. Roer af en toe en breek die maalvleis op dodat dit fyn is. Die maalvleis moet van rooi na bruin verkleur maar nie brand nie. Voeg die sout, peper, appelkooskonfyt, rosyne, ameandelvlokkies en asyn by.Meng goed deur en plaas die deksel op.Prut vir 15 tot 20 minute terwyl elke nou en omgeroer word, sodat dit nie brand nie. Haal die deksel af en maak die vleis mooi gelyk en druk effens vas. Klits die eires en melk saam en giet oor die maalvleis.

 

Bobotie ~ 2

Groep A
20ml fyn gemmer
30ml sagte bruinsuiker
10ml kerriepoeier
15ml borrie
10ml sout
1ml peper
60ml margarien
5 middelslag uie (gekap)

Groep B
2 Snye witbrood, in water geweek
1 kg maer maalvleis
150ml pitlose rosyntjies
60ml blatjang
30ml fyn appelkooskonfyt
30ml asyn
30ml Worcestersous
30ml tamatiepasta

Groep C
375ml melk
2 eiers
Vars suurlemoenblare of lourierblare

Metode

Verhit al die droë bestanddele van groep A in ‘n swaarboomkastrol. Wees versigtig dat dit nie brand nie. Voeg die margarien en uie by en soteer die uie tot sag.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Druk die water uit die brood en roer al die bestanddele van groep B by die uiemengsel. Kook 20 min. oor lae hitte. Skep mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Klits die eiers en melk saam en giet oor die vleis. Druk hier en daar ‘n lourierblaar in die vleismengsel en bak vir 45 min.
Sit warm voor.