KLAPPER EN PIESANG BOBOTIE:

Uit Anna Eksteen se 10 Bestes
Bestanddele 
2 middelslag-uie
1 knoffelhuisie
30 ml sonneblomolie
20 ml matige kerriepoeier
7 ml borrie
1,5 kg maalvleis
1 Granny Smith-appel
60 ml vrugteblatjang
2 ml fyn gerasperde suurlemoenskil                          
1 koppie witbroodkrummels
sap van 1 suurlemoen
12,5 ml sout
2 ml peper                                                                 
250 ml droë wit wyn of bief aftreksel
Bolaag:
50 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml suurlemoensap
3 ryp piesangs                                                           
125 ml klapper
250 ml melk                                                              
2 eiers
Skil en kap die uie en knoffel.  Braai dit in die sonneblomolie in ‘n swaarboompot tot sag. Voeg die kerriepoeier en borrie by en roerbraai dit liggies.  Voeg die maalvleis by, roer dit met ‘n groot vurk los en braai dit stadig.  Rasper die appel grof.  Voeg dit by die vleis mengsel saam met die suurlemoenskil en -sap, vrugteblatjang, broodkrummels, sout en peper.  Sit die deksel op en prut die mengsel 30 minute lank oor lae hitte.  Voeg die wyn of biefaftreksel by en meng goed.  Skep die vleismengsel in ‘n oondvaste bak met ‘n volume van 3 liter  Verdun die appelkooskonfyt met die suurlemoensap en smeer dit oor die vleismengsel. Skil en sny die piesangs in skyfies.  Rangskik die skyfies op die vleismengsel.  Klits die melk en eiers saam en giet dit bo-oor.  Laat die bobotie ‘n rukkie staan sodat die eiermelk kan intrek.   Strooi die klapper bo-oor. Bak die bobotie sowat 45 minute lank by 190 C totdat die eiermelk gestol en goudbruin is. 
Advertisements

Bobotie in die Mikrogolf

Bestanddele
1 ui (geskil & gekap) 
30 ml botter 
7 ml sout 
2 ml borrie 
sap v. 1 suurlemoen 
1 kg gemaalde beesbinneboud 
150 ml sagte broodkrummels 
175 ml blatjang 
100 ml droÎ wit wyn 
50 ml fyn appelkooskonfyt 
100 ml melk 
2 eiers 

Metode
Mikrogolf ui + botter 4 minute oop by 100 % in ronde tertbak. (25 cm deursnee, 6 cm diep) Roer na eerste 2 minute. Roer kerrie, sout, borrie, en sap by. Voeg vleis by en roer liggies met vurk. Bedek en mikrogolf mengsel 5 min. by 100% krag. Roer goed om los te maak. Roer broodkrummels, blatjang en wyn by. Bedek en mikro 10 minute by 70% krag. Laat ‘n rukkie afkoel. Smeer fyn appelkooskonfyt bo-oor. Klits melk en eiers en giet bo-oor. Mikro sowt 25 minute oop by 50% krag tot eiermengsel gestol is. (Mens kan so vinnig dan in die gewone oond naby die rooster (gril) sit om bo-op mooi bruin te bak.) 

LEWER BOBOTIE MET APPEL

Bestanddele
1 dik sny bruinbrood 
500g skaap of beeslewer 
1 ui, fyngekap 
1 groot groen appel, geskil en in blokkies gesny 5 ml borrie 
30ml fyn appelkooskonfyt 
2 ekstra groot eiers, geklits 
2 lourierblare 
125ml melk 
sout en peper 
2 knoffelhuisies, fyngedruk 
15 ml matige kerriepoeier 
30ml blatjang 
30 ml suurlemoensap 
250ml melk 

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit n oondvaste bak van 24x24x5cm met kleefwerende middel. Week die brood in die melk sag en maak fyn. Maak die lewer skoon: Trek die vliese af en sny enige harde senings uit. Indien jy beeslewer gebruik, laat 30 minute lank in lou sout water lÍ. Sny in blokkies en geur met sout en peper. Braai in verhitte olie tot bruin van buite. Skep uit en hou eenkant. Soteer die ui en knoffel tot sag en voeg die appel, kerrie en borrie by en roerbraai nog een minuut lank. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt en suurlemoensap by en meng. Voeg die gebraaide lewer by en meng goed deur. Skep in die voorbereide oondbak. Klits die eiers en melk goed saam en giet bo-oor. Rangskik die lourierblare bo-op. Bak 30-45 minute lank of tot gaar en gestol. Dien dadelik op saam met gestoofde perskes en rys. 

2 Bobotie

Jan van Niekerk se Sondag Bobotie

1 kg Maalvleis
2 Groot uie, fyn gekap
15 ml Sonneblomolie
3 ml Fyn gemmer
5 ml Varsgemaalde knoffel
15 ml Seesout
30 ml Appelkooskonfyt
2 Snye brood
125 ml Water
2 Eiers
75 ml Melk
20 ml Kerrie
10 ml Borrie
5 ml Swartpeper
30 ml Suurlemoensap
15 ml Asyn
125 ml Sultanas in water geweek
6 Lourierblare
Bolaag:
125 ml Melk
1 Ekstr groot eier
5 ml Borrie
Metode:
Verhit die olie in ‘n swaarboompot en braai die ui 5 minute. Voeg die gemmer, knoffel en seesout by en braai 3 minute. Voeg die vleis by en braai 15 minute. Week die brood in die water, klits die eier en melk saam en meng met die brood. Voeg die kerrie, borrie en peper by die maalvleis en roer deur. Voeg die appelkooskonfyt by die brood en melkmengsel en voeg by die maalvleis. Voeg die suurlemoensap en asyn by. Dreineer die sultanas en roer dit by die gereg. Skep alles in ‘n bakskottel. Rol die lourierblare op en druk hulle in die vleis.  Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 25 minute. Klits die eier melk en borrie saam en giet dit oor die gereg. Plaas terug in die oond en bak vir 30 minute. Bedien saam met rys. Lewer 6 porsies.

LEKKA, MAKLIKE BOBOTIE

Dankie vir jou resep Charlene

BESTANDDELE
500g Mince
2 Snye bruin brood geweek in water
1 Gerasperde ui
1 Eier
Sout en peper na smaak – dalk bietjie knoffel, hang af hoe jy voel.
2E Chutney
1E Kerrie
2E Appelkooskonfyt

METODE
Meng alles bogenoemde en gooi in ‘n gesmeerde bak.
Klits 1 eier met ½ koppie melk en gooi oor alles.
Bak vir 40min by 180ºC.

BASAARBOBOTIE

(Ongeveer 50 porsies)

Bestanddele
10 uie, geskil en gekap
sonneblomolie
5 kg maer maelvleis
125 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie
190 ml wit suiker
125 ml wynasyn
625 ml water
625 ml matige vrugteblatjang
190 ml appelkooskonfyt
62,5 ml sout
10 ml peper
3 k sultanas
5 k gerasperde groen appels
3 k gerasperde geelwortels
10 snye volkoringbrood, in melk geweek
10 k melk
suurlemoen/lourierblare
12 eiers

Metode
Braai gekapte ui in olie tot deurskynend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Strooi kerriepoeier en borrie oor die vleismengsel, meng goed en roerbraai ongeveer drie minute lank. Meng die suiker, asyn, water, blatjang, appelkooskonfyt, sout, peper en water en voeg dit by die vleismengsel. Roer goed deur.

Voeg die sultanas, appel en geelwortel en die brood by die vleismengsel, meng goed en laat dit ongeveer 10 minute lank oor matige hitte prut.

Haal die vleismengsel van die stoof af en skep in ‘n groot oondbraaipan of afsonderlike foeliebakkies. Maak die vleismengsel liggies glad met die agterkant van ‘n lepel – moenie die vleis vasdruk nie.

Klits die eiers en melk liggies saam en giet die helfte van die eiermelk oor die vleis. Bak tot die eier gestol het. Giet die orige eiermelk oor die bobotie, druk blare daarin en bak tot goudbruin.

Bobotie ~ 1

 Bestanddele Groep A
20ml fyn gemmer                                                                           
30ml sagte bruinsuiker
10ml kerriepoeier                                                                           
15ml borrie
10ml sout                                                                                           
1ml peper
60ml margarien                                                                
5 middelslag uie (gekap)
Bestanddele Groep B
2 Snye witbrood, in water geweek                                          
1 kg maer maalvleis
150ml pitlose rosyntjies                                                               
60ml blatjang
30ml fyn appelkooskonfyt                                                          
30ml asyn
30ml Worcestersous                                                                      
30ml tamatiepasta
Bestanddele Groep C
375ml melk                                                                                        
2 eiers
Vars suurlemoenblare of lourierblare

 

Metode
Verhit al die droë bestanddele van groep A in ‘n swaarboomkastrol. Wees versigtig dat dit nie brand nie. Voeg die margarien en uie by en soteer die uie tot sag. Voorverhit die oond tot 180 °C. Druk die water uit die brood en roer al die bestanddele van groep B by die uiemengsel. Kook 20 min. oor lae hitte. Skep mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Klits die eiers en melk saam en giet oor die vleis. Druk hier en daar ‘n lourierblaar in die vleismengsel en bak vir 45 min. Sit warm voor.

Vrugte Bobotie

Bestandddele
2 snye bruinbrood                                                                            
200ml melk
2 uie fyn gekap                                                                                  
25ml olie
25ml suurlemoensap                                                                       
8ml kerrie
5ml geuropwekker                                                                           
5ml borrie
2ml peper                                                                                            
500g maalvleis
30ml blatjang                                                                                     
2 eiers
125ml gekapte droë appelkose                                  
1 groen appel (gerasper)
75ml pitlose rosyne

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Week die brood in die melk. Braai die uie in die olie en voeg die suurlemoensap by. Roer die kerriepoeier, borrie geuropwekker en peper by. Druk die melk uit die brood en hou die melk eenkant. Voeg die brood by die uiemengsel. Voeg die vleis, blatjang, eier appelkose, gerasperde appel en rosyne by en kook 20 min. Roer af en toe. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Meng die orige eier en die melk wat uit die brood gedruk is en giet oor die vleismengsel. Bak 30 min.

Angeline se bobotie-stote

RSG

Bestanddele
500g maalvleis of 1 groot blik sardyne
1 vet ui
1 sny brood
1 teelepel kerrie
2 teelepels borrie
12 amandels
‘n Paar lourierblare
Sout en peper
2 teelepels asyn
½ koppie rosyne
1 teelepel suiker
1 – 2 groen gerasperde appels
2 eiers
1 koppie melk

Metode
Week brood in water en druk die water uit. Braai uie in olie. Voeg maalvleis by. Meng kerrie met asyn, suiker, sout, borrie, peper, en voeg by vleis. Laat dit saam prut. Voeg brood en rosyne en gerasperde appel by. Smeer bakpan, gooi beslag in, steek blare in, en druk amandels ook in. Klits eier en melk en voeg bo-oor. Bak by 180 grade vir halfuur tot driekwart uur.

Bobotie (1)

NHSV Springs Suid

Bestanddele Smaakmiddels
30 ml Gemaalde Gemmer
30 ml Sagte Bruin Suiker
15 ml Kerriepoeier
15 ml Borrie
10 ml Sout
2 ml Peper
60 ml Margarien
5 Gekapte Middelslag uie

Bestanddele Vleis
2 snye Witbrood in water geweek
1 kg Maalvleis
150 ml Pitlose Rosyne
60 ml Blatjang
30 ml Fyn Appelkooskonfyt
30 ml Asyn
30 ml Worcestersous
30 ml Tamatiepasta

Bestanddele Bindmiddels
375 ml Melk
2 Eiers
Vars Suurlemoenblare

Metode Smaakmiddels
Plaas al die geurmiddels (behalwe uie en margarien) in swaarboomkastrol. Verhit die geurmiddels. Voeg Margarien by. Voeg uie by en soteer tot sag.

Metode Vleis
Druk ergste water uit die brood. Meng al die ander bestanddele saam met brood. Voeg mengsel by die Uie en kook vir sowat 20 minute. Roer gereeld.

Metode Die laaste Stap
Skep mengsel in gesmeerde bak. Klits melk en eiers saam. Giet oor vleismengsel. Druk suurlemoenblare in. Bak 45 minute in voorverhitte oond by 180 grade C. Sit warm voor.