Boereworspastei

Magda
(Bedien ses)

Bestanddele
500 g gaar boerewors (oorskiet van braai werk goed) in skyfies gesny
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.

Metode
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk. Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig. Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep lepels van die mengsel oor die boerewors . Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor. Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

Advertisements