BOEREWORS EN GROENTE STROGANOFF

Bron: Vrouekeur

Bestanddele
6 porsies
bietjie olie
800 g klein boereworsies
125 g (½ pakkie) spek, in blokkies
2 uie, fyngekap
5 ml
(1 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
500 g (2 x 250 g-pakkies) sampioene, gehalveer
60 ml (4 e) koekmeel
250 ml (1 k) warm beesvleisaftreksel
5 ml (1 t) paprika
1 ml sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) suurroom
125 ml (½ k) gevriesde klein ertjies
150 g (1 pakkie) vars klein mielies

METODE:
Verhit olie en braai boereworsies tot gaar. Verwyder uit braaipan en sny worsies los van mekaar. Laat eenkant tot benodig. Braai spek, uie, knoffel en kruie tot ui sag is. Voeg sampioene by en soteer 4 minute tot sampioene sag is. Sprinkel koekmeel bo-oor bestanddele en roer tot bedek. Voeg beesvleisaftreksel by en roer tot sous glad is. Meng paprika, sout en swartpeper by suurroom en voeg ook by bestanddele in braaipan. Skep boerewors, klein ertjies en klein mielies by. Verhit tot deurwarm. Sit voor soos verkies.

Advertisements

WORSHAPPIES MET DROëBONE & KRUISEMENT

Rika Theron

(6 – 8 porsies)

Bestanddele
450 g boerewors,
15 ml olie,
125 g gemaalde varkvleis,
2 uie, fyngekap,
2 knoffelhuisies, fyngemaak.
100 ml witwyn,
125 ml vleisaftreksel,
sout & peper na smaak,
15 ml gekapte pieterselie,
15 ml gekapte vars kruisement,
500 ml gaar droë bone.

Metode
Plaas wors in warm braaipan en voeg klein hoeveelheid kookwater by. Kook tot wors byna gaar is en vanself begin braai in pansappe. Braai mooi bruin en verwyder uit pan. Voeg olie by pansappe en braai maalvleis, uie en knoffel daarin tot vleis bruin en gaar is. Voeg witwyn, vleisaftreksel, sout, peper, pieterselie, kruisement en bone by. Prut 12 – 15 min. oor lae hitte. Voeg bietjie kookwater by indien dit geneig is om droog te kook. Sny wors in hapgrootte stukkies en voeg by res. Prut tot alles deurwarm is.

RYSSKOTTEL 

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
500 ml rys,
1 liter water,
10 ml sout,
4 appels, geskil, ontpit en in skywe gesny,
75 ml margarien,
25 ml suiker,
500 g wors of weense worsies,
2 uie, in ringe gesny,
100 g spekvleis, gekap, peper,
25 ml grasuie of pieterselie, fyngekap.

Metode
Meng rys, water en sout.  Verhit tot kookpunt.  Roer deur.  Verminder hitte, bedek en prut 15 minute.  Braai intussen die appels in margarien.  Strooi suiker oor en roerbraai tot suiker gesmelt is.  Voeg by rys.  Braai wors, uie en spekvleis in dieselfde pan tot gaar en voeg by rys.  Voeg grasuie by.  Meng en geur.  Bedien dadelik.

Gourmet Boerie Toppings

BY Justin Bonello

Chillidog
Heat the oil, then fry the chopped onion, bacon bits, thyme, cumin and chilli powder until soft and fragrant. Add the crushed garlic, tomato paste and beef mince and fry until the mince is almost cooked. Next, add the canned tomatoes, cocktail tomatoes, stock, vinegar and seasoning and simmer for about 30 and the sauce has reduced.

Caramelised onions
Heat oil and butter in a skillet over medium coals. Add onions, rosemary and leave to soften, then add a splash of red wine vinegar, sugar and mustard and cook it over a low heat until caramelised. Serve spooned on boerewors rolls.

Cranberry, watercress and deep-fried Camembert
The trick to this topping is to serve it while the cheese is still hot so that when you bite into it, it will melt all over the boerewors.
Cut Camembert round into 8 wedges toss in flour, dunk in egg coat with breadcrumbs and deep-fry until golden. Mix the cranberry sauce with lemon and black pepper. Spoon the cranberry sauce over boerewors rolls and top with watercress and deep-fried Camembert.

BOEREWORS AARTAPPELSLAAI:

Anna Eksteen

SLAAISOUS:
30ml wit wynasyn
125ml olyfolie
3ml swartpeper
1 knoffelhuisie fyngedruk
15ml Dijon mosterd
5ml suiker

SLAAI:
1kg baba-aartappels, met skil, gehalveer
15ml olyfolie
1 ui, dun gesny
1 rooi soetrissie, in repe gesny
500g gaar boerewors, in skyfies gesny
1 groot steel seldery, gekap
10 ml vars tiemie, gekap
50ml vars kerwel (chervil) gekap

Metode
Klits alles vir slaaisous saam tot goed gemeng. Kook baba aartappels tot net sag en dreineer. Verhit intussien olie en braai uie en soetrissie tot sag. Voeg worsstukkies en tiemie by en meng deur. Meng liggies met gaar aartappels. Giet slaaisous oor terwyl steeds warm. Meng daarna die kerwel deur. Bedien terwyl nog louwarm.

Ontbyt 6: Boerbrakke

Met vergunning van www.funkymunky.co.za

4 kg Boerewors

20 – 40 ‘Hot dog buns’
Blatjang, tamatiesous
Braai wors op skottelskaar en bedien met blatjang en tamatiesous op broodrolletjies. (Die broodrolletjies kan gevries word tot dit gebruik word – dit ontdooi binne ‘n halfuur.)

Kallie se Prutworskos ~ RSG

BESTANDDELE
1 opgekapte ui
1 opgekapte groen soetrissie
4 geskilde aartappels, in blokkies gesny
500g wors
1 pakkie bruin uiesoppoeier

METODE

Soteer die uie en groenrissie.
Sny die wors in 2 cm stukkies en braai dit saam met die uie tot bruin.
Voeg die aartappels en genoeg water by sodat dit kan gaar kook saam met die worsmengsel.
Sodra die aartappels sag is, meng die soppoeier met water volgens die instruksies op die pakkie, en voeg by die worsmengsel.
Laat dit stadig prut en dik word.
Bedien met slaai.

Boere-breyani

Baie dankie Bernadette

1-2 kg boerewors, in stukke van sowat 3-5 cm gesny
825 g-blik perskeskywe, gedreineer
sout en peper na smaak
2 k rys
½ k bruin lensies
3 groot uie, in ringe gesny
1 groot groen soetrissie, ontpit en gekap
olyfolie
4 e (opgehoop) kerriepoeier (matig of warm)
1 t borrie
1½ k Mrs Ball’s-blatjang
1 k water

Sit die boerewors in ’n oondvaste bak en gooi die perskeskwye bo-oor.
Geur na smaak met sout en peper en gooi dan die rys en lensies oor die wors en perskes.

Braai die uie in ’n bietjie olyfolie tot goudbruin. Roer die soetrissie by.
Voeg die kerriepoeier, borrie, blatjang en water by. Meng goed, verwyder van die hitte en gooi oor die boerewors-mengsel. Maak seker die rys en lensies is bedek met die vloeistof (indien nie, voeg nog water by).

Bedek die bak met foelie en bak vir 45 min. teen 180 °C totdat die boerewors, rys en lensies gaar is. Al die vloeistof moet geabsorbeer wees (indien nie, sit die bak terug in die oond en bak onbedek vir nog 15 min.).
Sit die breyani voor met sambals.

Boerewors-sosaties

RSG

Bestanddele
Boerewors
Ui
Groenrissie
Pynappelstukke
Kersies
Tamaties

Metode
Sny die boerwors in 5cm stukkies. Sny alles behalwe die tamaties in lekker stukke. Steek die spul op sosatiestokkies – boerewors, groente of vruggie, boerewors, groente of vruggie – ens. Braai die spulletjie tot die wors gaar, maar nog sappig is.

Wenk
Dit is makliker om die wors te sny en in te ryg op die stokkies terwyl dit nog gevries is. Vars pynappel is beter as blikkies-pynappel. Laat lê jou sosatiestokkies so bietjie in water voor jy hulle gebruik.