Botterskorsie- Gesondheidsbrood

Rohanja

Bestanddele
125ml sonneblomsaad, gerooster                     
750ml volkoringmeel
5ml koeksoda                                                          
15ml bakpoeier
5ml sout                                                                   
250ml All-Bran-graanvlokkies
250ml gerasperde rou botterskorsie                
45ml heuning
1 ekstra groot eier, geklop
500ml karringmelk
125ml water

Metode
Meng die sonneblomsaad, meel, koeksoda, bakpoeier, sout, graanvlokkies en botterskorsie saam. Klop die heuning, eier, karringmelk en water saam en voeg by die droë bestanddele. Meng goed om ‘n taaierige brooddeeg te vorm. Skep in ‘n groot voorbereide brood pan. Bak in ‘n voorverhitte oond by 180C vir ongeveer 1 uur.

Advertisements

Warm botterskorsie-en-lensieslaai

Bestanddele
500 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
sout en vars gemaalde peper
1 stuk heel kaneel
60 ml (¼ k) olyfolie
250 g droë lensies, gekook (of ’n blik lensies)
1 ui, grof gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
2 selderystingels, in skywe gesny
sap en skil van een klein suurlemoen
60 ml (¼ k) Italiaanse pietersielie, fyn gekap
15 ml (1 e) kruisementblare, fyn gekap
100 g fetakaas, in blokkies gesny

Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n groot oondbak met olie of spuit met kossproei. Plaas die botterskorsie in die bak. Geur met die sout en peper en heel kaneel. Bedruip met die helfte van die olyfolie. Bak 20 minute of tot gaar en goudbruin. Hou eenkant. Dreineer die lensies, spoel dit af en hou dit eenkant. Verhit die res van die olyfolie en braai die ui, knoffel en seldery in ’n pan. Geur met die suurlemoensap en -skil en roer die uiemengsel by die lensies, gevolg deur die pietersielie en kruisementblare. Roer die gaar botterskorsieblokkies versigtig by en skep die slaai op ’n opdienbord.
Sprinkel die fetakaas oor en sit met ’n blareslaai voor.

BOTTERSKORSIE SLAAI:

Anna Eksteen

2 botterskorsies
½ groen soetrissie
1 pynappel
‘n paar slaaiblare

Metode
Skil en rasper die botterskorsies. Maak die pynappel skoon en sny ongeveer ¼ in blokkies . Rasper die orige. Sny die soetrissie in blokkies. Meng die gerasperde botterskorsie en pynappel in ‘n mengbak. Plaas die slaaiblare onder in ‘n plat slaaibak en skep die botterskorsie mengsel daarin. Meng die pynappel en soetrissieblokkies en rangskik bo-op die slaai. Verkoel. Lewer 4-6 porsies.

Marnell se gesonde ge-oliede groente

RSG

Bestanddele
Aartappels, in blokkies gesny
Botterskorsie, in blokkies gesny
Spek, opgesnipper
Olyfolie
Knoffel
Vars kruie
Sout en peper na smaak

Metode
Braai aartappels, botterskorsie en spek in olyfolie. Voeg knoffel en geurmiddels by.
Bak in die oond totdat groente sag is en rooster vir 10 minute.