BIERMARINADE

Bestanddele
175ml bier
100ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
30ml suurlemoensap
30ml suurlemoenskil, gerasper

Metode
Meng alles saam. Marineer vleis vir ten minste ‘n paar uur.

Advertisements
 

PERI-PERI-PLATHOENDERTJIE

Anna Eksteen
Koop ‘n vars plaashoender, sny die rugstring uit en druk die karkas plat met jou oop hand. Plaas oornag in ‘n appelpekelmengsel voordat dit op die braaivuur gaargemaak word.

Bestanddele Hoender
1 groot plaashoender

PEKELMENGSEL:
250ml vars appelsap
500ml koue water
62.5ml growwesout
80ml bruinsuiker
250ml fyn ys

Meng die appelsap, water, sout en suiker in ‘n groot beker. Plaas ysblokkies in ‘n skoon afdroogdoek, bind op en slaan fyn. Meet ‘n koppie vol en gooi by die res van die bestanddele.

BRAAISOUS:
62.5ml olyfolie
200ml peri-peri-bedek-en-kook-sous
1 groot toeritsplastieksak

Metode
Plaas die hoender in die plastieksak. Gooi die pekelmengsel oor en rits toe. Laat staan oornag in die yskas. Klad droog en verf aan albei kante met olyfolie. Braai tot halfgaar en begin dan die hoender met die peri-peri-sous verf. Draai af en toe om tot gaar. Voeg orige olyfolie by sous. Verhit en gooi oor die gaar hoender. Heerlik saam met slaai en pietersielie-aartappeltjies.

 

GEROOSTERDE SNOEK

Anna Eksteen

Bestanddele
1.5kg vars snoek
olie

Bedruipsous
250ml droë witwyn
1ml vars gemaalde swartpeper
100ml fynappelkooskonfyt
3 knoffelhuisies, gekap
20ml vars gekapte pietersielie
12.5ml Worcestersous
12.5ml sojasous
30ml suurlemoensap

Bestanddele
Meng die bestanddele vir die bedruipsous en laat prut vir 1 minuut lank. Smeer ‘n toeklap rooster vooraf met olie, anders sal die vis vassit. Moet nie die vel van die snoek verwyder nie, en plaas die snoek op die rooster. Rooster die snoek 15-20 minute stadig oor matige kole terwyl dit aanhoudend met die bedruipsous bestryk word. Gebruik ‘n kwassie vir die doel.

 

VINNIGE MAKLIKE BYGEREG BY BRAAIVLEIS

Lynette Muller

Bestanddele
Vat 3 tot 4 hamburger buns, sny in helfte oop – le plat in bak sodat gesnyde kante na bo le.
Meng: 1 blikkie room met een pakkie potato of pasta bake (enige geur) meng goed – gooi bo-oor die buns.
Rasper klomp kaas bo-oor en bak in die oond tot gaar en goudbruin.
Jy kan sout en gemaalde swartpeper ook byvoeg en bietjie pietersielie en paprika.                                                 .

 

GEBAKTE BROODROLLETJIES MET ROOMSOUS

Lynette Muller

Bestanddele
Klaar bereide brooddeeg gerys en afgeknie

Bestanddele Sous:
125 g spekvleis gesnipper
1 blik tamatie en uiesmoor
250 ml vars room
swartpeper
vars pietersielie
250 ml cheddarkaas gerasper

Metode.
Voorverhit oond tot 100°. Smeer ‘n plat swartpot of ‘n kasserolbak met botter. Knyp stukke deeg af en vorm in bolletjies. Pak die deegbolle taamlik naby aan mekaar in die bak en laat rys goed uit in die oond. Soteer intussen spek tot gaar, voeg tamatie-en-uiesmoor by en verhit tot kookpunt. Laat prut tot effens afgekook ~ verwyder van hitte, roer room by en geur met sous, peper en pietersielie. Verwyder bak uit oond en verhoog die temperatuur tot 180°. Giet sous oor die deeg en bak 40-50 minute. Sprinkel kaas oor en bak 10 minute. tot goudbruin

 

MOSSELPOT

Anna Eksteen
Hierdie geurige pot is klaar in ‘n japtrap

Bestanddele
60ml olyfolie                                                                 
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 stingeluie fyngesny
1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel )
250ml wit wyn                                                               
2 blikke 410g elk heel tamaties
500ml hoenderaftreksel          
900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke
500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g        
90ml fyngekapte pietersielie
Tabascosous,
sout en peper

Metode
Verhit die olie in ‘n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig. Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is. ( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.) Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper. Sit voor met gebakte brood.

 

BRANDEWYN & COKE T-BONE STEAKS

http://flippenlekkaspices.co.za/retailer-store-locator/

Besstandele
Twee koppies Coke
Halwe koppie brandewyn
Eetlepel Mrs Ball’s-blatjang
Twee eetlepels sojasous
Twee eetlepels goeie asyn
Flippen Lekka Spice na smaak
Goeie gehalte T-Bone Steaks.

Metode
Voeg die Coke en die brandewyn in ‘n pan. Voeg die blatjang by. Kook totdat die hele storie ‘n dunnerige stroop maak. Roer dan die sojasous en asyn by, en kook vir nog vyf minute. Koel af. Bedek die vleis met die sous en los vir 30 minute. Braai nou die steaks op warm kole soos jy of jou gaste hulle wil h . Bedruipê gereeld met die marinade. Geur na smaak met Flippen Lekka Spice. Dieselfde marinade kan ook op skaap- en varktjops gebruik word

 

Bierbrood en sy Boeties

Woumarie

Bestanddele
500 g koekmeel
5 ml sout
340 ml bier
1 pak bruin uiesop

Metode
Voorverhit die oond tot 180º C. Spuit ‘n broodpan met kleefwerende middel. Sif die bruismeel en sout saam. Voeg die bier by en meng goed. Skep in die bereide pan en bak sowat 1 uur lank. Laat afkoel en keer uit.

Variasies:
# Spekvleis-bier-brood:
250 g spekvleis, fyn gekap
1 groen rissie, grof gekap en gesoteer tot sag
1 ui, fyn gekap en gesoteer tot sag

# Mielie-bier-brood:
410 g heel pitmielies, gedreineer
100 g gerasperde kaas

# Knoffel-bier-potbrood:
9 vars gekneusde knoffelhuisies, fyn gedruk
50 ml pietersielie, fyn gekap

Voeg die variasies se bestanddele by die basiese resep en bak soos deur die basiese resep beskryf.

 

 PATAT IN FOELIE

Lynette Muller

Benodig vir elke persoon

Bestanddele
1 middelslag-patat
sout na smaak
1 eetlepel heuning
’n knippie kaneel

MAAK SO:
Spoel die patat af en sit dit in dik foelie. (Moenie die patat afdroog nie.) Strooi ’n knippie sout oor en maak die patat heeltemal toe met die foelie. Sit die patat in warm kole en bak dit vir sowat 10 minute aan elke kant. Steek nou ’n mes of ’n stokkie in die patat. As hy tot diep binne-in sag is, is jou kos gaar. Haal die patat uit die kole en skeur die foelie oop. Druk dit oop, gooi ’n bietjie heuning oor en sprinkel kaneel bo-oor. Eet saam met tjops of vis. Wees versigtig vir die warm stoom wanneer foelie oopgemaak word!

 

TAMATIE LEKKERTE

Woumarie

Bestanddele
4 kg geskilde tamaties
1 kg gekapte uie
3 kop suiker
2 kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur

MENG EN VOEG BY
2 eetl mosterdpoeier
2 eetl Kerrie
2 eetl sout
2 eetl maizena (hoogvol)
2 eetl koekmeel (hoogvol)
1 kop asyn

Opsioneel en Metode
Ek gooi so 1 tl crushed chillies by die daai ekstra Byt !! Kook goed deur.  Skep in bottels. Mens kry 10 botteltjies uit van die mengsel. Gebruik as ‘n braai bygereg, hamburgers, hotdogs, saam met kerrie geregte, sous oor jou gebraaide wors, as sous by jou pap