Sous vir Pap

Bestanddele
3 e Botter
½ k Tamatiesous
¼ k Asyn
½ k Uie
1 e Mosterd
3 e Suiker
1 t Kerrie
½ t Sout

Metode
Braai uie in botter tot ligbruin. Meng al die ander bestanddele en voeg by die uie. Laat stadig kook.

Advertisements

Snoekbraai

Johan Blommetjie

Snoek
Braai snoek met die volgende : see sout, peper, botter en suurlemoensap.

Patat Bykos
Kook patats tot sag en voeg botter en suiker by om soet te maak na smaak. Sny intussen 4 Kessler tjops in klein blokkies en braai in ‘n pan tot goud bruin. Sodra klaar gesny voeg dit by die patats, wat gesny is in blokkies of skywe, en meng. Sit deksel op laat toe dat die gerookte smaak deur die patats trek.
Bedien warm.

Stampmielies
Stoom stampmielies tot amper sag en droog. Sit nou ‘n bietjie botter in en strooi genoeg swart peper in. Sny ‘n blokkie spek in klein blokkies. Roer dit nou in die samp. Gooi nou genoeg water by en kook verder tot sag.

Pap Frikkadelle

Oupa Jan Lombard

Bestanddele Pap
Stywe Pap
‘n Blikkie Heel pit Mielies
30 g Margarien

Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper

Metode Pap
Voeg mielies en botter by pap en meng goed. Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.

Metode Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute.

Wenk
Sterk gerasperde kaas kan oor die frikkadelle gestrooi word net voordat dit gebak word.

Devils Fork Sampioene

Elize van Zyl

Bestanddele
1 Bottel Spur se Bruin Braaisous
1 Pakkie of meer Sampioene

Metode
Sit sampioene in ‘n bak. Gooi Spur sous oor die sampioene. Marineer sampioene ten minste vir 2 dae. Sit sampioene in stokkies en braai oor matige hitte. Terwyl sampioene braai verf van die sous mildelik oor.

Aartappel Pakkies

Bestanddele
4 Groot Aartappels Gesny
1 Uie gesny
¼ k Olyfolie
½ k Skerp gegeurde kaas
1½ k Gekapte pietersielie
2 t Worcestersous
¼ k Hoenderaftreksel
Sout en peper na smaak

Metode
Plaas aartappels en uie in 2 stukke aluminium foelie. Verdeel die ander bestanddele tussen die 2 pakkies. Vou die foelie toe. Plaas op rooster vir 30 tot 40 minute.
Bedien warm.

Wenk
Hierdie is genoeg vir 4 persone. Maak vir elke gas sy eie pakkie.

Hoender braai met lemoen sous

Die Hart stigting van Suid Afrika

Bestanddele
6 Hoenderboudjies met dye in een stuk

Bestanddele – Marinade
250 ml Vars lemoensap
12,5 ml Fyn gerasperde lemoenskil
1 Ui, Gerasper
60 ml Rooi Aalbessiejellie (konfyt)
4 cm Stuk vars gemmer, fyngekap
3 ml Mosterdpoeier
25 ml Worcestersous
Sout en peper na smaak
12,5 ml Mielieblom, gemeng met bietjie water

Metode
Verwyder vel en sigbare vet van die hoender. Verhit lemoensap, skil, uie en aalbessiejellie to jellie gesmelt is. Verwyder van hitte en voeg gemmer, mosterdpoeier, Worcestersous, sout en peper by. Giet oor hoenderporsies en laat oornag in die yskas marineer. Haal uit marinade en braai tot deurgaar oor ‘n stadige vuur. Verhit marinade en verdik met mielieblom mengsel. Bedien oor die hoender.

Vleisbraai Appels

AGS Emmanuel Gemeente

Bestanddele
6 Appels
75 ml Botter
115 g Gekapte Dadels
25 ml Bruinsuiker
5 ml Kaneel

Metode
Ontpit appels sonder om deur te sny of te skil. Meng res van die bestanddele. Stop die appels met die mengsel. Draai appels afsonderlik toe in foelie. Braai 20 min oor kole tot sag.

Wenk
‘n Skeppie roomys saam met die appels behoort goed af te gaan.