Winter Gestoofde Skaap Ribbetjie

Japie

Bestanddele
Skaapribbetjie heel of in stukkies opgesny
Worcestersous
Braaivleisspesery
2 uie
Suurlemoensap
Aartappels
Sout en pepper
Gekerfde groenboontjies
Rooiwyn

Metode
Braai uie in bietjie olie en voeg bietjie suurlemoensap by. Haal uit en braai ribbetjie in eie vet (kan ook suurlemonsap by gooi). Gooi uie terug en gooi aartappels by. Geur met sout en pepper. Voeg ook gekerfde groenbone by en laat hulle lekker met mekaar gesels. Jy kan ook rooiwyn byvoeg as jy wil.

Advertisements

Sardynbredie met krummelpap

Koekoes Vorster

Bestanddele
15 ml (1 e) vinkelsaad
5 ml (1 t) komynsaad
2 kardemompeule
5 ml (1 t) koljandersaad
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
1 blik (410 g) heel kersietamaties
1 blik (400 g) sardyne in tamatiesous
1 blik (400 g) botterbone in tamatiesous
1 blik (400 g) groenbone

krummelpap vir voorsit

Metode
1 Verhit ’n droë pan oor matige hitte en rooster die speserye tot geurig. Verplaas na ’n meul of vysel en maal fyn.
2 Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en soteer die ui tot deurskynend. Roer die knoffel en tamaties in en kook 10 minute of tot effens verdik. Roer die sardyne in en kook 5 minute.
3 Voeg die botterbone en groenbone in en maak deurwarm. Sit voor met pap.

Hope Malau http://huisgenoot.com

BEESSTERTBREDIE MET SJERRIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
90ml koekmeelblom
5 ml sout
15ml paprika
2 kg beesstert, in porsies gesny
50ml braaivet
kookwater
300g sampioene, gekerf
1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
2 groot uie, in ringe gesny
2 vleisaftreksel-blokkies
15 ml kerriepoeier
225ml sjerriewarm, gaar ertjies vir garnering.

Metode
Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meel mengsel eenkant). Verhit braaivet in ‘n swaarboomkastrol. Verbruin beesstert. Voeg genoeg kookwater by om beesstert net-net te bedek Sit deksel op en stowe vir 1 uur oor matige hitte. Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkie en kerriepoeier by. Roer goed deur. Plaas deksel op en stowe vir 3 tot 3½ uur tot beesstert sag is. Roer sjerrie by, plaas deksel op en stowe 15 minute. Maak gladde pasta van die orige meelblom en ‘n bietjie water. Roer by bredie. Kook vir 5 minute. sonder deksel. Geur na smaak. Skep op en garneer met warm, gaar ertjies.

NIERTJIEBREDIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
6 skaapniertjies skoongemaak
10ml sout
1ml peper
25ml margarien
37.5ml ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
25ml tamatiepuree
375ml kookwater
1 vleisekstrakblokkie
25ml mielieblom
1ml tiemie
1ml paprika

Metode
Sny die niertjies in blokkies en sprinkel die sout en peper daaroor. Verhit die smeer en soteer die niertjies, ui en soetrissie daarin. Voeg die tamatiepuree by. Meng die vleisekstrak met die kookwater en voeg dit by die niertjies. Sit die deksel op en laat prut 20 minute lank. Meng die mielieblom met ‘n bietjie koue water en roer dit by die niertjiemengsel. Roer totdat die sous verdik. Voeg die tiemie en paprika by en laat prut nog vir 5 minute.
Lewer 4 porsies.

WILDSVLEIS oftewel GEMAALDE VLEIS BREDIE MET GEBAKTE PERE EN SKORSIES

Resep en foto:  Skeerpoort Skillie

Ingestuur deur Peet Mulder

Bestanddele
750 g Wildsvleis gemaal of Beesmaalvleis
2 x groot uie een opgesny die ander een fyn gerasper
100gr blok spekvleis in klein blokkies gesny
250gr ontvriesde  ertjies, hou eenkant moenie kook nie
2 wortels, in klein blokkies  gesny
3 blokkies biefekstrak in warm water opgelos
2 groot aartappels, in blokkies gesny
4 x tamaties geskil en opgekerf
1 koppie water
Olie
sout en peper na smaak
60ml gemaalde koljander
Knypie gemaalde naeltjies
40ml neutmuskaat
Knypie rooipeper
Mengsel van mielieblom, bruin uiesop, room van tamatiesop, room van sampioensop en bisto
2 X kwepers in kwarte gesny stronk en pitte verwyder
Suurlemoensap
Bruinsuiker
Botter
1 x koppie Gaargemaakte stampmielies of rys (hier het ek rys gebruik)
Skorsies in die helfte gesny en pitte verwyder

Metode vir die vleis

  • Braai die gekerfde ui in die olie tot goudbruin.
  • Met jou hande werk die spek, vleis en droë bestanddele goed deur asook die gerasperde ui
  • Braai die maalvleis mengsel tot amper gaar roer nou die gekerfde tamaties by
  • Voeg die koppie water en groente by behalwe die ertjies
  • Laat dit vir 20 minute prut tot dit sag is.
  • Voeg die ekstrak by en prut vir nog 10 minute.
  • Ek voeg nou ‘n mengsel van mielieblom, bruinuiesop, room van tamatiesop, room van sampioenesop en bisto by
  • Prut tot sous verdik
  • Verwyder van hitte en roer nou die ertjies by
  • Bedien op die stampmielies./rys

Metode vir die kwepers

Voorverhit oond tot 200ᵒc

  • Sprinkel die kwepers dadelik met suurlemoensap
  • Smeer nou die kwepers met die botter
  • Sit die kwepers in ‘n oondvaste skottel.
  • Plaas die oondskottel in ‘n bak met water
  • Sprinkel nou die bruinsuiker oor die kwepers
  • Bak in die oond tot sag en gaar
  • Maak intussen die skorsies gaar (ek verkies om dit te stoom)
  • Plaas bietjie botter in die skorsie en sprinkle bruinsuiker oor

OPDIENING;

  • In die middle van die bord skep die stampmielies/rys
  • Skep nou die vleismengsel bo-op
  • Rangskik nou die kwepers en skorsies weerskante

 

Kool Bredie

Bestanddele

stewing beef
halwe kool
ui
greenpepper
beef stock blokkie
1 groot patat
3 wortels
4 aartappels
5ml Bisto
10ml mielieblom
5ml sout
5ml swart peper
Braaivleis speserye
garlic en herb speserye
Worctershiresous

Metode

Braai ui en greenpepper in kookolie en gooi bietjies, bietjies water by om ui mooi bruin te maak.
Voeg vleis by en spice.

Gooi in 50ml Worctershiresous oor vleis

Los stock blokkie op in 250ml warm water en voeg by.

Kook vleis vir n uur.
Sny Kool fyn.

Sny geskilde aartappels in kwarte.

Skil wortels en sny in ringe.

Voeg groente na die uur by en kook vir nog n half uur.

Los die Bisto en mielieblom op in 125ml koue water en voeg by.

Laat prut vir 10min sonder deksel.

 

 

 

Source: http://boerekosmetlorraine.blogspot.co.za

VLAAMSE BEESVLEISBREDIE (4 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
20 ml olie,
sout en peper,
2 uie in skywe gesny en in ringe getrek,
500 g beesvleis in blokkies gesny,
2 wortels in skywe gesny,
1 lourierblaar,
5 ml gemengde kruie,
15 ml mosterd,
1 sny brood,
korsies verwyder.

Metode
Verhit olie in ‘n kastrol, voeg uie en vleis by en braai tot vleis bruin is.  Geur goed met sout en peper.  Voeg wortels, lourierblaar en kruie by en genoeg water om dit te bedek.  Bedek en prut tot vleis sag is.  Smeer mosterd aan albei kante van die brood en plaas op bredie. Stowe vir  nog sowat 5 minute.  Roer brood deeglik by bredie in.

BEETBLAARBREDIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
1.5-2kg beesskenkel
sout & peper
10ml fyn koljander
olie
3 uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, fyngedruk
1 groen of rooi soetrissie, in ringe gesny
250ml warm water
6 aartappels, in dik skywe gesny
5 wortels, skoon gesny
1 bossie beet se blare in stukke gesny

Metode
Sny die vliese van die vleis plek – plek in sodat die vleis nie omkrul tydens die gaarmaakproses nie. Geur die vleis na smaak met sout, peper en koljander. Giet ‘n bietjie olie in ‘n diep kastrol of drukkoker en braai die vleis bietjie vir bietjie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Soteer die uie, knoffel en soetrissie in die olie tot sag. Voeg die vleis, asook die warm water by, bedek, verlaag hitte en prut vir nog sowat 25 minute of totdat die vleis so te sê sag is. Voeg die groente by en prut totdat die groente sag is. Voeg nog water by indien nodig. Geur met sout en peper.

BEESVLEISBREDIE MET APPELKOSE:

Anna Eksteen

Bestanddele
12,5 ml braaivet
1 kg bees-dikrib, in blokkies gesny
1 klein ui, gekap
1 knoffelhuise, gekneus
5 ml fyn gemmer
5 ml sout
1 x 440 g- blik ingemaakte appelkooshelftes
1 vleisaftreksel-blokkie
40 g bruin suiker (50 ml)
12,5 ml melasse
25 ml mielieblom
50 ml asyn
2 piesangs, in skyfies gesny (opsioneel)
25 ml heuning (opsioneel)
40 g klapper, gerooster (125 ml, opsioneel).

Metode
Verhit braaivet in swaarboomkastrol. Voeg vleis by en verbruin. Voeg uie, knoffel, gemmer en sout by. Dreineer appelkooshelftes en behou stroop. Hou appelkooshelftes eenkant en vul stroop met water aan tot 350 ml. Voeg derde van stroopmengsel by vleis en verhit tot kookpunt. Plaas deksel op en stowe vir 2 tot 2½ uur. (Voeg aftreksel by indien dit droog kook.) Verhit res van stroopmengsel in kastrol tot kookpunt. Los vleisaftreksel-blokkie daarin op. Roer suiker en melasse by. Maak mielieblom met asyn aan tot gladde pasta en roer by stroopmengsel oor lae hitte tot verdik. Voeg appelkooshelftes by vleis en prut 10 tot 15 min. Roer sous by mengsel en kook. Skep op. Rangskik piesangskyfies op appelkoosbredie en giet heuning oor. Strooi klapper oor alles. Plaas in oond tot deurwarm.

Suikermieliebredie

Bestanddele
25ml olie
1 ui, fyn gekap
500g maalvleis
5ml sout
2ml peper
1 vleisekstrakblokkie
225ml kookwater
2 aartappels, geskil en in blokkies
410g (1 blik) roomsoort suikermielies geroosterde tamatieskywe 

Metode
Verhit die olie in n swaarboomkastrol. Soteer die ui in die olie totdat dit ligbruin en deurskynened is. Voeg die maalvleis by en verbruin dit. Roer dit gereeld om sodat dit nie brand nie. Geur met sout en peper. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater en voeg dit saam met die aartappel blokkies en suikermielies by die vleis. Plaas die deksel op en stowe dit 20-25 minute lank oor lae hitte. Roer af en toe om. Skep die bredie uit in n warm opskepskottel. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe. Bedien warm.