SKILLIE SE OONDGEBRAAIDE BORSSTUK OF DIKRIB

1 ½ KILO DIKRIB OF BORSSTUK BEESVLEIS (BRISKET) IN SKYWE GESNY
1 X UI FYNGEKERF
1 X PAKKIE BRUIN UIE SOP
SOUT EN PEPER NA SMAAK
BIETJIE KNOFFELPOEIER
ALUMINIUM FOELIE
BIETJIE KOOKOLIE
WORCERSTERSOUS

1)    VOORVERHIT OOND TOT 180ᵒC
2)    PAK DIE FOELIE ONDER IN DIE OONDSKOTTEL MET DEKSEL
3)    SPRINKEL BIETJIE KOOKOLIE IN
4)    SPRINKEL NOU BIETJIE BRUIN UIE SOP OOR
5)    GOOI BIETJIE VAN DIE GEKERFDE UI IN
6)    SPRINKEL BIETJIE WORCESTERSOUS IN
7)    PAK DIE VLEIS LANGS MEKAAR IN DIE OONDSKOTTEL BO-OP DIE MENGSEL
8)    HERHAAL DIE PROSES EN SPRINKEL NOU DIE KNOFFELPOEIER OOR
9)    VERSEëL DIE VLEIS MET DIE FOELIE
10)    PLAAS DEKSEL OP
11)    PLAAS IN OOND EN BAK VIR ONGEVEER 2 URE IN DIE OOND
12)    VERWYDER DIE FOELIE BAK VIR SO 20 MINUTE TOT VLEIS LEKKER BRUIN IS
13)    BEDIEN SAAM MET BOONSTE RESEP EN BASMATIESE RYS

Met vergunning van Peet Mulder

Advertisements
 

Oondgebraaide Brisket

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
1,5 kg Brisket

SOUS
1 Groot ui, fyn
2 Knoffel, gekap
62,5 Olie
250 ml Tamatiesous
62,5 ml Worcestersous
62,5 ml Soyasous.
62,5 ml Witasyn of suurlemoensap
125 ml Water
25 ml Heuning
5 ml Mosterdsous
5 ml Sout
5 ml Mosterdpoeier

Metode:
Verhit oond 150 C.
Plaas vleis in gesmeerde oondpan.
Braai ui en knoffel vir 3 min. in olie
Voeg al die sous bestandele by en prut 10-15 minute.
Giet sous oor vleis.
Bedek en bak 2- 2 1/2 uur. Bedruip gereeld met die sous.
Verwyder die deksel of foelie die laaste 30 minute.
Skep vleis uit en roer bietjie kookwater by die sous indien dit te dik is
LEKKER RESEPTE VIR JAGTERS EN BOERE