Nuala’s Broccoli Salad

Broccoli, peel stems & chop, wash & lightly steam for ONLY a couple of minutes (Not until cooked, just a little less raw)

Add:
1 Cup of Nola Mayonnaise
1 Cup of Plain Yoghurt
1 Cup of Grated Cheese
1 Cup of Sunflower seeds
1 Teaspoon of White Sugar
2 Teaspoons of White Vinegar
2 Teaspoons of Dijon Mustard
1 Bunch of Spring Onions
1 Pack of Bacon diced and fried until crisp.

Advertisements

Gesonde Bygereg

SLAAISOUS
½ koppie karringmelk
½ suurlemoen se skil en sap
2 knoffelhuisies, fyngedruk en fyngekap
1 rooi brandrissie, gekap

SLAAI
2 snye goeie brood (soos ciabatta), gekrummel
2 pakkies (200 g) langsteel-broccoli, of 3 koppies broccoli-blommetjies
8 olywe, ontpit en middeldeur gesny
20 amandels, gerooster

Só maak jy
Maak die slaaisous. Meng die karringmelk, suurlemoensap en -skil, knoffel en rissie saam. (Jy kan ook ’n voedselverwerker gebruik.) Sit dit eenkant. Smelt ’n klontjie botter in ’n pan en braai die broodkrummels daarin tot goudbruin. Stoom of kook die broccoli vir 5 minute. Skep die broccoli in ’n bak en drup die sous oor. Sprinkel dan die olywe, neute en broodkrummels bo-oor.

Kobie se broccoli- en ansjovis pasta ~ RSG

Bestanddele
500 g pak penne- of tagliatelle pasta of selfs spaghetti
1 koppie broccoli (blommetjies en steeltjies gesny) – druk styf in koppie sodat dit nie te min is nie
2 vet huisies knoffel in twee of drie repies gesny
½ koppie olyfolie
3 ansjovisfilette – as dit klein is kan jy 5 gebruik
1 klein heel brandrissie

Metode
Kook die pasta en broccoli saam in soutwater. Verhit die olyfolie en gooi die knoffel, rissie en ansjovis by en verhit (terwyl jou pasta kook). Wanneer pasta gaar is – dreineer. Verwyder die knoffel en rissie uit die olie en meng die olyfolie en ansjovis saam met die pasta. Die ansjovis disintegreer in die olie en die broccoli kook ook taamlik fyn, maar hierdie twee bestanddele komplimenteer mekaar en dit is eintlik baie lekker. Bedien met parmesaan kaas.