BROOD-EN-EIERGEREG

Rika Theron

Bestanddele
6 snye brood, met botter gesmeer,
6 eiers, tamaties,
sout,
gerasperde kaas,
ontbytspek,
peper,
melk.

Metode
Pak ‘n laag brood in gesmeerde bak.  Sny ‘n paar skywe tamatie bo-oor, sprinkel sout, peper en ‘n laag kaas oor.  Pak nog ‘n laag brood en tamatie, plaas ‘n paar repies spek bo-op en strooi ‘n dik laag kaas oor.  Klits eiers en melk goed met sout en peper en gooi bo-oor.  Bak in matige oond tot eiers gaar is.

Advertisements

Brood en Kaasgereg

Annetjie Cilliers

Bestanddele
8 snye brood
50ml botter of margarien
40ml Marmite
4 eiers
500ml melk
5ml sout
1ml peper
5ml mosterdpoeier
knippie rooipeper
2 tamaties, in skywe gesny
1 groen soetrissie, in ringe gesny
50ml gerasperde kaas

Metode
Stel die oond op 180C. Smeer die brood met die smeer en die Marmite. Sny die brood in blokkies. Klits die eiers, melk, sout, peper, mosterdpoeier en rooipeper saam. Smeer ‘n oondskottel met ‘n inhoudsmaat van 1.5liter. Rangskik die helfte van die brood blokkies op die bodem. Plaas die helfte van die tamatie en soetrissie op die brood. Strooi die helfte van die kaas bo-oor. Herhaal die lae. Gooi die melkmengsel bo-oor en laat week 20 minute lank. Bak vir 30 minute lank in die vooraf verhitte oond.