Polenta Broodjie

Rohanja

Bestanddele
500ml polenta
250ml koekmeelblom
2.5ml sout
5ml bakpoeier
2 eiers, geklits
125g botter, gesmelt
50ml heuning
250ml karringmelk
papawersaad om oor te sprinkel

Metode
Voorverhit die oond tot 200C. Voer ‘n brood pan uit met papier en smeer. Meng die droë bestanddele. Voeg eiers, botter, heuning en karringmelk by en roer tot net gemeng. Skep in brood pan en sprinkel papawersaad oor. Bak vir 35 minute. Keer uit en laat afkoel.

Advertisements

Gou-kou-maalvleisbroodjie

Bestanddele
6 snye brood, elk sowat 2cm dik & korsies verwyder
Olie
3 uie, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
3ml kerriepoeier,
250g maalvleis
3 tamaties, ontvel & grof gekap
15ml suurlemoensap
Sout & peper na smaak

Metode
Druk ʼn sirkel, sowat 5cm in deursnee, met ʼn koekiedrukker uit elke sny brood. Braai die brood in ʼn bietjie olie tot goudbruin of rooster in oond. Soteer uie & knoffel in ʼn bietjie olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by & roer ongeveer 1 minuut lank. Voeg die tamaties by & prut tot tamaties sag is. Geur met suurlemoensap, sout & peper na smaak. Rangskik die brood op ʼn opdienbord & skep van maalvleis in elke opening. Dien op met slaai.

Gou kou maalvleisbroodjie

Bestanddele
6 snye brood, elk sowat 2cm dik & korsies verwyder
Olie                                                                                                   
3 uie, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk                                                            
3ml kerriepoeier,
250g maalvleis                                                                    
3 tamaties, ontvel en grof gekap
15ml suurlemoensap                                                                       
Sout en peper na smaak

Metode
Druk ʼn sirkel, sowat 5cm in deursnee, met ʼn koekiedrukker uit elke sny brood. Braai die brood in ʼn bietjie olie tot goudbruin of rooster in oond. Soteer uie & knoffel in ʼn bietjie olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by & roer ongeveer 1 minuut lank. Voeg die tamaties by & prut tot tamaties sag is. Geur met suurlemoensap, sout & peper na smaak. Rangskik die brood op ʼn opdienbord & skep van maalvleis in elke opening. Dien op met slaai.

Oop roosterbroodjies

Bestanddele en Metode
Suikermielies & Spekvleis. Kap 4 repe spek fyn & braai tot bros. Rooster 4 snye brood aan die een kant. Draai brood om & skep 65ml roomsuikermielies oor elk. Plaas ʼn kwart van die spekvleis op elk & plaas in die oond teen 180ºC of tot mielies deurwarm is.

Broodjie vol vleis

Annetjie Cilliers

Bestanddele
1 ronde witbrood
60ml margarien(gesmelt)
250g uie(fyn gekap)
25 ml kookolie
500g gemaalde beesvleis
10 ml paprika
200 ml tamatiepuree
15 ml Worcestersous
5ml sout 5 ml suiker
knypie peper

Metode
Sny die boonste kors van die brood af vir ‘n deksel. Hol brood versigtig uit tot 1cm van die onderste kors af. Krummel 200ml van die uitgehaalde binneste. Verf brood binne met die helfte van die margarien. Soteer uie in kookolie tot sag. Voeg maalvleis en paprika by en braai vir 5 minute. Voeg broodkrummels, tamatiepuree, Worcestersous sout, suiker en peper by en meng goed. Skep in uitgeholde brood en sit brood deksel op. Plaas brood op ‘n groot stuk aluminiumfoelie en verf dit buite om met die res van die margarien. Draai brood in foelie toe en bak dit 1 ½ tot 2 ure by 200C.
Bak die brood die laaste 15 minute met die aluminium oopgevou. Lewer 4-6 porsies.