Braai broodtjie

Bestandele

1 heel brood
Tamatie
Uie
Bacon
Knoffel
125ml room
Mushrooms
Kaas

Sny die brood se kop af
Sny in die helfte en dan in skywe sonder om deur te sny
Braai uie, bacon, mushrooms, tamatie, uie en knoffel (en speserye na smaak). Voeg room by en roer tot lekker dik.
Gooi mengsel oor die brood. Bedek met kaas en bak vir ’n paar minute in die oond.

Advertisements

VRUGTEBROODJIE

 

 

500 g pitlose rosyne                                                                 
3 e botter
375 ml suiker                                                                              
22,5 ml gouestroop
10 ml koeksoda                                                                         
310 ml kookwater
2 eiers, geklits                                                                            
3 k koekmeel/volkoringmeel
5 ml bakpoeier                                                                           
2,5 ml sout
125 ml gekapte okkerneute  en/of gekapte versuikerde skil
Verhit oond tot 180ºC.  Smeer 2 pannetjies en voer uit met papier.  Plaas rosyne, botter, suiker en stroop in mengbak.  Strooi koeksoda oor en giet kookwater bo-oor.  Roer tot botter gesmelt is en laat afkoel.  Roer geklitste eiers by.  Sif droë bestanddele saam en vou in.  Voeg neute/skil by en meng goed.  Skep mengsel in pannetjies en bak 1 uur lank.
‘N DEEL VAN ROSYNE KAN DEUR SULTANAS, KORENTE EN DADELS VERVANG WORD.

Rooibostee Vrugteboordjie

Bestanddele
2 k Sterk Warm Rooibostee
500 g Bruismeel
500 g Droë vrugte Koekmengsel
1 k Bruinsuiker
1 Eier
½ t Gemengde Speserye

Metode
Los bruinsuiker in tee op. Week vrugte oornag in rooibostee. Klits eier goed en meng met vrugtemengsel. Voeg ander bestanddele by en meng goed. verdeel mengsel in 2 pannetjies. Bak teen 180ºC vir 1 uur.

Wenk
Ek dink nie dat ‘n klein bietjie brandewyn wat oor die broodjies gesprinkel word skade sal aanrig nie.