BRUIN BESKUIT

(WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK)

Bestanddele
500gr bak margarien
2 koppies suiker
1kg Bruismeel
5 koppies semels
‘n groot handvol gemengde sade en neute
‘n groot handvol rosyntjies
2 koppies karringmelk
75ml olie

METODE:
Smelt botter en suiker saam in n glasbak. Ek smelt vir 7 minute in mikrogolf en roer na so 3 minute. Mikrogolf verder vir 4 min tot suiker gesmelt is. Gooi olie, karringmelk, sade, rosyntjies en semels in en roer. Gooi bruismeel in – meng goed en bak vir 35 minute op 180*C.

Advertisements

Bruin Beskuit

Bestanddele
1,5kg Nutty Wheat
500g semels
500g koekmeelblom
1kg bruinsuiker
30ml kremetart
30ml bakpoeier
15ml sout
1kg margarien
30ml koeksoda
1,5 liter karringmelk
2 eiers
250g rosyne

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer drie broodpanne. Hou die koeksoda eenkant en vryf die margarien in die res van die droë bestanddele en meng goed deur. Verdeel die deeg tussen die panne. Bak die beskuit vir 90 min.