Skaap / Hoender Pot

Martie van Aswegen

Bestanddele Pot
2 kg Gemengde skaapvleis of hoender
2 Groot uie fyngekap
20 Klein aartappels geskil
10 baba wortels
3 Medium Patats geskil en gesny
Sout na smaak

Bestanddele Sous
500 ml Warm water
2 Bees Sous Blokkies
250 ml Droë Rooi Wyn
50 ml Blatjang
50 ml Tamatiesous
50 ml Worcestersous
30 ml Mielieblom
30 ml Oxtail Sop Poeier
25 ml Soja sous
10 ml Knoffel
1 ml Naeltjies

Metode
Smelt margarien of maak olie warm in pot. Verbruin die vleis. Haal vleis uit en hou eenkant. Braai die uie tot sag. Haal uie uit. Plaas vleis terug in pot. Plaas uie bo die vleis. Los die OXO blokkies op in warm water. Meng al die ander bestanddele vir die sous met die OXO mengsel. Gooi sous oor die vleis. Plaas aartappels, wortels en patats in lae bo die vleis. Prut vir 2½ ure.

Advertisements

Kaas pap

Oom Koetie

Bestanddele
500 ml Water
500 ml Melk
500 ml Mieliemeel
30 ml Margarien
5 ml Sout
2 Eiers
500 ml Cheddar Kaas
1 Blik mieliepitte

Metode
Meng die water, melk en meel in ‘n diep 2l bak. Voeg margarien en sout by. Bedek en mikrogolf teen 100% krag vir 15 minute. Roer elke 5 minute met vurk. Rasper die kaas. Klop die eiers liggies. Klop ‘n bietjie van die warm pap by die eiers. Klop die pap/ eiermengsel vinnig by die res van die pap. Roer kaas en mieliepitte by. Bedek en mikrogolf by 50% krag vir 20 minute. Roer die pap goed na die eerste 10 minute. Laat die pap ‘n paar minute staan. Sit warm voor.

Wenk
Hierdie pap is heerlik saam met braaivleis.