PIESANG BOBOTIE MET SOUTVLEIS

www.flippenlekkerspice.co.za
1 Gekapte ui
Halwe gekapte soetrissie
2 teelepels kerriepoeier
2 teelepels Flippen Lekka Spice
opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt
eetlepel asyn
1 Blik soutvleis (boelie bief)
2 piesangs in skyfies gesny
1 eier
kwart koppie melk.

Metode
Braai ui en soetrissie in olie tot dit begin verkleur. Voeg kerriepoeier en Flippen Lekka Spice by en braai vir 1 minuut. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe melk en eier en roer liggies deur. Plaas in oondvaste bak. Klits eier en melk saam en giet bo-oor. Prik met vurk dat vloeistof effens kan intrek. Bak vir 30 min teen 180 .°C

 

Advertisements

EENBAKETE MET SOUTBEESVLEIS: [maak hom in jou potjie]

Bestanddele
Bietjie olie
2 Uie Gekap
½ Pakkie Spek, gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
½ Teel Gedroogde pietersielie
1 Rooi Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 Blik Sout beesvleis, fyn gemaak
1 Blik Geroomde sampioene
1 Blik Sampioene in skyfies gesny
2 Teel Bruinsuiker
1 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
1 Teel Worcestersous
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
1 Koppie Water
3 Koppie Amper gaar rys
1 Koppie Cheddarkaas, gerasper

Metode
Stel oond op 180C. Soteer uie, spek en knoffel oor lae hitte tot sag.
Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog ‘n bietjie.
Voeg die sout vleis en al die sampioene by.
Meng suiker, kerrie, blatjang, worcestersous, sout en peper met water en roer goed deur.
Voeg by vleismengsel in kastrol en prut oor lae hitte vir 5 minute.
Skep rys in ‘n groot genoeg gesmeerde oondbak.
Skep vleismengsel bo-op en sprinkel kaas oor.
Bak vir 30 minute of tot alle vloeistof geabsorbeer is.

SOUTVLEISPASTEI  (4 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
410 g blik soutvleis,
25 ml olie,
2 uie, fyngekap,
gemengde groente,
410 g blik boontjies in tamatiesous,
200 g Smash.

Metode
Verhit oond (200*C).  Sny soutvleis in blokkies.  Soteer ui in warm olie vir 3 – 4 minute tot sag.  Voeg soutvleis by en kook 1 – 2 minute.  Roer boontjies by vir 5 minute.  Skep in bak.  Maak kitsaartappels aan soos aangedui.  Smeer oor vleis en pluis uit met ‘n vurk.  Bak 20 – 30 minute tot bros en goudbruin.  Sit warm voor met gemengde groente.

MACARONI EN KAAS EN BOELIEBIEF GEBAK:

Anna Eksteen

Bestanddele
500 g macaroni (1 pak)
2 groot uie, geskil en gekap
3 eetlepels hoogvol koekmeel
2 koppies melk
2 groot tamaties, geskil/en gekap
4 eetlepels sterk blatjang
2 teelepels gemengde, groen droë kruie
300-g-blik soutbeesvleis, losgebreek
2 eetlepels vars pietersielie, gekap
sout en peper na smaak
1 koppie gerasperde cheddarkaas

Metode
Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter tot gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in ‘n oondvaste bak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Die resep lewer sowat ses tot agt porsies.

Pasta en Boeliebief

Dankie vir jou Resep Mitzi

Resep wat ek by my dogter gekry het. Vinnig en lekkerder as wat dit klink.

Ek het sommer net halwe pak noedels gebruik en gaargemaak. Uit fyngekap en in bietjie olyfolie gebraai. Blik boelie beef daaby fyngemaak en ook blik roommielies. Pasta gedreineer en in bak, vleismensel bo-oor met bietjie geraperde kaas oor en in oond vir 15 min teen 180 grade Celcius.

Vinnig en maklik

BOELIEBIEF-KOEKIES

Anna Eksteen

Bestanddele
15ml margarien
1 klein ui (fyn gekap)
300g (1blik) soutvleis
250ml kapokaartappels
1ml vars gemaalde swartpeper
10ml vars pietersielie (fyn gekap)
1 eiergeel
3 spekvleisrepies(swoerd verwyder,engehalveer)
geroosterde tamatieskywe vir garnering

Metode
Verhit die oond tot 180C. Verhit die margarien in ‘n swaarboombraaipan. Voeg die ui by en soteer dit totdat dit ligbruin is. Skep dit met ‘n gaatjieslepel uit en hou dit eenkant. Maak die soutvleis fyn en meng dit met die ui, kapokaartappels, vars gemaalde swartpeper, pietersielie en die eier- geel. Meng dit goed. Verdeel die mengsel in 6 en vorm elke deel in ‘n vleiskoekie – werk op ‘n meelbestrooide oppervlak. Draai ‘n speköleisrepie om elke vleiskoekie en plaas die koekies in ‘n gesmeerde oondskottel. Bak dit ongeveer 25- 30 minute lank op die middelste oondrak. Draai dit na 15 minute om sodat die spekvleis aan die ander kant ook bros en bruin kan bak. Skep die vleiskoekies op ‘n dienbord en garneer dit met geroosterde tamatieskywe.

Blikpotjie

Met vergunning van www.funkymunky.co.za

1 x groot blik ingelegde iets.
Sny blik oop, maar nie heeltemal nie, sodat die deksel weer kan terugvou as bedekking wanneer kos op vuur gesit word.
Gooi inhoud uit en hou of eet soos verkies.
Plaas in leë blik:
1/3 koppie rys.
1 koppie water
1/2 fyngesnyde ui.
1 klein aartappel, in blokkies gesny ( opsioneel)
1/2 koppie gekerfde groente ( wortels) ( opsioneel)
sout.
100 gram maalvleis/ bully beef ( fyn opgesny)
Plaas blik op vuur en kook totdat rys gaar is.

 

Voeg water by indien nodig.  Roer indien nodig.  1 Groot maaltyd vir 1 – 2 mense. – Annette