SOUSBOONTJIES:

Anna Eksteen

Bestanddele
500 ml gaar, gespikkelde bone
125 g spekvleis, fyngesnipper
1 ui, gekap
50 ml bruin suiker
15 ml mosterdpoeier
5 ml sout
2 ml swartpeper
30 ml wynasyn
200 ml water of bone-aftreksel

Metode
Meng al die bestanddele saam en plaas in ‘n vuurvaste oondskottel. Bak dit vir 1 uur in ‘n voorverhitte oond by 180C.

Advertisements
 

AARTAPPELS IN FRANSE SLAAISOUS

Okkie Jaansen van Vuure

Bestanddele Aartappels
500g middelslag aartappels, geskil

Bestanddele Franse Slaaisous
90ml olyf of sonneblomolie
45ml wit asyn
2.5ml aangemaakte mosterd
25ml heuning
2.5ml gemengde kruie
1 knoffelhuisie, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metde
Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Laat effens afkoel en sny in skywe. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Gooi slaaisous oor warm aartappels en laat dan heeltemal afkoel. Bedien 4 porsies.

Wenk
Hierdie resep werk ook baie goed met klein aartappeltjies

 

Koue Heel Mielieslaai: (Ideaal Vir Braai)

Koekoes Vorster

Bestanddele
Jong Vars Heel Geelmielies (1 Of 2 Per Persoon)
1 Bottel Franse Slaaisous

Metode
Kook Mielies Vir 15 Min (Afhangende Van Grootte )
Sny Mieliestronke In 4 – 5 Cm Stukke
Sit In Marineerbak Saam Met Slaaisous En Draai Af En Toe Om.
Geniet Saam Met Braaivleis Op ‘N Warm Dag.

 

Gesonde Bygereg

SLAAISOUS
½ koppie karringmelk
½ suurlemoen se skil en sap
2 knoffelhuisies, fyngedruk en fyngekap
1 rooi brandrissie, gekap

SLAAI
2 snye goeie brood (soos ciabatta), gekrummel
2 pakkies (200 g) langsteel-broccoli, of 3 koppies broccoli-blommetjies
8 olywe, ontpit en middeldeur gesny
20 amandels, gerooster

Só maak jy
Maak die slaaisous. Meng die karringmelk, suurlemoensap en -skil, knoffel en rissie saam. (Jy kan ook ’n voedselverwerker gebruik.) Sit dit eenkant. Smelt ’n klontjie botter in ’n pan en braai die broodkrummels daarin tot goudbruin. Stoom of kook die broccoli vir 5 minute. Skep die broccoli in ’n bak en drup die sous oor. Sprinkel dan die olywe, neute en broodkrummels bo-oor.

 

Groenboontjiegereg by Braaivleis

Met vergunning www.funkymunky.co.za

Besatnddele
‘n Pakkie Groenbone (dun tipe)
4 – 6 huisies knoffel, fyn gesny of gerasper
1 middelslag ui, fyngekap
sout en peper na smaak
3 teelepels bruin asyn
3 teelepels olie
½ pakkie spek, fyngekap en bros gebraai
Amandelvlokkies, opsioneel vir garnering

Metode
Kook die boontjies ongeveer 15 minute tot NET sag. Spoel af met koue water en dreineer baie goed. Meng die olie, asyn, sout en peper met die knoffel en uie. Gooi oor die boontjies in ‘n mooi plat glasbak. Roer die brosgebraaide spek deur die bone en sprinkel amandelvlokkies (of enige ander neute) bo-oor vir garnering. Laat staan oornag in yskas en bedien volgende dag. Heerlik.