Aartappeltert – Warm

Magda

Bestanddele
4 groot gaar aartappels
1 koppie fyn spinasie
1/2 koppie gakapte sampioene
2 eiers
1/2 koppie melk
1/2 koppie room
vars pietersielie, gekap
Sout en peper na smaak
2 eetlepels parmesaankaas (opsioneel)
1 koppie gerasperde cheddarkaas

Metode
Voorverhit oond tot 180caC en smeer oondvaste tertbak. Maak aartappels fyn en ment met die spinasie en sampoiene. Klits eiers met melk en voeg by aartappelmengsel. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die cheddarkaas, by en meng goed. Skep in tertbak, strooi cheddarkaas oor en bak vir 20 min of tot ligbruin. Skep lepels vol op borde en bedien. Kan ook as bykos by meer formele etes bedien word. Vir ‘n ligte aandete kan die spinasie deur tuna en skywe tamatie vervang word.

Advertisements

BUTTERNUT SKYWE MET GARLIC

Lynette Muller

Bestanddele en Metode
Sny jou butternut in dik skywe – met skil aan. Smeer lekker homp botter op en knoffelvlokkies, sout en gemaalde swartpeper – sny ‘n ui in skywe en sit die skyf ui bo-op die butternut. Maak indeviduele pakkies. Maak pakkie toe met foelie en maak gaar op die kole of in die oond.

BLOMKOOL KOEKIES

Woumarie

Bestanddele
1 Blomkool in blommetjies gebreek
2 Groot eiers
½ koppie Gerasperde chedar kaas
½ koppie brood krummels
½ teelepel rooipeper
Olive oil

METODE:
Kook blomkool vir 10 minute tot sag. Dreineer en maak fyn soos kapok artappels. Klits eiers met n vurk en gooi res van die bestandele by en meng met die fyn kool.  Verhit olie in n pan. Bak lepels vol in warm olie. Bak elke koekie so drie minute op n kant.