Chakalaka

Gert

Bestanddele:
3 eetl olyfolie
3 uie (opgekap)
3 knoffelhuisies (gekneus en opgekap)
1 teelepel fyn gemmer (vars gerasper)
2 vars brandrissies (opgekap)
3 soetrissies (enige kombinasie van groen, geel of rooi, ontpit en opgekap)
4 wortels (geskil en gerasper of opgekap)
2 lourierblare
10 ml medium-sterkte kerriepoeier (Sit in volgens smaak)
5ml paprika
1 blikkie opgekapte tamaties
1 pakkie (50 g) tamatiepasta
1 blikkie sousboontjies
Sout en peper (na smaak)
Vars koljander (om mee op te dien)

Metode:
Verhit die olie in jou pot en braai die uie tot deurskynend. Gooi die knoffel, gemmer, brandrissies, soetrissies, wortels en lourierblare by en roer saam met die uie rond. Gooi nou die kerriepoeier en paprika by en laat braai nog ’n minuut lank om die speserye te rooster, maar gaan aan na die volgende stap voordat dinge brand. Voeg nou die tamaties en tamatiepasta by en meng deeglik. Sit die deksel op en laat die potjie prut op medium tot lae hitte vir 30 minute sodat die geure kan ontwikkel en die wortels en enige ander harde bestanddele kan sag kook. Gooi die bone by, meng deur en laat prut vir nog 10 minute. Nou kan sout en peper bygevoeg word.

Geniet saam met pap en vleis

Advertisements

Chakalaka brood

2K koekmeel

3t Bakpoeier

Sout

4 eiers

1 Blik (410g) Chakalaka – enige geur

Cheddar of ander kaas opsioneel

 

Meng koekmeel, Bakpoeier en sout in ‘n groot mengbak.

 

Klits 4 eiers liggies met ‘n vurk en meng met droë bestandele.

Roer chakalaka by.

Roer ongeveer 1 koppie kaas by indien verkies.

 

Smeer of spuit ringpan of broodpan.

Krap mengsel eweredig in pan.

Strooi bietjie kaas bo-op indien verkies.

 

Bak by 180grade C vir ongeveer 45min of tot gaar.

 

Bedien warm met botter.

Kan ook koud ge-eet word.

 

Eenpot maalvleisgereg met chakalaka en butternut

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

Bestanddele en Metode
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)

Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.

Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.

Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.

Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder

Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.

Chakalaka (1)

All Gold

Bestanddele
30 ml Olie
1 Uie gekap
1 Huisie knoffel, gekneus
3 cm Gemmer geskil en gerasper
15 ml Kerrie Poeier
3 Wortels grof gerasper
1 420 g Blik All Gold Boontjies in tamatiesous
1 410 g Blik Tamatie en Uie Sous
Sout en Peper na smaak

Metode
Verhit die olie en braai die ui tot sag. Voeg knoffel en gemmer by en braai vir 1 minuut. Voeg wortels by en braai vir 2 minute. Voeg die twee blikke se inhoud by.
Meng goed en verhit goed. Voeg sout en peper na smaak by.

Wenk
Hierdie is genoeg vir 4 tot 6 persone. Kan warm bedien word as bygereg en koud as