AARTAPPEL EN CHEDDAR ROLLETJIES

4 groot aartappels, geskil
300 g sterk cheddarkaas, gerasper
2 eiers, geklits
60 ml gekapte pietersielie
knippie rooipeper, of na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 velle filodeeg
sowat 50 ml gesmelte botter
sowat 150 ml olyfolie
30 ml gekapte pietersielie

Kook aartappels tot sag. Druk fyn met ‘n vurk.
Daar kan nog stukke in wees.
Voeg kaas, eiers en pietersielie by
Geur met rooipeper, sout en peper.
Plaas een vel filodeeg op jou werkoppervlak. Smeer met gesmelte botter.
Plaas ‘n tweede vel deeg bo-op.
Smeer weer met gesmelte botter.
Herhaal met ‘n derde vel.
Skep van die aartappelvulsel sowat 5cm van onderkant van deeg in ‘n lang wors.
Vou deeg oor vulsel. Vou kante weerskante oor vulsel en rol op
. Herhaal met die res.
Maak toe met kleefplastiek en laat koud word in yskas. Sny koue rol in skywe van sowat 3cm.
Verhit olyfolie in pan en braai sirkels weerskante vir sowat 3minute.
Dreineer op kombuispapier.
Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit warm voor.

(Uit Anna Eksteen se E-RESEPTE BOEK: VIR DIE SOETTAND!)

Advertisements