Karamel Rice Crispies Blokkies

Smelt 3E botter of margerien en

1 x 250 gram Malva lekker op n lae hitte.

Roer 1 blik karamel of cuppuchino kondens melk by en n knippie sout.

Dan 6 koppies (6 x 250ml) Rice Krispies.

Roer vinnig en goed deur.

Druk vas in n bak wat met bak of waspapier uitgevoer en gesmeer is.

Laat heeltemal koud word en sny in blokkies.

Plaas in die yskas of verder te verhard.

 

Vir n Gluten Vrye opsie kan jy Gluten Vrye rice crispies gebruik.

Ek het dit nog net by Dischem gesien.

 

Advertisements

2 Bestandele roomys

2 Koppies Room
1 Blik Cuppuchino karamel Kondens melk.
Klop room styf.
Roer die blik kondens melk liggies met n vurk net om die “klonte” glad te kry.
Roer deur die room.
Vries oornag.
Ek het my mengsel in 2 klein lava brood pannetjies gevries.
Dit dop maklik uit en sny skywe af.
Dit was absoluut heerlik.