DADELBROODJIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
375g fyn gekerfde dadels
5ml koeksoda
125g margarien in klein blokkies gesny
250ml kookwater
190ml suiker
1 eier, geklits
5ml vanilla essens 
500ml meelblom
5ml bakpoeier
125ml gekapte neute

Metode
Plaas die dadels, margarien en koeksoda in ‘n mengbak.  Gooi kookwater bo-oor.  Roer en laat staan om koud te word.  Klits eier, suiker en vanilla essens goed en gooi by die dadelmengsel.  Sif meelblom en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in.  Gooi neute by en meng goed.  Bak 1 uur lank in ‘n voorverhitte oond van 180C in ‘n gesmeerde broodpannetjie.

Advertisements

Dadelbrood

Bestanddele
500g ontpitte dadels
2 eiers
45g ( 3e) botter
10 ml (2 t) koeksoda
500 ml (2 k) kookwater
750 ml (3 k) meel
500 ml (2 k) suiker

Metode
Sny dadels fyn. Gooi koeksoda in en gooi kookwater oor. Laat koud word. Voeg dan by die res van die bestanddele in die bak van ‘n voedselverwerker of klitser en verwerk teen hoë spoed totdat die dadels heeltemal fyn en eweredig deur die deeg versprei is. Plaas mengsel in ‘n klein gesmeerde broodpannetjie en bak 1 uur teen 180ºC tot gaar. Om te toets of dit gaar is – ‘n dun meslem moet skoon uitkom as dit in die middel gedruk word. Laat afkoel, keer uit, en bedien in snye met ongesoute botter.
Smeer indien verlang.