Verloor-Hy is weg!  1

Blye Versekering vir 27 Jan. 2020 Tema Verloor-Hy is weg!  1

**** My eie woorde

**** Nie een van ons hou daarvan om iets te verloor nie. In Desember verlede jaar gaan ek bank toe. Ek staan by die toonbank en daarna is ek uit. So entjie vêrder tref dit my soos ‘n hamerhou voor die kop- ek het my selfoon daar laat lê. Ek draai om en glo my, ek hardloop letterlik terug maar begin sommer klaar in my gedagtes bid. Ek wag nie eers by die ingang nie, maar storm sommer verby en daar sien ek my foon op die toonbank lê.  Ek gaan direk daarheen en sê sommer kliphard, dat almal in die bank se koppe draai: “ Aaagh Prys die HERE!” Daar leer ek weer ‘n les uit hierdie negatiewe ervaring.

Hoogl 3:1  Op my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.  V2  Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

****Ek was so geseënd want dit wat weg was, het ek gevind, maar vertel my waar het jy die teenwoordigheid van die Here verloor ….dan vertel ek jou waar jy Hom weer  kan vind. Het jy Hom in jou binnekamer verloor….omdat jy nie meer genoeg bid nie.

Luk. 11:9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word;

1Thes 5:17 Bid sonder ophou.

Jak 1:6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel;

****Nou wil ek jou uitnooi. Ons is so in die 50 persone wat 5uur of 6 uur (soos dit jou pas), elke oggend bid oor dieselfde versoeke. Dis nie ketting gebede nie tensy iemand die persoon ken. Ek stuur die name uit en 5 uur herinner ek mense met ‘n kort boodskap. Ek wil jou vra bid daaroor en besluit dan. Stuur dan ‘n E-pos en ek stuur my nommer. Indien jy Whatsapp dagstukkies kry bevestig net met JA en ek voeg jou naam by. Jy mag ook enige tyd jou inskrywing staak. Dis ‘n broadcast groep dus sien niemand anders op die groep jou naam nie.

GEBED vir VANDAG P

Onse Vader, hoe wonderlik is dit net nie, dat ons nog vandag het om reg te kies , om U weer in ons lewe in te nooi deur gebed. Wanneer die storms losbars is ons almal op ons knieë om te bid, maar dan het ons nie die geloof wat ons deur toewyding ontvang nie. Wat is ons bereid om vir U te doen? Ek bid vir elkeen onder die letter P op ons poslys. Hoor en verhoor hulle gebed wanneer hulle vandag na U uitroep. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Advertisements

Blaps in die swembad

Blaps in die swembad
Hallo Frik

My seun neem ’n tyd gelede aan die SA Lewensredding kampioenskappe in Durban deel. Dit was my eerste keer by so ’n kampioenskap en vir my was dit baie interessant. Stilwater-lewensreddingbyeenkomste vind in ’n swembad plaas. ’n Paar van die items in die swembad sluit ’n gesimuleerde reddingspoging van ’n manikin, oftewel ’n plastiekpop in. Dis tog te koddig om te sien hoe die plastiekpop aan ’n tou al agter die swemmer aan dobber. Een swemmer het per ongeluk sy plastiekpop verkeerd vasgemaak wat ’n glimlag of twee veroorsaak het terwyl die arme pop deur die water gesleep word.

In een van die items waaraan my seun deelgeneem het, moes vier van hulle in ’n span saamwerk. Dit was ’n baie uitdagende item met verskillende taktiese oefeninge. Hulle het alles baie mooi reggekry en baie goed gedoen. Aan die einde van die item kom almal in ’n bondel bymekaar sodat die hoofbeampte kan sê of ’n span gediskwalifiseer is.

Groot was my seun en sy span se verbasing om te hoor dat hulle gediskwalifiseer is. Hulle het dan alles so takties reg gedoen. “Dit is so,” sê die beampte. Hulle is nie daaroor gediskwalifiseer nie. “Een van die spanlede het twee swembroeke aangehad!”

“Wat?” “Jip”, sê my seun. “As jy twee swembroeke oor mekaar aantrek, kan dit jou ’n voordeel gee. Die ironie van alles is dat die ou wat die twee swembroeke aangehad het, eintlik homself en die span benadeel het aangesien die swembroek wat hy bo-oor aangetrek het te groot was vir hom.” Maar nou ja, reëls is reëls.

Orals is dit so. As jy nie die reëls nakom nie, word jy gediskwalifiseer en is jou kans om op die wennerspodium te staan, nul. So werk dit ook met geestelike dinge: 5Sê nou ’n atleet neem aan ’n resies deel. Hy sal net kan wen as hy al die reëls mooi nagekom het, anders word hy gediskwalifiseer.

Daarom is dit so belangrik om die reëls te ken. Ek vermoed die outjie wat die twee swembroeke aangehad het, het nie geweet hy doen verkeerd nie. Inteendeel, hy het homself eintlik benadeel om die twee so oormekaar aan te trek. As hy die reëls geken het, sou hy homself nie benadeel het nie en nog minder die res van die span.

Kinders van die Here moet die “reëls” ken. Ek sit reëls tussen aanhalingstekens, want dit is eintlik meer rigtingwysers. Reëls het te doen met pak kry en rigtingwysers meer met liefde. Laasgenoemde is God se manier van doen. Hy wil ons die rigting wys, in liefde.

Hiervoor moet ons op die uitkyk wees. Ons moet fokus op God se leiding, sodat ons presies kan weet hoe ons die lewe moet leef. Ek weet ons gaan langs die pad ’n paar vrot keuses maak. Ek weet ons gaan hier en daar dinge soms uit onkunde en soms nie, doen, maar dankie tog dat God se genade groot genoeg is om ons ook hieruit te kom red.

Die swemmer wie se pop onderstebo gesleep is, het maar redelik rooi uit die swembad geklim, want baie het daaroor gelag. Maar ek glo hy sal nie weer so ’n fout maak nie. Volgende keer sal hy dubbeld seker maak dat hy nie weer sy naam met ’n plank slaan nie.

Kom ons maak ook seker. Kom ons sit by God se voete, elke dag. Kom ons oefen soos ’n goeie atleet en raak sterk om eendag ook die oorwinnaarskroon op ons kop te sit.

Teks
2 Tim 2:1-7

Om oor na te dink
Waar maak jy nog foute?
Hoe moet jy anders maak?
Hoe lyk jou resies tot op hede?

Gebed
Here, help my om al die rigtingwysers en aanwysings raak te sien en te gehoorsaam, want ek wil nie die prys aan die einde van die wedloop mis nie. Amen.

Shalom
Gerjo Ben
Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward.

Jy kan ook info@kruispad.com in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.

Seën vir die verlepte blommetjies

Seën vir die verlepte blommetjies
Hallo Frik

Dit gaan nie maklik in die wêreld daar buite nie. Ons elkeen het ons eie storie om te vertel. Met party gaan dit woes erg, soos met Christie (skuilnaam):

Mens probeer so hard om op die regte pad te bly – Ek weet mens moenie vrae vra nie – al weet ons nie nou hoekom dinge gebeur nie – ons sal wel eendag die rede daarvoor kry.

Maar hoe bly mens positief na soveel dinge gebeur:

  • Ons moes na ‘n kleiner huis toe trek – ons bly nou in ‘n 2-slaapkamer huis.
  • September verlede jaar vind ons uit ek is swanger – was eers mismoedig, maar toe besef ons ons sal regkom – die Here sal nie iets oor jou pad stuur wat jy nie kan hanteer nie.
  • In Oktober is my skoonma oorlede – sy was altyd net goed vir ons – en dit was ‘n geweldige groot skok.
  • In Desember steel hulle ons kar buite ‘n winkelsentrum.
  • In Januarie word daar by ons huis ingebreek – hulle kom weg met baie goed – Die tv, x-box – die kinders se tablets en Blue tooth oorfone van Kersfees. Al my en my dogter se juwele. Tot toe pakke doeke.

Weereens is dit ‘n finansiële terugslag vir ons – die ekstra uitgawes om ‘n nuwe kar te kry – die ekstra uitgawes om die huis se deur te vervang en al die slotte – want mens voel net te onveilig in jou eie huis.

Ons almal kan met een of sommer ’n paar van Christie se terugslae saampraat. Dis asof dit net erger raak. ’n Mens se lus raak op vir lewe. ’n Mens wil dan eintlik net nie meer aangaan nie.

Ek post op Facebook ’n eenvoudige prentjie van ’n blommetjie wat in die woestyn groei met die woorde: “God het jou geplant: Blom net daar.” Daar is baie kommentaar. Dié drie raak my diep:

  • My elke dag leuse was ‘blom waar jy geplant is’, maar my blommetjie het doodgegaan … Ek is moeg.
  • Ek dink my blom is dood. Ek’s moeg vir die lewe. Ek kan nie meer so aangaan nie.
  • My blommetjie is verlep. Ek’s doodmoeg.

Baie van ons se blommetjies verlep.

Wat sê ’n mens?

Ek kom sit hier agter my lessenaar om stil te word en lees my teks vir die dag en ek kry die antwoord. Ons moet bid ja. Ons moet vir mekaar intree, want daar is dae wat ander nie eens kan bid nie. Dae wat dit vir hulle voel hulle gebede trek nie verder as die dak nie. Maar ons moet nog méér doen. Ons moet oor mekaar die seën uitspreek.

Soos Paulus: 2… Mag God die Vader en Christus Jesus ons Here vir jou baie goed wees en jou in Sy liefde omvou. Mag jy die vrede ervaar wat net Hulle vir mense kan gee.

Dis asof ons versterkings inkry om ons uit die benarde situasie te red. In God en Jesus se liefdevolle arms kan ons weer blom en kan ons rustig raak en vrede kry.

Daarom, laat ons vir almal wat ons liefhet die seën van die Here toebid. Daarom bid ek dit ook nou vir jou. … Mag God die Vader en Christus Jesus ons Here vir jou baie goed wees en jou in Sy liefde omvou. Mag jy die vrede ervaar wat net Hulle vir mense kan gee.

Teks
2 Timoteus 1:1-2

Om oor na te dink
Hoe lyk jou blom?
Hoe lyk die mense om jou se blom?
Hoe kan jy vandag prakties ’n verskil maak?

Gebed
Vader, U weet van elke verlepte blommetjie wat ook op ’n tyd geblom het. Ek vra vandag om elkeen van daardie blommetjies te seën en aan hulle nuwe lewe te gee. Laat elke blommetjie weer sy kop oplig en boontoe kyk. In Jesus se naam. Amen.

Shalom
Gerjo Ben
Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward.

Jy kan ook info@kruispad.com in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.

Psalm 46 – Nr. 2

Blye Versekering vir 23 Julie 2019 Tema: Psalm 46 – Nr. 2
**** My eie woorde
**** Ons het gister gesien dat God vir ons ‘n toevlug is. Jesus is in gesprek met sy dissipels en dan verwys Hy na die eindtyd.
Luk. 21:26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
**** Dan sê die Psalmis, omdat God ons toevlug is, sal; ons nie sal vrees nie. Daarna gee hy ‘n paar eind gebeure waarna Jesus verwys het.
Ps 46: 3 Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. 4 Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.
**** Kyk wat sê Jesaja oor die waters
Jes.17:12 Wee die gebruis van baie volke—soos die gebruis van die see, so bruis hulle! En die gedruis van nasies—soos die gedruis van geweldige waters, so maak hulle gedruis!
**** Oral oor bruis die nasies in onstuimigheid. Ons beleef dit in ons eie land maar wees verseker, dit is nie net hier nie . Verder hoor ons van vulkane, aardbewings, hittegolwe, Tsunami’s, oorloë, gerugte van oorloë. Dan kom die belofte van die Psalmis vir ons, ons sal nie en hoef nie te vrees nie.
Rom.8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
GEBED vir VANDAG B
Onse Vader wat ‘n heerlike wete, as U vir ons is hoef ons niks te vrees nie. Wanneer ons lees wat oor die wêreld kom en nog gaan kom, dan dank ons U dat ons by U kan skuil. My Vader help ons om in die regte verhouding met U te staan want dit is wat tel. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter B op ons poslys. Moontlik beleef hulle self die storms van die lewe in hulle persoonlike lewe. Wil U dit rustig maak in hulle gemoed en hulle help om alles in U hande oor te laat. In Jesus se Naam Amen
Geseënde dag vir elkeen
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Ek kies vandag… 2

Dinsdag 12 Feb..2019 Tema: Ek kies vandag… 2

**** My eie woorde

**** “Gee vir my die sout aan asb.” Bekende woorde nê. Vandag kan ek kies of ek woorde met sout besprinkel gaan uiter of woorde wat smakeloos en waardeloos is. Ek ken mense wat dink voordat hulle praat en elke woord met oorleg sal sê. Dan is daar mense soos ek, praat soms te haastig of voordat ek mooi gedink het. Agterna dink jy dat jy dit so anders kon sê . Mag die HERE ons elkeen help vandag om “sout” woorde met ander te deel.

Lukas 14:34  Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

Kolossense 4:6  Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader, baie  baie dankie vir die wonderlike reën wat uit U Genade hand gekom het. Wil U ook daar waar die reën nog nodig is uitkoms stuur. Vandag kies ons om woorde met smaak te deel wat ander sal voed en versterk. Help ons asseblief daarmee. Ek bid dan vandag spesiaal vir diegene wie se naam met die letter C begin. Onse Vader dikwels loop ons met vriendelike gesigte maar ons harte dra swaar.  Wil U gee dat hulle elkeen vandag hulle las by U voete sal lê sodat dit lig en sag kan word. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

Ek het gister nog 15 pakkies met gratis  CD’s gepos. Wanneer jy alles ontvang het behoort jy 13 in getal te hê. Nr.’s 1 en 2 het ek nou op een CD geskryf om te spaar, so dan sal jy 12 CD’s hê indien jy so pakkie ontvang. Indien jy CD’s kort kan jy my laat weet.

Mooi bly almal.

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Gee om vir jou leier

GEBEDSVERSOEK PRAAT SAAM RAAK BETROKKE ENGLISH
Gee om vir jou leier
Hallo

Ek was op die beheerliggaam van een van die skole in die dorp. Ek het nie geweet dit vat soveel energie om ’n skool vandag ordentlik aan die gang te hou nie. Die finansiële steun van die Onderwysdepartement raak al hoe minder en die uitgawes al hoe hoër. Weens die feit dat albei ouers in baie gesinne deesdae werk, raak die verwagting van die ouers van die skool al hoe groter.

As daar dan volgens die ouers nie aan hulle verwagtinge voldoen word nie, skakel hulle die hoof direk en daal op hom neer. Menige male weet hy nie eens van die probleem nie, maar hy word opgekommandeer om dit uit te sorteer. Dis so asof mense nie meer respek het vir die hoof nie. So asof elke ouer nou sy baas is.

Dis nie maklik om in ’n leiersposisie te wees nie.

Net so in die kerk. Predikante en pastore moet mooi loop, want sê en doen hulle iets waarmee die gemeentelid nie saamstem nie, kry hulle die wind van voor.

Mense vergeet dat hulle ook maar gewone mense is wat kan foute maak. Ja, hulle is deur God geroep en dit is ’n spesiale roeping met baie groot verantwoordelikhede. Juis daarom word dié geroepe dienaars van God gewaarsku dat hulle eendag twee keer deur die toetssentrum in die hemel sal moet gaan. Dis nie ’n maklike taak om voltyds vir God te werk nie.

Die bedienaars is gewone mense en kan net so maklik in ’n gat trap. Ek onthou nog dat ek een keer geskryf het dat die Israeliete deur die Nyl getrek het in plaas van deur die Rooi See. Ook maar net gewone mense met gewone foute. Daarom die voorstel, nee eintlik opdrag, dat almal hande sal vat met die bedienaars van die Woord:

12Broers en susters, ek wil julle mooi vra om groot respek vir al die leiers in die kerk te hê. Onthou, die Here het hulle aangestel om sy wil aan julle bekend te maak. As julle die spoor byster raak, moet hulle julle aanspreek, en as julle swaarkry, moet hulle julle vertroos. 13Wees baie lief vir hulle en sien op na hulle. Moet asseblief nie onder mekaar stry en baklei nie.

Daar aan die voorkant van die gemeente of geloofsgemeenskap kan dit baie alleen wees. Almal ken jou naam, want jy staan voor. Almal weet wat jy doen en nie doen nie, want die stories vlieg gou rond.

Reik uit na die leier van jou gemeenskap. Ondersteun hom of haar. Stuur ’n e-pos. Stuur ’n WhatsApp met ’n teksvers. Bid elke dag vir hom of haar om staande te bly. Stuur ’n pakkie of iets spesiaal. Dis dalk net die petrol wat hulle nodig het om deur ’n persoonlike krisis te kom.

In ’n kerk of geloofsgemeenskap het elkeen ’n verantwoordelikheid, ’n taak om te doen. Maak seker dat jy weet wat joune is en doen dit soos God wil hê jy moet dit doen.

Teks

1 Tessalonisense 5:12-15

Om oor na te dink

Weet jy hoe dit gaan met die leier van jou kerk?

Wat het jy al vir hom of haar gedoen?

Hoe kan jy hom of haar ondersteun?

Gebed

Vader, ek besef dat ek ook moet uitreik na die predikant of leier van my kerk. Wys my waar ek ’n verskil kan maak in sy lewe. Amen.

Teksgedeelte: 1 Tessalonisense 5
12Broers en susters, ek wil julle mooi vra om groot respek vir al die leiers in die kerk te hê. Onthou, die Here het hulle aangestel om sy wil aan julle bekend te maak. As julle die spoor byster raak, moet hulle julle aanspreek, en as julle swaarkry, moet hulle julle vertroos. 13Wees baie lief vir hulle en sien op na hulle. Moet asseblief nie onder mekaar stry en baklei nie.
Gerjo Ben

Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward. Jy kan ook info@kruispad.com
in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.
e]

Geen kopiereg – kan gratis versprei word.

Print Email

Stel nie meer belang nie? Unsubscribe from this newsletter

Dood is om in Jesus te slaap

GEBEDSVERSOEK PRAAT SAAM RAAK BETROKKE ENGLISH
Dood is om in Jesus te slaap
Hallo

Wonder jy ook soms hoe die lewe hierna gaan wees? Gaan die strate regtig van goud gemaak wees? Gaan ons mekaar herken? Gaan ons kan gholf speel?

Ons het nie al die antwoorde nie, maar tog het ons hoop, want ons weet Jesus het reeds vir ons deur die dood gegaan. En dis juis in Jesus se arms wat ons gaan lê en slaap.

Het jy al ’n babatjie wat slaap, dopgehou? So rustig met niks wat pla nie. Net so rustig is die dood. ’n Slaap in Jesus se arms. Ongelukkig het hierdie mooi beeld verlore gegaan in die vertaling van die oorspronklike teks in vers 14. Daarom haal ek hier die King James-vertaling aan: For if we believe that Jesus died and rose again, even so them also which sleep in Jesus will God bring with Him.

Dié wat in Jesus geglo het en reeds dood is, slaap in Hom – dis hulle wat Hom sal vergesel met Sy volgende koms na die aarde. Die dood is soos ’n sagte slaap in Jesus se arms. Dit is juis Jesus se kruisdood, maar ook Sy opstanding na die dood wat ons in ’n rustige slaap dompel. Ons hoef nie meer bang te wees vir die dood nie, want Jesus het klaar daardie pad namens ons baklei en oorwin.

Kom ons sê dit weer vir mekaar: Omdat ons in Jesus glo, omdat ons glo dat Hy die pad deur die dood klaar gestap het, omdat Hy die dood oorwin het, kan ons rustig wees oor die dood. Wanneer ons sterf, gaan ons in ’n rustige slaap in Jesus se arms.

In hierdie tydperk van slaap is ons rustig – sonder pyn, sonder trane en lê ons met ’n glimlag en wag vir Jesus om ons wakker te maak. Dan sal ons gees saam met Hom na die aarde kom om diegene te ontmoet wat nog op aarde is.

16Wanneer God beveel dat die laaste dag aanbreek, sal die heel belangrikste engel in die hemel skielik kliphard uitroep. God se hemelse trompet sal ook begin blaas. Terwyl dit gebeur, sal die Here na die aarde toe kom. Al die Christene wat reeds dood is, sal lewendig word. 17Dan sal ons wat nog lewe saam met hierdie gelowiges weggeneem word op die wolke. Ons almal sal die Here in die lug ontmoet. Daarna sal ons almal vir altyd by die Here bly.

Watter lekker vooruitsig is dit nie vir ons wat in Jesus glo nie. ’n Bekende het gesê dat die dood ’n ingang en ’n uitgang het. Laasgenoemde, vermoed ek, se deur staan slegs oop vir dié wat in Jesus glo. Dis Jesus wat die deur vir Sy kinders oopmaak.

En nou die opdrag: 18Vertel hierdie goeie nuus vir ander gelowiges en moedig mekaar aan om dit te glo.

So baie mense daar buite is nog in die donker hieroor. Dis ons verantwoordelikheid om die boodskap vir hulle te bring. Laat ons hoop bring. Laat ons ander gerusstel. Laat ons die boodskap van slaap in Jesus se arms uitbasuin. Dit bring vrede in ons gemoed.

Teks

1 Tessalonisense 4:13-18

Om oor na te dink

Hoe voel jy oor die dood?

Gee dit vir jou gemoedsrus om te weet jy gaan in Jesus se arms slaap?

Vir wie moet jy dit vertel?

Gebed

Dankie vir die boodskap en gerusstelling, Vader. Dankie vir die wonderlike beeld om te weet dat as ons klaar is met die aarde ons veilig in Jesus se arms gaan slaap. Aan U kom al die eer toe! Amen.

Teksgedeelte: 1 Tessalonisense 4
13My broers en susters, ek wil nie hê julle moet vrae hê oor wat gaan gebeur met dié gelowiges wat reeds dood is op daardie dag wanneer Christus terugkom na die wêreld toe nie. Moenie so hartseer wees soos ongelowiges wat geen hoop het wanneer hulle geliefdes doodgaan nie.
14Ons glo mos dat Jesus aan die kruis dood is en dat Hy daarna uit die dood opgestaan het. Net so sal God almal wat voor hulle dood in Jesus geglo het, saam met Hom bring wanneer Hy weer na ons toe kom. 15Die Here het gesê dat ons wat nog lewe op daardie dag wanneer die Here terugkom, glad nie belangriker of beter daaraan toe sal wees as die gelowiges wat reeds dood is nie.
16Wanneer God beveel dat die laaste dag aanbreek, sal die heel belangrikste engel in die hemel skielik kliphard uitroep. God se hemelse trompet sal ook begin blaas. Terwyl dit gebeur, sal die Here na die aarde toe kom. Al die Christene wat reeds dood is, sal lewendig word. 17Dan sal ons wat nog lewe saam met hierdie gelowiges weggeneem word op die wolke. Ons almal sal die Here in die lug ontmoet. Daarna sal ons almal vir altyd by die Here bly.
18Vertel hierdie goeie nuus vir ander gelowiges en moedig mekaar aan om dit te glo.
Gerjo Ben

Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward. Jy kan ook info@kruispad.com
in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.
e]

Waters wat oorweldig 2

Dinsdag 29 Mei.2018 Tema: Waters wat oorweldig 2

**** My eie woorde

**** Die aarde se beker is vol en God stuur die vloed. Die waters word meer en meer en sterker totdat die ark begin dryf, maar Noag en sy gesin sit veilig in die ark. Moontlik ervaar jy vandag dat jou “waters” net sterker en sterker word, maar onthou God is jou Ark, by Hom kan jy veilig skuil. Dan sien mens weereens God se genade. Die God van die heelal, in Sy grootheid en heerlikheid, dink aan die handjie vol mense en die diere in die ark.

Gen. 7:18 Maar die waters het nog meer en nog sterker geword op die aarde en die ark het op die waters begin dryf.

H8:1 Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was, en God het ‘n wind oor die aarde laat waai, en die waters het teruggetrek.

Markus 4:39  En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom.

**** Onthou Hy het nie verander nie Hy is gister vandag en tot in alle ewigheid dieselfde. Hy dink ook aan jou vandag, jy gaan nie ongemerk by Hom verby nie. Nogtans wag Hy so dikwels juis dat ek en jy na Hom sal draai en Hom sal aanroep voordat Hy die winde stilmaak. Weet dat Hy God is en dis Hy  wat op die water loop en winde laat bedaar. Net soos Hy die ark veilig gehou het, hou Hy Sy sterke hand oor jou en my vandag.

GEBED vir VANDAG  G

Onse Vader, ons staan dag na dag in verwondering vir U groot genade en liefde. Hoe wonderlik is die versekering dat U onveranderlik is en dat ons net soos Noag veilig by U kan skuil. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter G Miskien gaan hulle ook deur ’n groot storm in hulle lewe op die oomblik, dan vra ek in die Naam van Jesus maak hulle storm stil en hou hulle veilig.  In Jesus se Naam Amen

**** Geseënde daggie vir elkeen 

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Haastig 4

Donderdag 18 Jan.2018 Tema: Haastig 4
**** My eie woorde
**** In die Bybel vind ons mense wat ’n gelofte teenoor God gedoen
het. Dit was nie oorhaastig nie, maar goed deurdink. Ek dink maar
aan Hanna wat belowe het as sy ’n seun kry sal sy hom aan die
HERE terug gee. Sy het haar deel van die ooreenkoms gehou.
Die belangrikste deel is juis wanneer jy ’n ooreenkoms met God
aangaan moet jy betaal wat jy belowe anders staan jy skuldig .
Pred. 5:2 (5:1) Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart
nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God
is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min
wees.

V3 (5:2) Want soos die droom kom deur baie drukte, so die
gepraat van die dwaas deur baie woorde.
V4 (5:3) As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te
betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy
belowe. V5 (5:4) Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe
en nie betaal nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 18 Januarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag
Jacqueline Lourens 18 Jan
Martie Nortjé 18 Jan.
Cecilia Lambrechts 18 Jan.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

2Kron 6:21

Daar het heelwat mensies gevra vir die “Whatsapp” dagstukkies .
Indien jy belangstel stuur jou selfoon nommer per e-pos en ek
plaas jou op my lysie.
Volgende week is die laaste dagstukkies vir hierdie jaar .
Donderdag 30 November 2017 Tema: Waarvoor bid jy 4
**** My eie woorde:
**** Dis byna ’n onnodige vraag omdat die antwoord so eenvoudig is. Ek
en jy kan vir enige iets of iemand bid. Die hoofsaak is ons moet sonde
uit die pad kry, my sonde of ander se sonde. Keer op keer wys die
Woord dat ons moet bely en laat staan. Tog moet ons nie uit die oog
verloor nie dit. Gaan oor aanbidding van die Skepper God van die
heelal. Dis nie die plek waar ons net ’n lang lys aanbied van …gee vir
my dit en dat en wat nog nie. Tog beleef ons elkeen elke dag iets waar
ons keuses moet maak en besluite moet neem. Lê dit is Sy hande Dan
die ander kant van die munt. Ons skryf eintlik vir die HERE voor hoe Hy
te werk moet gaan. Ons is so klein en nietig en dan sê ek en jy vir Hom
maak so HERE en so ….. Ons kan eintlik maar net alles voor Sy voete
lê en vra: “Laat U wil geskied”
2Kron 6:21 Luister dan na die smekinge van u kneg en van u volk
Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor uit u
woonplek, uit die hemel; en as U hoor, vergewe dan.
Ps. 86:6 HERE, luister na my gebed en let op die stem van my
smekinge.
Ps. 140:6 (140:7) Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister
tog, HERE, na die stem van my smekinge!
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 30 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Lydianan Nanamus 30 Nov.
Natalie Basson 30 Nov.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com