|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
Gratis Liplekker Resepte
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
Blye Versekering vir 20 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3 Deel 5
**** My eie woorde
**** Ons kom by die laaste gedeelte in Kolossense 3. Ek gee vandag so terugblik oor die afgelope tyd sê gebeure. Ek glo elkeen van julle het dit min of meer so beleef. Die eerste nuus oor die virus wat in China begin het kom deur. Dadelik gebeur ‘n paar goed: valse gerigte, ongeloof en afmaak as snert, oordeel omdat hulle verkeerde goed eet. Soos dit verder gaan versprei alle nuus soos ‘n veldbrand en toe begin die onsekerheid en spanning en angs. Die derde fase vir my is dat dit toe aan ons deur kom klop. Dit was mos daar vêr en skielik is dit hier. Dis grappies en humor want dit hou ons rustig. En ja ek het self gelag vir die snaakse goed. Om te lag is dikwels ons behoud. Dan sien ons hoe vinnig die verspreiding toeneem. Gister hou ek Bybelstudie en daar tref die werklikheid my soos dit elkeen getref het. Groet met die elmboog. Wag vee die tafel af en julle hande af. Wat van ons Bybels? As ons bid, oeps nou kan ons nie hande vat nie. Dit is toe dat die volgende woorde vir my waar word.
Fil 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Kol 3:15 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
Kol 3:15 (NV) En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe.
Kol 3:16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. 17 En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
GEBED vir VANDAG O
Onse Vader so baie dankie vir U woord dat dit in ons kan woon dat ons steeds kan leer en vermaan dat mense gereed moet maak wanneer U aan hulle deur kom klop. Voorwaar leef ons in ernstige tye en ons het U nodig. Opnuut besef ons dat ons net kan sê: Vader laat U wil geskied. Ek bid vir elkeen onder die letter O maar ook vir elkeen op hierdie poslys en elkeen wat hier luister of lees. Verseël asb. hierdie woorde deur U Heilige Gees in hulle harte, dat ons vrede net in Jesus Christus lê omdat daar geen ander Naam is waardeur ons gered kan word nie In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag en naweek vir almal. Ek sal vorentoe skryf soos die Heilige Gees my lei.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
Blye Versekering vir 19 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3 Deel 4
**** My eie woorde
**** Ek glo julle het ook as kinders al lekker baklei. Dan hoor ek oor hierdie woorde: “verdra mekaar”. Nie een van ons is soos die ander nie. Elkeen is uniek. Ons moet een in Christus wees. Onthou om iemand te verdra, beteken nie jy keur die sonde goed nie. As Christus nie geduldig met my en jou was nie was ons verlore.
Kol 3:12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. 13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. 14 En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
Joh.13:35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
****Liefde is nie die fisiese ervaring waaraan ons dink nie, maar dit is ‘n ware omgee en vreugde wat net Christus ons kan gee. Hoe lief het ‘n Pa sy seun. Daardie seun wat sy naam gaan dra wat vir die wêreld gaan wys wie sy Pa is want hy gaan doen en praat en sê soos sy Pa hom geleer het. Jesus sê dis hoe lief Hy ons het en nou moet ons die wêreld gaan wys wie Hy is.. Kosbare woorde.
Joh.15:9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. 10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in Sy liefde bly.
GEBED vir VANDAG N
Onse Vader, dankie dat U bereid was om U Seun vir sondaars op te offer. Help ons om mekaar lief te hê met die liefde waarmee U ons lief het. Ek bid vir elkeen onder die letter N Gee elkeen daardie versekering dat U gekom het om sondaar te verlos en geen sonde is te groot as ons dit bely en laat staan. In Jesus se naam. Amen.
Geseënde dag aan elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
Blye Versekering vir 18 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3 Deel 3
**** My eie woorde
**** Wanneer mens iets moet aflê beteken dit jy het dit . Toe ek vanoggend lees weet ek dat ek hierdie deel nog nie oorwin het nie. As jy nou sê jy word nie kwaad nie dan pas vers 9 by jou ook. 😊
Kol. 3:8 Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. 9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het 10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
**** In die begin van die skepping is die mens na die beeld van God geskape. Nie net Sy fisiese beeld nie, maar ook sy karakter. Deur sonde is Sy beeld in ons afgebreek en Christus het juis gekom om daardie beeld weer te herstel. Dan sê Lukas dit wat in ons hart is kom na vore. Daarmee saam die vreeslike aanklag ons kan nie sê ons ken Hom nie, maar ons doen nie wat Hy gesê het nie . Waarlik stof tot nadenke nè.
Luk. 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. 46 Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie?
GEBED vir VANDAG M
Onse Vader, Ons kom na U in die Naam van U Seun en ons Verlosser en bely ons is skuldig. Ons vra hulp dat ons hierdie verkeerde goed kan aflê maar boweal dat U beeld in ons herstel sal word. Gee ons daardie nuwe sagte hart soos Jesus kom wys het. Ek bid vandag vir ons land en sy mense. Terwyl ons nog genade het vra ek maak ons geestelik wakker vir die laatheid van die uur. Ek bid vir elkeen onder die letter M vandag. Vul hulle opnuut met U vrede , geduld en liefde dat hulle verseker kan weet U is met hulle. In Jesus se naam. Amen.
Geseënde dag aan elkeen
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
Blye Versekering vir 17 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3-Deel 2
**** My eie woorde
**** Wanneer mens die woorde “maak dood” hoor is dit baie ernstig. Dit is dan ook hierdie woorde wat Paulus gebruik wanneer hy ernstige sonde aanspreek. Meer nog Hy sê dis ons “lede” Wat hy daardeur sê dis deel van ons wanneer ons dit doen en dit werk God se toorn oor ons as ons ongehoorsaam is.
Kol 3:4 Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. 5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, 6 waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, 7 waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.
****Dan sê Paulus ons moenie deur ons sondige natuur beheers word nie, maar deur die Gees van God. Onthou wanneer jou gewete jou pla is dit juis die Heilige Gees wat met jou praat. Luister na Hom en gehoorsaam.
Rom 8:12(NV) Daarom dan, broers, staan ons onder ‘n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie. 13 As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe. 14 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.
GEBED vir VANDAG L
Onse Vader wat in die hemel is , die wêreld is in rep en roer, maar ons sonde het ons ingehaal. Help ons om elkeen opregte omkeer in ons lewens te maak, want al sou ek sterf is ek gereed wanneer U op die wolke van die hemel ons kom haal. Ek bid vir elkeen onder die letter L vandag. Ek bid U kragtige aanraking van genade en liefde dat hulle U sal volg wat ook al gebeur. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag aan elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
Blye Versekering vir 16 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3-Deel 1
**** My eie woorde
****Ons kan maklik getuig dat ons in ‘n nuwe lewe is. Ek kyk weer die naweek op die media, hoe aaklig mense met mekaar kan wees. Toe besef ek, dis die ou mens in hulle, want nuut gebore mense in Christus, het daardie goed afgesterf. Wat bedink ons? Kyk hoe mooi stel die skrif dit
Kol 3:1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
Gal.2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
**** Vrees oorval sovele en net soos met die lotery, skreeu almal dat ons net gou Psalm 91 moet opsê. Weet ons wat daar staan? Jy kan daardie Psalm net joune maak as jy vers 1 uitleef. Dit is hierdie nuwe lewe dat ek Christus in geloof aanneem en by Hom gaan skuil, want dit sê hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, eers dan sal ek in Sy skaduwee kan bly. Om te sit beteken ek spandeer tyd met Hom. Die tragedie is juis, wanneer die rampe oor ons kom is almal seker daar is ‘n God maar sodra dit beter gaan, gaan ons op die ou trant voort soos gister en eergister.
GEBED vir VANDAG K
Onse Vader baie dankie dat ons verseker kan weet in U Seun Jesus Christus kan ons vandag ‘n nuwe lewe ontvang en ons ou lewe afsterf. Help ons elkeen om te besef, U roep uit tot ons om te sê “ Kom na My toe en Ek sal julle rus gee” Ek bid vanoggend vir ons land en sy mense en vra vir genade op genade. Ek bid vir ons President dat U hom wysheid insig en genade sal gee. Help ons om sy bene sterk te hou deur gebed maar dat ons op U sal vertrou en nie op ons regering nie. Ek bid vir elkeen onder die letter K vandag. Wil U ‘n wyle by hulle stilstaan vandag en U sterk hand op hulle skouer sit en sê: Moenie vrees nie, ek is by jou. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag en week aan julle elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
Blye Versekering vir 11 Maart. 2020 Tema: Tevergeefs 3
**** My eie woorde
**** Wat interessant is in vanoggend se gedeelte is juis dat dit ‘n lied moet wees, maar wanneer mens die hele Psalm lees, sluit dit aan by vers twee, die verlange dat hierdie uitroep na God nie tevergeefs sal wees nie. Moontlik het jy al so gevoel dat jou uitroep na Hom tevergeefs is en jy wonder wat doen jy dan verkeerd en vra ook soos die Psalmis dat jou geroep tog nie by Hom sal verbygaan nie.
Psalm 88 :1 ‘n Lied. … V2 Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U. 3 Laat my gebed nie tevergeefs wees nie, hoor my geroep.
Kyk hoe antwoord HY in Sy woord. Hy sê Hy is gretig om ons genadig te wees en om Hom oor ons te ontferm. Hy laat reg geskied. Hoekom lyk alles dan so deurmekaar. Weet net dit God sien die ongeregtigheid raak en dit wat nou gebeur is nie sonder Sy medewete nie. Hy is die God wat die onmoontlike moontlik maak, die Een wat spreek en dit gebeur, die Een wat die heelal in stand hou en beheer… dis Hy wat ons gebed hoor en gretig is om ons te antwoord al sê Hy soms nee werk ook dit ten goede mee. Vorentoe sal ons sien.
Jes 30:18 Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. V19 Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. V20 Die Here het jou honger en dors laat ly, maar Hy wou jou leer, en Hy sal Hom nou nie meer afsydig hou van jou nie; jy sal self sien dat Hy die Een is wat jou leer.
GEBED vir VANDAG H
Onse Vader hoe wonderlik is die wete dat U gretig is om ons genade te skenk en U oor ons te ontferm. Baie dankie vir U groot liefde. Help ons om te verstaan dat soveel negatiewe goed van die vyand af kom en hy lê dit voor U deur. U wat U Seun laat sterf het vir ons. Geen groter offer as dit is moontlik nie. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter H Ek vra dat U hulle uitroep na U sal hoor en verhoor soos U belowe in U woord. Seën hulle vandag met ‘n spesiale hemelse seën. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag vir elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
Blye Versekering vir 10 Maart. 2020 Tema: Tevergeefs 2
**** My eie woorde
****Paulus herinner die Korintiërs maar ook vir jou en my om aan die evangelie, vas te hou want as ons aan iets anders vashou is ons geloof tevergeefs. Nou kom die vraag wat is “dié evangelie” Ons as Christene gebruik dikwels terme en dan het ek en jy nie eers ‘n idee wat dit beteken nie. Iemand praat eendag met my en sê ons moet net die evangelie verkondig. Ek stem saam want anders is ons geloof tevergeefs. Toe vra ek, nou wat is die evangelie? Skielik weet die een nie en antwoord dat dit seker iets met Jesus te doen het. Onthou die skrif verklaar homself. Kom ons kyk wat sê die woord daaroor. Paulus gee hierdeur ‘n opdrag
1Kor 15:1 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2 Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.
**** Nou verduidelik hy wat hierdie evangelie is. Soveel gelowe glo wel in Jesus maar nie dat Hy God is nie en wat Hom anders maak is dat Hy uit die dood opgestaan het en daardeur is profesie vervul.
1Kor.15:3 Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4 Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.
GEBED vir VANDAG G
Onse Vader opnuut besef ons die wonders in U woord en dat daar net een antwoord is naamlik Jesus ons Heiland en Verlosser wat die dood oorwin het. Al sou ons sterf weet ons dat ons deur Hom die ewige lewe het. Ek bid vir elkeen onder die letter G vandag. Ontferm U oor hulle vandag en laat U wil ook in hulle lewens geskied. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag aan elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|