|
|||||
|
|||||
|
|||||
|
|||||
|
Tag: Dagsukkies
Wag ’n Bietjie 2
Dinsdag 17 April.2017 Tema: Wag ’n Bietjie 2
**** My eie woorde
**** Miskien is daar vanoggend iemand wat met die Psalmis kan saamstem wanneer hy sê:
Ps 69:3 (69:4) Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.
**Dan kom ons Vader se antwoord deur ook vir jou vandag.
Ps. 33V14 Uit Sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,15 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke. 16 ‘n Koning word nie verlos deur ‘n groot leër, ‘n held nie gered deur groot krag nie. 17 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie. 18 Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op Sy goedertierenheid wag; 19 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. 20 Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; 21 want ons hart is bly in Hom, omdat ons op Sy heilige Naam vertrou. 22 Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!
**** Dink jy vir een oomblik dat die Here nie jou gebed gehoor het nie…..Hy het gehoor, want Hy sê dan Sy oog is op die wat Hom vrees. In geloof kan ons ontspan en rus vind in Hom en weet as ek gevra het is my saak in God se hand, Hy doen die res op Sy tyd en Sy manier. Al los jy Sy hand onthou Hy sal nie jou hand los nie.
GEBED vir VANDAG (B)
Onse Vader groot en Heilig is U Naam. So baie dankie vir vandag se versekering dat U ons hulp en beskerming is. Baie dankie dat ons opnuut rus in U kan vind. Vanoggend bid ek spesiaal vir elkeen met ’n naam wat met B begin. Dankie ons Vader dat U hulle by die naam ken net soos U weet wat hulle behoefte en nood is vanmôre. Hoor vanoggend die pleit stem van elke hart en laat U wil geskied. In Jesus se Naam .Amen
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan