Frikadelle in ‘n Kombersie

Ina

Bestanddele

Frikadelle
1 kg maalvleis
3 snye witbrood, in melk geweek
gerasperde ui
2 eiers
50g meel
sout en peper en ander geurmiddels na smaak

Beslag
400ml melk
2 eiers
knypie sout
500 ml meel

Metode
Meng al de bestandele van die frikadelle saam en rol in bolletjies. Meng al die bestandele van die beslag saam en doop frikadelle daaarin. Braai die gedoopte frikadelle in diep olie.

Advertisements

VLEISPASTEITJIE DEEG

(UIT: Knuppeldik)
Krimp glad nie.  Gebruik vir alle soutkorse wat gebak moet word.
Vryf 625 g margarien in 6 k meel, ½ t kremetart en 1½ t sout.  Maak aan met:
3 eiergele en 60 ml wit asyn, saamgeklits in driekwart k yswater.

 

Vou toe in plastiek en plaas in yskas vir ten minste 6 ure.  Die beste resultate word verkry wanneer die deeg koud is.  Rol uit en gebruik vleisvulsel hieronder:

BASIESE TERTDOPPIES (broskors)

2 k koekmeelblom
2 ml sout
200 g botter                                                  
115 ml yswater
15 ml suurlemoensap
Sif meel en sout saam.  Sny botter in klein stukkies en vryf dit met die vingerpunte by die koekmeelblommengsel in.  Meng die yswater en die suurlemoensap en sprinkel dit oor die koekmeelmengsel.  Knie ‘n paar sekondes lank, plaas in ‘n plastieksakkie en verkoel dit ‘n uur lank.
Rol die deeg uit en voer klein tertpannetjies uit met die deeg.  Die doppies word 12 minute lank blind gebak in ‘n voorverhitte oond by 200 – 230ºC.

 

RYK BROSDEEG

200 ml meelblom
50 g botter
50  ml gesifte versiersuiker
1 eiergeel
15  ml water
knippie sout
Sif meel en sout.
Sny botter in stukkies en vryf in.
Voeg versiersuiker by en meng.
Klits eiergeel en water saam en sprinkel oor meel.
Gebruik vurk en meng tot growwe deeg.
Keer op meelbestrooide plank uit en knie met vingerpunte tot glad.
Plaas ‘n glasbak onderstebo oor deeg en laat rus vir 15 minute voordat dit uitgerol word.
Lewer 100gram.

VINNIGE PASTEIDEEG

 

(Uit Kermiskos)
1 k koekmeel
2 t bakpoeier
knippie sout
125 ml melk
125 ml sonneblomolie
1 eier

 

Smeer pasteibak.  Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Klits melk, olie en eier saam.  Voeg die meelmengsel by die vloeistof en meng tot sagte deeg.
Smeer die deeg in pasteibak, skep vulsel in en skep res van deeg oor vulsel.  Smeer glad en bak by 180ºC.

SODAWATER DEEG

 

500 ml koekmeel3 ml sout
250g koue botter
85 ml yskoue sodawater
15 ml suurlemoensap/brandewyn
Sif meel en sout. Vryf botter liggies in tot lyk soos broodkrummels.  Voeg sodawater en suurlemoensap by en meng tot stywe deeg.  Draai toe in kleefplastiek en verkoel  1 uur lank.  Rol op meelbestrooide werkvlak uit tot 3mm.  Bak 20 min by 200ºC.

Skilferdeeg

 

 

Lyk my Jan van Niekerk is nie nie ‘n kok van formaat nie, maar ook ‘n bakker van formaat.
Wanneer jy skilferdeeg maak, kry jy die beste resultate as jy en alles om jou, koel bly. Jou kombuis moet koel wees, jou bak moet koel wees, jou mes waarmee jy die botter smeer, jou hande moet altyd koel wee sanders raak jou botter olierig. Probeer ‘n marmer deegblad, hulle bly altyd koel, ander moet jy ‘n houtblad gebruik.
4 E Sonneblomolie
3 ½ k Koekmeel
2 t Sout
1 k Yswater
375 g Botter
½ k Meel
Roer die olie by die meel en meng goed. Voeg die sout en yswater by en werk dit goed in. Druk die deeg aanmekaar met jou hande. As daar nog ‘n bietjie meel in die mengbak oorbly,kan jy nog ‘n paar druppels water bygooi en dit ook by jou deeg inwerk. Jy moet nou ‘n ronde stuk deeg hê wat nie ‘n gladde tekstuur het nie. Die deeg dal later self regkom. As die deeg aan jou hande kleef, is dit ten at en moet jy nog ‘n bietjie meel byvoeg.Strooi ‘n bietjie meel reg rondom die stuk deeg en draai toe in waspappier. Sit dit in ‘n plastieksak en bêre vir een uur in die yskas.
Na een uur moet die botter bygevoeg word. Jy gaan so te werk:
Sny die botter in bloke en slaan dit sag metjou rolstok. Moenie die botter verhit om dit sag te maak nie, onthou dit moet koel bly. Werk nou die halfkoppie meel by totdat die mengsel maklik kan smeer. Strooi meel oor jou hande en druk-druk-druk die deegplank sodat jy ‘n reghoek van 50 cm by 20 cm kan kry. ( Moenie die deeg uitrol nie) Smeer die botter en meelmengsel oor twee derdes van die deeg. Moenie tot op die rante smeer nie, dan gaan die botter langs die kante uitpeul. Vou die ongesmeerde derde oor die middelste gesmeerde derde. Vou dan die ander derde oor sodat dit op die ongesmeerde gedeelte lê. Jy het nou die eerste vou voltooi en sal drie lae deeg en twee lae botter hê. Die deeg gaan op die end vier keer gevou word.
Rol met jou rolstok oor die lengte van die deeg. Rol versigtig sodat jou deeg nie breek nie. As dit dalk breek, strooi bietjie meel oor die las. Sorg dat die deeg ‘n presiese reghoek van 50 cm by 20 cm is. Vou die kante binnetoe, sodat die punte in die middle bymekaarkom. Jou tweede vou is voltooi en jy sal nou nege lae deeg en agt lae botter hê. Druk twee duikies in die deeg met jou vinger sodat jy kan onthou dit was die tweede vou.Draai die deeg in waspapier toe en sit in plastieksak. Laat weer vir een uur in die yskas om koud te word.
Nou begin juy met die derde vou. Strooi weer ‘n bietjie meel oor die deeg en rol dit in die lengte af sodat jy weer ‘n reghoek van 50 x 20 cm het.Vou boonste derde oor die deeg en vou die onderste derde weer daaroor om derde vou te voltooi. Draai die deeg sodat dt in die lengte voor jou lê met een mal kant aaste aan jou. Rol die deeg vinnig in ‘n groter reg
Hoek. Vou die boonste en onderste derdes soos voorheen oormekaar om die vierde vou te voltooi. Druk vier duikies, draai toe soos voorhee en bêre in yskas vir ten minste twee ure. Jy kan nou die deeg uitrol en ‘n stuk afsny vir jou hoenderpastei. Die res is genoeg vir ‘n melktert.

Naomi se omvou-lekkerte (wrap/deegsykousie) ~ RSG

BESTANDDELE

4 koppies meel
½ teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
3 eetlepels botter, olie, margarien of vet
1 koppie baie warm water (net onder kooktemperatuur)

METODE
Meng al die bestandele baie goed.
Knie dit – die tekstuur moet elasties wees.
Maak okkerneutgrootte balletjies daarvan.
Druk dit plat en rol dit uit.
Gebruik ‘n baie warm kleefvryepan.
Plaas die deeg droog in pan (geen botter, ens.)
Braai 10 sekondes aan elke kant.
Moet dit nie opstapel nie.
Jy kan dit vries vir tot 3 maande.
Jy sal 16 wraps hieruit kry.
Vul dit met heerlike vulsels

Marie se kat koppe (Frikkadelle)

RSG

Bestanddele
1 kg maalvleis
3 snye witbrood in melk geweek
gerasperde ui
2 eiers
sout en pepper en ander geurmiddels na smaak
50g meel

Bestanddele Beslag
400ml melk
2 eiers, knippie sout
500 ml meel

Metode
Maak beslag aan. Doop frikkadelle in beslag en braai in diep olie