Lemmetjie-en-klapper kaas-koekies – geskik vir diabete

Hilda Lategang
(12 kolwyntjie-groote kaas koekies)

Kors
½ pakkie volgraan- Digestive-koekies, fyngemaak
25 g laevet-margarien

Vulsel
100 g fruktose of xylitol
25 ml mielieblom
230 g laevet-roomkaas
200 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
100 ml laevet-klapper melk
skil en sap van 1 lemmetjie
4 volgraan-Digestive-koekies, gekrummel
Verhit oond tot 160 °C.

Meng beskuitjies en margarien en druk vas op bodem van kolwyntjie panne
wat met kolwyntjie houers uitgevoer is.
Meng nou fruktose, mielieblom, roomkaas, maaskaas en eiers tot glad.
Voeg klappermelk, skil en lemmetjie sap by en meng verder.
Verdeel mengsel tussen kolwyntjiepanne en bak vir 25 – 30 minute tot gestol.
Laat afkoel en sit voor met gekrummelde koekies bo-op.

KOMMENTAAR
Dis ’n goeie plan om die nagereg vooraf in klein porsies te verdeel.
Dit het reeds ’n lae GI, en as jy dit boonop saam met vars bessies voorsit, word die GI nog verder verlaag.
Die vet inhoud van die gereg kan verminder word deur die kors met Marie beskuitjies te vervang,
wat dan bloot onder in die kolwyntjie houers gesit word.
Die laevet-roomkaas kan om die helfte met vetvrye gladde maaskaas vervang word waarmee die
vet inhoud van die gereg met byna 20% verminder word. – Hilda Lategan

Advertisements

Jogurt jellie ~ Geskik vir diabete

Hilde Lategan
(4 groot porsies of 8 – 12 kleiner porsies)

Bestanddele
20 ml kookwater
20 ml gelatien poeier
400 ml vetvrye aarbei jogurt
1 pakkie suikervrye aarbei jellie
vars bessies van jou keuse of bevrore bessies
Sit kookwater in ’n bakkie, sprinkel gelatien oor en roer tot opgelos. Voeg by jogurt en meng tot glad. Spuit 4 ramekin bakkies of jellie vorms met kleefwerende kossproei. Verdeel jogurt mengsel tussen ramekins en laat stol in yskas. Maak jellie aan volgens aanwysings op pakkie. Laat afkoel. Gooi jellie oor gestolde jogurt en plaas terug in yskas tot gestol. Kan in bakkie voorgesit word of uitgekeer word. Sit voor met bessies.

Variasie: Gebruik vetvrye vanielje-jogurt en 2 ml vanielje pleks van die aarbei jogurt.

KOMMENTAAR
Diabete mag af en toe ietsie soets eet, maar dan moet dit in berekening gebring word by die maaltyd wat daarmee saam geniet word. – Hilda Lategan

Korslose gebakte kaaskoek (Diabeties)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(12 – 16 PORSIES)
•    500 g laevet-roomkaas
•    750 ml ricotta-kaas
•    250 ml suurroom
•    250 ml gewone jogurt
•    300 ml suiker plaasvervanger
•    125 ml laevet-margarien
•    45 ml koekmeel
•    45 ml mielieblom
•    4 eiers, geklits
•    30 ml suurlemoensap
•    5 ml vanieljegeursel

Bolaag
•    suikervrye aarbei konfyt
•    vars aarbeie

Verhit oond tot 160 ºC.
Spuit ’n 24 cm-losboom koekpan met kleefwerende kossproei.
Meng roomkaas, ricotta-kaas, suurroom, jogurt, suiker plaasvervanger, margarien, meel, mielieblom en eiers tot goed gemeng.
Roer die suurlemoensap en geursel by. Gooi in voorbereide pan. Bak vir 70 – 75 minute tot geset.
Skakel oond af, maak deur oop en laat kaaskoek minstens 1 uur lank in die oond staan.
Verkoel in yskas.
Bolaag Smeer konfyt bo-oor en versier met vars aarbeie.

KOMMENTAAR
Die GI van die kaaskoek is laag en omdat dit nie die tipiese krummel- of gebakte kors bevat nie, is die koolhidraat-inhoud van die gereg ook laer.
Weens die bestanddele wat vir ’n tipiese gebakte kaaskoek gebruik word, is die vet-inhoud hoog.
–  (resep en foto)  Hilda Lategan