KERRIEBONESLAAI

Rika Theron

Bestanddele:
250 ml droë bone, oornag in water geweek
sout
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
olie
2 ml kerriepoeier
10 ml suiker
2 ml mosterdpoeier
100 ml mayonnaise
sout & swartpeper na smaak
2 – 3 eiers, hardgekook.

Metode:
Giet die weekwater af, bedek die bone met skoon, koue water en kook tot sag. Geur met sout aan die einde van die kooktyd, anders kook die bone nie sag nie. Dreineer en laat afkoel. Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag en glansig. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog sowat 1 minuut lank. Verwyder van hitte en voeg die suiker en mosterdpoeier by. Voeg ook die mayonnaise by en geur na smaak met sout en swartpeper. Meng met die bone en skep in ‘n bak. Sny die eiers in kwarte en plaas bo-op. Sprinkel ‘n bietjie gekapte pieterselie oor. Verkoel tot benodig.

Advertisements

WORSHAPPIES MET DROëBONE & KRUISEMENT

Rika Theron
(6 – 8 porsies)

Bestanddele
450 g boerewors,
15 ml olie,
125 g gemaalde varkvleis,
2 uie, fyngekap,
2 knoffelhuisies, fyngemaak.
100 ml witwyn,
125 ml vleisaftreksel,
sout & peper na smaak,
15 ml gekapte pieterselie,
15 ml gekapte vars kruisement,
500 ml gaar droë bone.

Metpde
Plaas wors in warm braaipan en voeg klein hoeveelheid kookwater by. Kook tot wors byna gaar is en vanself begin braai in pansappe. Braai mooi bruin en verwyder uit pan. Voeg olie by pansappe en braai maalvleis, uie en knoffel daarin tot vleis bruin en gaar is. Voeg witwyn, vleisaftreksel, sout, peper, pieterselie, kruisement en bone by. Prut 12 – 15 min. oor lae hitte. Voeg bietjie kookwater by indien dit geneig is om droog te kook. Sny wors in hapgrootte stukkies en voeg by res. Prut tot alles deurwarm is.