OUMAGROOTJIE SE DUITSE MELKTERT

Lynette Muller

KORS:
2 Kop Meelblom
2 eetl Suiker
1 Desertlep. Bakpoeier
1/4 lb Botter
2 Eiers

METODE:
Meng al die droe bestandele en vryf die botter in. Klits die eiers en maak die droe bestandele daarmee aan. Voer ‘n tertbord uit.

VULSEL:
3/4 Kop Klapper
3 Kop Melk
3 Eiers
1 1/2 eetl Meelblom
1 1/2 eetl Mielieblom
6 eetl Suiker
3 eetl Botter
1 telp Vanielje

METODE:
Bring die melk tot kookpunt. Maak die meelblom en mielieblom aan met n bietjie melk en roer in die kokende melk. Klits die geel van die eiers en suiker saam en roer dit in die mengsel. Verwyder van stoof en vou die botter, vanielje geursel asook ‘n knypie sout in.
Laastens word die styfgeklopte eierwit en klapper ingeroer. Gooi in tertpan. En bak in matige oond tot ligbruin. Strooi pypkaneel en suiker oor.

Advertisements

Duitse Melktert

Lynette Muller
Lewer twee middelslagterte.

Kors:
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
30 ml suiker
250 g sagte botter
2 eiers, geklits

Vulsel:
1 x 397 g blik kondensmelk
2 blikkies (kondensmelkblikke) kookwater
90 – 110 ml mielieblom
5ml vanieljegeursel
60 ml botter
3 eiers, geskei

Metode
Kors:
Meng die meel en bakpoeier en vryf die botter met jou vingerpunte daarby in.
Voeg die suiker by en meng.
Voeg die eiers by en meng tot ’n deeg.
Rol die deeg dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer twee tertborde daarmee uit.
Verkoel tot benodig.

Vulsel:
Verhit die kondensmelk en water saam tot kookpunt en laat prut vir twee minute.
Verwyder van die hitte.
Maak die mielieblom met ’n bietjie water aan en voeg van die warm  kondensmelkmengsel daarby.
Roer goed en gooi terug in die kastrol.
Voeg die geursel, botter en eiergele by en sit die pot terug op die hitte.
Verhit weer tot kookpunt en prut stadig terwyl aanhoudend geroer word tot die mengsel dik en gaar is.
Verwyder weer van die hitte, klits die eierwitte styf en vou by die melktertpap in.
Giet in die tertkorse, sprinkel fyn kaneel oor en bak vir sowat 20-30 minute tot goudbruin en ferm.